Regeringsbeampte steel geld van werkloses

(Foto: Rawpixel/Unsplash.com)

ʼn Voormalige werknemer van die departement van arbeid is skuldig bevind aan bedrog nadat hy duisende rande van werkloses se geld gesteel het.

Thokozani Skosana (42) is Maandag in die Witbank-streekshof op 15 aanklagte van bedrog skuldig bevind.

Skosana was werksaam by die Werkloosheidsversekeringsfonds in 2012 toe hy ʼn sakeonderneming met die naam Simajale Transport and General Dealer gestig het. Hy het “spook”-werknemers by die maatskappy geregistreer vir wie hy werkloosheidsversekering ten bedrae van R63 000 geëis het.

Die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad het ʼn klag hieroor ontvang en die saak onmiddellik begin ondersoek.

Skosana is gevolglik gearresteer en verklarings verkry van mense wat vals vir werkloosheidsversekering geregistreer is. Hierdie mense het later vir die staat teen Skosana getuig.

Skosana is tot drie jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het hom ook beveel om die gesteelde geld aan die departement terug te betaal. Hy is ook onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

daniel ·

Ek betwyfel dit sterk of daar enige eerlikes deesdae meer is. Jy kan letterlik niemand vertrou nie, nie eens die polisie nie.

Theresa ·

Ek stem Daniel. Wys jou net hoe gevoelloos en harteloos is hulle. GEEN menslikheid nie.

Gert ·

So daar was geen gevolge vir hom nie. Geen tronkstraf, geen boete, moet net die geld terugbetaal, hoef nie eens rente daarop te betaal nie.

Michael P ·

En die arme Vicky moet 2 jaar tronk toe vir n woord Hoe verklaar mens dit

HPV ·

Weer ‘n duidelike bewys van die ANC regime se dubbel standaarde, twee stelle reëls en wette.

Johann M van Heerden ·

As hy wit was is hy 10 jaar tronk toe gestuur en was hy en sy gesig elke aand op tv nuus. Ons howe en regspleging is beslis verdag.

Leon ·

Ek kan nie verstaan wat die vuurwapen bevoegdheid met die uit te waai nie. Dit is nou die 2de skuldigbevinding met dieselfde uitslag oor vuurwapen besit. Probeer iemand iets sê? Sekerlik maak enige skuldigbevinding dit onaanvaarbaar om ‘n lisensie te bekom?

Db ·

@ Leon. Gebruik bietjie daardie grys stof in jou skedel – dit voorkom dat hy nooit ‘n vuurwapen kan besit of aansoek kan doen vir ‘n lisensie. Dit is werklik nie so onverstaanbaar nie hoor

Hanlie ·

So tipies van hulle. Hulle kan nie ‘n dag se eerlike werk doen nie!!!!!

Anoniem ·

3 jaar en vyf jaar op geskort wat n klug. Die stelers kom met moord weg. Dit is hoekom die land so n gemors is. Almal moet hulle deel kry. Sick man. Ons land is n groot joke.

Moodyz ·

Die korruptes en staatskapers glimlag breed want Cyril het nog biljoene gekry wat kan verdwyn…… Finansiele anargie gaan nie nou skielik ophou nie want niemand is nog skuldig bevind nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.