Regeringsbeampte en skaapwagter in hof vir veediefstal

(Argieffoto ter illustrasie)

ʼn Hoofdirekteur van die departement van onderwys in Noordwes het Dinsdag in die landdroshof in Delareyville verskyn op aanklagte van veediefstal. Dié regeringsbeampte, Gift Ramadie (50), het saam met sy skaapwagter, Goitsemodimo Modukanele (38), in die beskuldigdebank gestaan.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê die hof het die twee se aansoek om borgtog goedgekeur. Ramadie en Modukanele is op borgtog van onderskeidelik R29 000 en R1 000 vrygelaat.

“Hulle sal na verwagting weer op 6 April in die hof verskyn,” sê Mamothame.

Die twee is op 19 Februarie in hegtenis geneem nadat omtrent 100 gesteelde beeste en kalwers in hul besit gevind is. Van die beeste wat gesteel is, sluit in ʼn stoetbul ter waarde van R120 000 en ses Bonsmara-stoetbeeste ter waarde van R189 000.

“Altesaam 11 van die beeste wat teruggekry is, is deur die eienaar as sy vee geïdentifiseer. Die polisie het op die res van die beeste beslag gelê vir verdere ondersoek aangesien daar met hul brandmerke gepeuter is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wielspore ·

Ek wonder of chip inplanting vir stoet beeste dalk ‘n beter opsie is as om diere te brandmerk. Jou beeste sal beter voorkom met minder letsels.

Pieter ·

En so maak ouer people nes hulle wil want hulle weet die regstelsel is n grap.

Dries ·

Asof die Hoofdirekteur nie alreeds n buitengewone hoe salaris verdien nie.

Charles ·

En gaan seker op betaalde verlof geplaas word tot na hofsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.