‘Regeringsdepartemente skep nie genoeg werk nie’

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die DA het Ismail Vadi, die LUR vir paaie en vervoer in Gauteng, uitgedaag om te verseker dat sy departement alle werkskeppingsdoelwitte vir die finansiële jaar 2017-’18 bereik.

Fred Nel, DA-LPW, het Sondag gesê dié departement het weereens nie in sy mandaat om werksgeleenthede vir die werkloses in die provinsie te skep, geslaag nie.

Vir die derde kwartaal van die finansiële jaar 2017-’18 moes die departement 40 werksgeleenthede vir jongmense, 22 vir vroue en vier vir mense met gestremdhede in die konstruksiebedryf skep. Volgens Nel is nie een doelwit behaal nie.

Hy het gesê dit is aanduidend van swak projekbestuur deur die departement. “Die departement doen nie genoeg om armoede hok te slaan en beter geleenthede vir almal te skep nie,” het Nel gesê.

Hy meen die konstruksieprogram van die departement is kritiek belangrik gegewe die toestand van die paaie in die provinsie. Hy het bygevoeg die stagnasie van werkskepping het tot gevolg dat paaie nie in stand gehou word nie.

“Die DA daag die LUR uit om te verseker dat sy departement alle teikens vir die finansiële jaar 2017-’18 behaal.

“Die DA glo dat dit die verantwoordelikheid van alle regeringsdepartemente is om werksgeleenthede te skep. Wanneer die DA in 2019 die verkiesing wen, sal ons algehele verandering verseker waar alle departemente in Gauteng hul teikens om werkloosheid te verminder sal nakom,” het Nel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lizl ·

Tyd laat die regering feite in die oë staar… ons bevolkingstelling is te hoog. Ons kan onmoontlik aan almal werk verskaf in SA. Ook nie social grants gee nie. Sal moet gaan leer by Chinese en geboortebeperkings instel. Dis al genade om die werkloosheids syfer te bekamp. En dit gaan jare vat !

Henriette ·

Daar is reeds te veel werknemers in die staatsdiens. Hulle is onproduktief en die belastingbetaler moet net opdok. Mense in die land moet geleer word om vir hulle self werk te skep. Die mense wat wel werk kan skep word beperk deur ” BEE” wetgewing en n uiters swak ekonomie agv korrupsie.

Lola ·

Mnr Nel moet besef dat daar ‘n groot verskil is tussen ‘n staatsdepartement en ‘n regerings departement is. Hy moet ook dan seker agter die kap van die byl eers kom wat geld aanbetref. Hy kan gerus ‘n draai by die kantoor van die ouderteur generaal maak en presies uitvind hoeveel geld beskikbaar is vir ‘n departement om sy werk te kan doen.

Casper Labuschagne ·

Nie net kan staatsuitgawes bitter min waarde skep nie, die staat het dikwels nie eers die vermoë vir effektiewe administrasie nie en dit is die tema van hierdie berig.

Die keuse tussen kapitalisme en sosialisme – onder sosialisme skep die regering werk na gelang van hoeveel geld gebuit kan word vanaf die wat wel produseer terwyl onder kapitalisme word werk geskep na gelang van surplus waarde wat geproduseer word met die oog op bykomende waardevermeerdering. Maar onder sosialisme word bitter min waarde geskep en soos Margaret Thatcher dit uitgedruk het, uiteindelik sal ander mense se geld wat onder sosialisme gespandeer word, opraak.

marous ·

Hulle skep wel …hulle beursies vol , en dit sal nie ophou nie

Sarel swartbrand ·

Hulle doen vir vriende en familie en die wat betaal vir n werk in die staatsdiens en daarna gaan n gedeelte van die salaris na die persoon wat werk gegee het krupte land korupte staat en onosel belasting betalers

John ·

Dit werk so as jy nie iemand in die staatsdiens ken nie of so te wel ook ander besighede dan sal mense ook nie werk kry nie want in my ondervindig het ek al baie gesien hoe werknemers job organise vir familie en vriende wat totally wrong is. Tweedens as jong meisies net ook wil begin voorbehoed middels gebruik teen ongewenste swangerskappe dan hoef die staat nie so baie Sassa gelde uit tehaal nie en dan sal ons ook nie so orbevolk wees nie. Maar ja die jongetjies van vandag wil mos niks weet van voorbehoeding nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.