Regeringsamptenare bestee miljoene aan vlugkaartjies

Ebrahim Patel. (Foto: Twitter)

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het onthul dat amptenare van sy departement ʼn allemintige R7,8 miljoen aan besigheidsklasvlugte en sabbatsverlof vir 16 werknemers bestee het.

Patel het dié onthulling in antwoord op ʼn parlementêre vraag bekendgemaak.

Mat Cuthbert, die DA se adjunk-skaduminister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die minister se antwoord volg sowat vier maande na vrae hieroor ingedien is.

Volgens Cuthbert is dit ’n duidelike oortreding van reël 146 van die Nasionale Vergadering se staande reëls. Dié reël bepaal dat alle vrae wat parlementslede aan ministers stel binne tien werksdae beantwoord moet word.

“Dit is ’n duidelike aanduiding dat die departement en minister Patel hul bes probeer het om hierdie inligting van die publiek te weerhou,” meen Cuthbert.

Volgens Cuthbert is 16 amptenare van die departement van handel en nywerheid sedert Januarie verlede jaar op sabbatsverlof met betaling geplaas. Ses van die werknemers is op 12 maande betaalde verlof geplaas, een op 10 maande verlof en die oorblywende nege werknemers op verloftydperke van twee en ʼn half tot 9 maande.

“Dít terwyl die leierskap van die departement voortdurend kla oor die hoë vlakke van vakatures in hul geledere,” het Cuthbert gesê.

Volgens Cuthbert het dit ook aan die lig gekom dat die departement tussen 1 Januarie 2018 en 31 Desember 2019 altesaam 192 besigheidsklasvliegkaartjies vir internasionale vlugte het teen ’n totale koste van R7 869 924. Altesaam 42 besigheidsklasvliegkaartjies vir plaaslike vlugte is ook in dié tyd teen ’n totale koste van R395 472 bespreek.

“Dit terwyl die regering se openbare doelwit was om reisuitgawes te sny weens die bestaande fiskale uitdagings wat die tesourie in die gesig staar,” het Cuthbert gesê.

Die DA gaan nou opvolgvrae aan Patel rig oor wie die betrokke amptenare is wat op sabbatsverlof geplaas is en wie verantwoordelik is vir die buitensporige uitgawes verbonde aan die besigheidsklasvlugte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

marius ·

Dis R500 00 per persoon “bestee” ? Ruk hierdie klomp stukkend ! Die gewone mense op straat moet begin naar word .

Boortor ·

Sjoe! Hoe verbaas is ek nou!! En dit in n land met rommel status. Ek staan verstom!

Nie Verbaas ·

Nie verbaas. Belasting betaler sal mos koste delg. Lyk my Patel is ook besig om hom lelik vas te loop maat soos gewoonlik sal niks met hom gebeur nie.

Frik ·

Die regering stel die voorbeeld vir die res van die land. Reel 146 word blatant oortree en wat word gedoen? Niks. So, wat maak al die reels en regulasies dan saak. Die wetteloosheid kom van hierdie trawante se voorbeelde af.

JohanR ·

Ministers wat die Exit Left Express moet vang soe gou as moontlik 1. President Nkosazana Dlamini-Zuma 2. Bheki Cele 3. Ebrahim Patel 4. Lindiwe Zulu 5. Lindiwe Sisulu 6. Stella Ndabeni-Abrahams 7. Nosiviwe Mapisa-Nqakula 8. Gwede Mantashe 9. Pravin Gordhan 10. Fikile Mablula. Kyk nou al die vrot hout by die name. Totsiens sal julle nie mis.

Pieter ·

Julle komuniste sal nooit verander nie. Julle ANC gaan die selfde pad loop as julle chinese pelle. Slim vang sy baas die een of ander tyd

Fedup ·

spatula wants everything to be a secret.
Must be the sandals and tshirt he is so fond off. Maybe all of them can pay back that money,
Yeah really. Who am i kidding.

Archie ·

Hoe rojaal leef hierdie elite terwyl die land ten grande gaan. Selfs die huidige pandemie maak geen impak op hulle leefwyse nie. ( Die woorde wat ek wil gebruik, sal nie hier pas nie!)

Annalise ·

Ou Patel kan nie eers sy eie departement reguleer nie,nou wil hy vir ons kom se wat ons moet doen en nie doen nie. Skynheilig.

Boerkind ·

Koop vir die man ‘n t-hemp en ooptoon skoene…. bedrieër!

Rosie ·

Ja en nou gaan hulle nog minder tax geld inkry . Oor hulle verspotte reels oor wat wanneer verkoop word mag word in die winkels. Hulle spite hulleself met die verbot op sigarette verkoop. Slim vang sy baas. Terloops ek rook nie.

Yolandie ·

Darem lekker om by die huis te sit vir so lank terwyl menige SA’afrikaners wonder waar hulle volgende maaltyd vandaan kom. Maar steeds wil die volk nie wakker skrik nie. Dis te lekker om ‘n samelewing te kweek van bak hand staan vir absoluut NIKS doen.

Jack ·

Die grondwet met al sy bepalings en regte word deur die oortreders aan flarde geskeur. Dit beteken dat die grondwet dus geen beskerming aan die volk verleen nie

Gerhard ·

Dit lyk mos of SAA slegs in die lug gehou was deur hierdie regering-gespuis…

Rodger17 ·

Dis hkm gordhan keer dat SAL ondergaan want dan kan hulle nie vlieg nie!Laat hul die vrot treinstelsel benut of bicycle ry

Jan ·

Moenie ontsteld wees nie. Handel en Nywerheid is ‘n klein departementjie. Ander is baie meer rojaal.

Nico ·

Is die regering se wiskunde reg, hoe betaal jy R500,000 vir ‘n vliegkaartjie, ek en my vrou sou die 3de Junie my seun in Duitsland gaan besoek ons vliegkaartjies met Lufthasa, ‘n dubbel retoer ekonomiese klas sou ons R22300 gekos het. Met die covid19 virus moes ons alles kanselleer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.