Vier plaasaanvallers wat hulself as regeringsamptenare voorgedoen het, het Maandagmiddag toegang tot ’n egpaar se plaas in die De Jagersdrift-distrik in KwaZulu-Natal verkry en hulle probeer oorval. Die aanvallers wou kwansuis oor Covid-19 gesels.
Drie van die aanvallers is binne ’n kwessie van ’n uur deur lede van die gemeenskap vasgetrek nadat die egpaar daarin kon slaag om hulp te ontbied. Die vierde een het selfmoord gepleeg.
Mort Mortazahn, veiligheidsverteenwoordiger van TLU-SA in KwaZulu-Natal wat op die toneel was, sê ’n voertuig het die middag omstreeks 12:30 by die egpaar se plaas aangekom. Die voertuig het by die elektriese hek by die plaashuis stilgehou en die boer het uitgegaan om te hoor wat die insittendes van die voertuig wil hê.
Mortazahn sê “amptelike” plakkers van die departement van gesondheid was op albei kante van die voertuig geplak. Die vier insittendes, twee vroue en twee mans, het hulself as amptenare van die departement van gesondheid voorgestel. Hulle het maskers opgehad en rubberhandskoene gedra. Die twee vroue het amptelike verpleegstersuniforms aangehad.
“Die boer het gevra wat hulle op die plaas soek en hulle het hom geantwoord dat die departement hulle gestuur het om oor Covid-19 te gesels. Hulle het die boer sommer ook uitgetrap omdat hy nie ’n masker aanhet nie,” vertel Mortazahn aan Maroela Media.
Mortazahn sê die een vrou het gevra of sy die boer se badkamer kan gebruik. Die vier “amptenare” is toe die huis ingelaat.
Mortazahn sê die vier “amptenare” het die boer se vrou genader en gesê hulle wil met haar praat. Hulle het om die tafel gaan sit en gesels. In die middel van die gesprek het die twee mans glo opgespring en hul vuurwapens te voorskyn gebring. Die vrou het toe dadelik ’n paniekknoppie wat naby aan haar was, beetgekry. “Sy kon dit druk voordat die aanvallers haar kon keer.”
Mortazahn vertel ’n boer van ’n nabygeleë plaas, wat op die noodoproep gereageer het, het die vier aanvallers so ’n paar meter van die plaashuis vasgetrek. Hulle het te voet probeer vlug. ’n Skietery tussen die boer en die aanvallers het uitgebreek.
Die polisie is ook na die toneel ontbied, waar drie van die aanvallers net voor 14:00 in hegtenis geneem is. Die vierde aanvaller het weggehardloop.
Mortazahn vertel die polisie en van die boere het teen die aand nog na die vierde aanvaller gesoek. “Hulle het hom toe later dood in die veld aangetref, waar hy homself geskiet het.”
Mortazahn sê die boer en sy vrou het ongedeerd van die voorval afgekom. “Dit is net genade dat die vrou die paniekknoppie betyds kon druk.”
Hy het die polisie en gemeenskap van Dundee, New Castle, Utrecht en Kingsley geloof vir hul goeie en harde werk om die aanvallers so vinnig vas te trek.
Herman de Wet, voorsitter van TLU-SA in KwaZulu-Natal, het ook die voorval bevestig.
Maroela Media het meer as een navraag aan die polisie gerig, maar wag nog vir terugvoer.
Nooit in jou lewe nooi jy sulke mense in jou huis in. Hulle kan die bosse gebruik as toilet. Hulle hoort op niemand se plase nie.
Presies hoekom hulle toe laat ons mense is te goed gelowig
Dis die laaste mense wat jy toelaat in jou huis,staatsamptenare.Hulle is skelms,korrup en moordenaars!
Mense mense mense asseblief moenie dom goed doen en mense in jou huis toelaat weet julle hoe gelukkig is julle dat julle nog lewe.Dank die Here.
Enige iemand wat op jou plaas ongenooid aangesit kom nooi jy in die eerste plek nie op die werf nie, tweedens nie in jou huis in nie. Die probleem met die boere is hulle is sagte teikens. Sodra hy deur jou hek is, is hy vir jou ‘n bedreiging. Die mense moet paraat wees en meer bedag wees op sulke moontlike gevalle waar die skermunkel hom as iemand voordoen wie hy/sy nie is nie.
Kom ek gaan vir julle se waar le die probleem die mense op die plase is oningelig oor wat in SA aangaan met die plaas moorde hulle kyk nie nuus koop nie die koerant want die dorp is te ver.Dink daar aan hoeveel ou mense op plase bly het geen tegnologie wat nuus lees en op whattsapp groepe is al wat hulle lewe op die oomblik kan help as die mense ingelig is oor die probleme.Die mense was gelukkig maar hulle het geen idee gehad wat gevaar tekens is en hulle toegelaat op die plaas.Verduidelik die mense ooit vir hulle wat die paniek knoppie geinstalleer het van die probleme ek glo nie???
Dan die ander een.Dit sal nie met my gebeur. Ek self is ook maar daaraan skuldig
Ook en ken die mense om myhulle sal my nie aanval nie
Dit is net ongelukkig ons almal se goedgelowigheid in die medemens.
Covid-19 voos vrot korrupte anc amptenare of enige ander persoon gee nie om of dit nou die korrupte president is nie sal toegang tot my blyplek kry nie – verseker – daar is niemand so gevaarlik as iemand wat nie bang is nie. Onse mense is te goed gelowig en vertroulik om so uitgevang te word.
Wonner of hulle hul ID kaarte van die dept van gesondheid gewys het – die korupsie in die land lê BAIE DIEP en doodmaak gaan hulle die blankes. Ek laan nie eers die “Black Matter” toe om my kruideniersware waentjie te stoot of my met enigiets te help nie en as hulle bedel dan sê ek het net “pepperspry” wat ek kan gee en vra of hulle dit wil hê. Dit is die vinnigste wat hulle van my af padgee en draaie om my loop. Laat nie een van hulle naby my kom nie, verseker nie. Is nie my familie nie ook nie deel van my volk nie.
Heel korrek .
Daar was meer medepligtiges wat saamgewerk het?
Miskien ‘n huiswerker wat inligting oor geld of wapens uitgegee het?
Wys asb hulle gesigte sodat one hulle kan identifiseer as hulle op borg vrygelaat word.
Die kar het geen nommerplaat?
Ek wonder hoekom?
Hulle kan biltong staan en word voor daai hek vir al wat ek omgee, en ek bly nie eens op ‘n plaas nie. My slaapkamervenster kyk mooi uit op ons hek, so ek kan mooi sien wie voor die hek is, en as ek die persoon nie kan eien nie, gaan ek nie eens uit nie. En ek staan by daardie venster tot die persoon spore gemaak het.
Daar is altyd met so iets een wat die badkamer wil gebruik, as dit gevra word moet jy al wet iets is nie pluis nie.
Lae gemors!!! Bly die egpaar is ok!
Waar kry hulle plakkers van die departement om op hulle voertuig se deure te plak? Iets hier klink verdag. Is dit nie maar weer ‘n bewys dat sommige ANC regeringsamptenare saamwerk met plaasaanvallers nie?
Mooi gedink mevrou, die paniekknoppie het u lewe gered !!Knap gedaan!!!
Laat iemand buite en binne die huis wag met ‘n semi 12 boor vol LG . Nooi hulle dan gerus in .
Nee, ons is nie oningelig nie. Ons mense het wel sagte, opregte, eerbare, medemenslike, gasvrye boereharte, soos nog ál die jare, daarom word selfs ‘n verdagte vroulike besoeker soos ‘n dame behandel . Ons mense wil saam werk, selfs onder die huidige omstandighede in SA. Kwade bedoelens broei nie outomaties in ons harte nie, want die meeste van ons lees die Bybel. Engele is ons nie, maar ons wantrou nie sommer nie, want die hart is opreg. Ons wíl nie wantrou nie. Ons wil leef en laat leef. Daarom word ons sagte, weerlose teikens, soos in hierdie geval. Ons inbors en integriteit word uitgebuit, en ons trap in wrede slagysters. In hierdie geval is liefde bewys aan die vyand; goed is duidelik met kwaad vergeld, lig met duisternis, liefde met haat. Dit bly dus uiteraard ‘n geestelike stryd, en elkeen moet kies tussen lig en duisternis. Ja, ons harte kan tot ons ondergang lei, maar ek is trots op ons mense. Want God sien die hart aan.
Interessant dat die een ou selfmoord gepleeg het
Deesdae kan mens niemand vertrou nie. Al is dit een vreeslike “amptelike” voertuig .
as hul dan ingenooi moet word , laat een of twee amptenare in en iemand moet gewapend en paraat naby staan en kan maar gesien word. Iets wat die skurke nie van hou nie is gereedheid teen enige misdrywe. Hul verkies mos altyd net die oorblufde sagte teikens. Die wat nie terugveg nie.