Regering wil wegdoen met ervaringvereiste vir intreeposte

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie. Foto: Jacques Naude/ANA

Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, het Maandag gesê die regering hersien tans die regulasies vir intreevlakaansoeke in die staatsdiens sodat aansoekers sonder vorige werkservaring wel vir dié betrekkings gewerf kan word.

Dlodlo het besluit om die huidige wetgewende raamwerk te hersien om die instelling van hierdie nuwe bedeling te fasiliteer in ʼn poging om die regering se menslikehulpbron-ontwikkelingsvermoë te verbeter. Die aangepaste regulasies sal op 1 April 2019 in werking tree.

Dit word ook beskou as ʼn poging om die hoë koers van jeugwerkloosheid in die land aan te pak.

Dlodlo het in ʼn verklaring gesê dié veranderinge sal nie wegdoen met die inherente vereistes vir professionele beroepe soos ingenieurswese, wetenskap en geneeskunde nie.

“Hierdie besluit sal so gestruktureer word dat dit nie die professionele en tegniese vereistes van verskeie bedrywe in die slag laat bly nie. Al wat ons wil doen, is om beroepspaaie meer vaartbelyn te maak en in ooreenstemming te bring met vaardighede wat die staatsdiens gepas vir daardie doel sal maak,” het Dlodlo gesê.

Onder die nuwe regulasie sal die fokus daarop wees om aansoekers te werf wat voldoen aan die minimum akademiese kwalifikasievereistes en die voorindiensnemingverifikasie soos in die Staatsdiensregulasies van 2016 bepaal.

Dlodlo het haar departement opdrag gegee om ʼn omsendbrief aan die hoofde van departemente in die nasionale en provinsiale regerings te stuur om seker te maak dat die nuwe regulasies op 1 April volgende jaar sonder probleme ingestel kan word.

Sy is ook vasbeslote om uiteindelik weg te doen met papieraansoeke wat die hele staatsdiens betref en mettertyd ten volle op e-werwing te steun. “As regering is ons bekommerd dat ons te lank gevat het om dié proses in te stel wat veroorsaak dat jong mense, wat tegnologies slim is, nou die las van onnodige koste moet dra wanneer hulle om betrekkings in die staatsdiens aansoek wil doen.”

“Die wêreld het aanbeweeg en die staatsdiens moet bybly deur die digitale era in al sy prosesse te omarm.”

Dlodlo sê papieraansoeke sal wel steeds aanvaar word vir aansoekers wat nie internettoegang het nie. “Ons het begrip vir die uitdaging van internettoegang vir sommige lede van ons gemeenskappe, veral in plattelandse gebiede. Ons sal dus niemand deur hierdie e-werwingsproses uitsluit nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

John ·

Die ANC het reeds gese die werklose jeug moet deur die staat ge-BABAA-e-e word. Ons dog die Staatsdiens is oorbevolk, maar… Kry ons nou ook ‘n Minister vir Jeugwerk en ‘n adjunk en en… Daar is reeds gese net swart jeug gaan werk gegee word. Waar gaan die nuwelinge sit… op hul duime of op die ou menere se skote? CR nog moet gaan bedel vir ons lielie-lekker-staaaaaatsdiens.

Risko ·

Niemand het ervaring in ons parlement nie howkom dan ervaring op intree vlak versoek.

hendrik ·

Risko, jy’s reg. Daar word nie ondervinding opgedoen nie want daar word nie gewerk nie.

Ruby ·

Mense mét ervaring bestuur maatskappye en staatsinstansies tot onder die sement in whahaaa.

Ayanda, gebruik jy privaat medies, natuurlik! want jy SELF wil nie in ‘n staatshospitaal opeindig nie.

Renschia Lambrechts ·

Gaan dit ‘n verskil maak in dienslewering? Ek glo nie. Ek het gedink die wat reeds in die poste is, het in elk geval geen opleiding of ervaring nie!! Die minister is ook nie vaardig met haar verklaring nie. Eers gaan sy wegdoen met papieraansoeke en twee paragrawe verder gaan sy nog steeds papieraansoeke vat van die wat geen internet toegang het nie. Hoe gaan sy bepaal wie het en wie nie? Klink asof sy maar iemand met ervaring sal moet aanstel vir hierdie takie.

Hendrik UAE ·

Hoe moeilik is dit om ervaring te kry om te toi toi en staak?Dis al ervaring wat jy nodig het vir die staatsdiens en dit leer hulle van kleins af by hulle huise.O ja en om alle foute aan rassisme toe te skryf.MAKLIK.

Johan ·

Ek het nie gedink standaard in die staatsdiens kan laer nie maar dan ondeskat ek die regering se onbevoegdheid.Iets van topic af maar nou net ons vorige Prez se comments gelees op News24 wat besig is met campaign rally.Kan iemand my verduidelik hoe is dit moontlik dat daai man 10 Jaar hoof van SA was…Groot asb.

leser ·

nou kom mense met ervaring al weer tweede, blatant ras gedrewe

Uiteindelik ·

Ek is bly die staatsdiens wil “die digitale era in al sy prosesse omarm.” Dit gaan my verstand te bowe dat ons steeds in rye moet staan om lisensies (voertuig en bestuurs) te hernu. Binnelandse sake kan ook baie maklik baie van hulle funksies aanlyn beskikbaar stel.

Wat 'n bietjie ·

Hoeveel van ons wat nou so klippe gooi het nie al dié vraag gevra nie en ek haal aan” WAAR MOET ONS OF ONS KINDERS DIE ONDERVINDING KRY MET AL DIE VEREISTES” dit sal goed wees as dit sal saamloop met indiens opleiding wat verskaf sal word.

IK ·

Dit het nou alreeds hoevele kere gebeur dat die enetjie onder jou bokant jou aangestel word en jy dan as ondergeskikte daardie enetjie nog steeds moet opleiding gee. Waarom dus nou-eers dit wettig wil maak?

humor ·

Ons regering se motto “Ons hoogste strewe— Laag moontlike standaarde.” So wil hul op n traak my nie agtige,onverantwoordelike wyse regkom en die land se verval is fenominaal. Maar dit bly steeds vir hul goed genoeg.

humor ·

IK heeltemal reg. As ek die uwe minister so sien lyk dit my sy het presies dieselfde pad geloop.

Annelize ·

En hier dog ek daar is jarrrrre terug reeds weggedoen met enige vorm van ervaring vir enige werk in die regering, of dit nou intree vlak of top pos is. Silly me…

Dries ·

Eish minister…
Di staatsdiens moet KLEINER!!!
Duidelik weer n verkiesing foefie.

Cyril Welman ·

They do not learn!!! Pushing the country down into the dumps by the day. How can they be so short sighted!!?? Or let me rather not ask a question that we know the answer to…….

Liz ·

Hoe moet enige mens ondervinding opdoen as alle werkgewers net mense met obdervinding wil aanstel?? My dogter maak dv middel vlge jr klaar met haar graad. Ek bid dat sy werk sal kry in d rigting waarin sy swot. Sy kyk nou alreeds uit v werk. Maar almal soek ondervinding. Sy het selfs by n rekenaarplek gewerk in haar vakansie teen n bitter klein fooi om net ondervinding op te doen.

Draadjie ·

Ek sou graag wou he dat iemand met ONDERVINDING Na my geldsake kyk, ook dat iemand met ONDERVINDING My besigheid oudit ook dat iemand met ONDERVINDING ‘n brug bou waaroor ek moet ry. Verder sal ek ook iemand met ONDERVINDING graag aan my sou wou laat opereers so dalk moet die GEGRADUEERDES Eers een jaar VERNIET werk en ONDERVINDING opdoen in plaas van om mense met geen ondervinding aan te stel wat ons almal sien wat se KATASTROFIESE gevolge dit het nie.

Judge Dredd ·

Vir eens stem ek saam met regering.
Vir INTREEVLAK poste moet daar nie werkservaring vereistes wees nie.

Vir intreevlak poste adverteer hulle altyd dat jy ten minste 2 jaar plus ervaring benodig in dit en dat, maar presies hoe moet jy die ervaring kry as al die poste beskikbaar hierdie ervaring vereistes het?

Gert van Wierdapark ·

Die agbare minister moet asb. aandui hoeveel duisend of miljoen hul in gedagte (ingedagte besluite) het, want hier word weer n voor-Verkiesing belofte gemaak soos ons vorige he-he-he pres. die studiebeurse en gratis onder-rug ‘n jaar gelede. Nog’ n soort verkiesings-geskenkie aan die jeug wat tot nou toe seker gemik om eerder vir die DiLemma party te stem. Miskien is dit waarvoor pres Ramaposa beleggings soek = om die StaatsDiens? Jeugmatig uit te brei.

Thinus Erasmus ·

Ek glo dit gaan geen verskil maak in die kwaliteit van diens gelewer deur die staat nie.

Jannie ·

Beteken dit dat Ministers en die President nou aangestel kan word sonder ‘n Kriminele rekord en tronktyd?

GM ·

Draadjie, dis goed en wel dat jy almal soek wat ondervinding het om al jou bogenoemde take te verrig, ons almal doen, maar onthou net, elke dokter, verpleegster, boekhoudster ens. na wie jy vandag opkyk, was eens op ‘n tyd ook sonder ondervinding gewees. Hulle is iewers geleenthede aangebied om werksondervinding op te bou. Om vir ‘n jaar verniet te werk is nie die oplossing nie, almal het uitgawes, en nie almal het ouers op wie hul kan staatmaak in sulke tye nie. Daar moet internskappe beskikbaar wees waar ‘n persoon darem ‘n bietjie betaal word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.