Regering, Zuma staan nie Telkom-afleggings teen nie, sê Solidariteit

Grafika: businesstech.co.za

Grafika: businesstech.co.za

Die regering, insluitend president Jacob Zuma, is volgens Telkom lankal daarvan bewus dat die maatskappy moontlik sowat 7 800 werknemers in die pad wil steek. Die regering het boonop nie dié planne teengestaan nie. Sό het die vakbond Solidariteit vandag gesê.

Solidariteit en twee ander vakbonde het vandag ʼn geskil met Telkom oor sy omstrede herstruktureringsproses verklaar. Solidariteit meen Telkom volg nie die letter en gees van sy herstruktureringsforum nie.

“Die proses is ondeursigtig en werkers word gedwing om oningeligte besluite oor hul toekoms te neem. Ons meen dit is niks anders as boelietaktiek nie,” het Marius Croucamp, hoof van die kommunikasiebedryf in Solidariteit, gesê.

Croucamp het gesê Telkom probeer verder om die proses op werkers af te dwing deur aan te voer dat die regering glo nie in sy pad staan om duisende werkers af te lê nie. “Die president is oor die herstruktureringproses ingelig nog voordat werknemers of vakbonde daarvan bewus gemaak is. Anders as die regering, dra ons Telkom-werkers se belange op die hart en sal ons alles in ons vermoë doen om hierdie proses te stuit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

nico ·

Nog meer werkloses om te tooi tooi teen oposisies en kom ek belowe jou n huis en kospakkies stem net vir my en na verkiesing is jy weer op jou eie net n kos pakkie gekry

a ·

Baie pragtige nuus maroela kindertein nuus.

Die nuus kanaal vir Sus & Daan

Hier mag jy mos nie harde kommentaar plaas oor ons wonderlike regering van die dag nie.

Lees nie weer vir Sus & Daan nie.

CHRISTA ·

Oor ‘n paar jaar val Telkom ook uitmekaar soos Eskom omdat hulle nie die nodige kenners aan boord het nie (want hulle is afgedank)!!!

piet ·

Watter departement is in die Groen? Tipies afrikaka. Tragies. Al wat dit nog werd maak is ons natuurskoon en Volk. Ons “Spirit” is onvernietigbaar en ons weet dit. Dank Vader vir dit.

Peet Schabort ·

Dis nou die regering wat ‘promises’ van werkskepping uitdeel.
Van die 7800 is daar sekerlik ook ‘n gedeelte wat op hulle beurt ook werkers in diens het.
Ons kyk na maklik meer as TIEN DUISEND wat hul werk gaan verloor.
SKRIKWEKKEND !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.