Regeringsbeampte skiet glo kollega, self

geweerTwee mans is dood en drie ander ernstig beseer na ‘n regeringsbeampte by ‘n provinsiale gebou in Mmabatho, Noordwes op mense losgebrand het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê ‘n man het Donderdagmiddag buite die gebou, wat talle regeringsdepartemente huisves, begin losbrand. Die middeljarige man het glo die gebou binnegegaan en skote afgevuur in die kantore van die departement van huisvesting. Twee mense is raakgeskiet terwyl ‘n derde kopbeserings opgedoen het nadat die persoon met die vuurwapen geslaan is.

“Die man is glo na een van die kantore waar hy ‘n man doodgeskiet het en toe glo selfmoord gepleeg het met die polisie se aankoms op die toneel,” sê Mokgwabone. Die motief vir die voorval was nie onmiddellik bekend nie. Die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en een van moord. Die polisie het ook ‘n geregtelike doodsondersoek geopen.

Ben Bole, woordvoerder van die departement van huisvestig, het bevestig dat die skieter vir die departement gewerk het. Nono Maloyi, LUR vir huisvesting in Noordwes, het die skietery ten sterkste veroordeel en haar medelye uitgespreek met die families van diegene wat deur die skietery geraak is. Die departement sal sy eie ondersoek na die voorval doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik v Wielligh ·

Geen uitsig dat toedrag van sake in hierdie land ooit kan verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.