Regeringsdokument niks anders as ‘ANC-staatsgreep’

Die DA sê hy is in besit van wat lyk na ʼn regeringsdokument waarin die Covid-19-pandemie beskryf word as ʼn “gulde geleentheid” om die makro-ekonomie te herorganiseer en die bevelsraadstelsel ná die afsonderingstydperk die model vir regering te maak.

Cilliers Brink, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, sê die party gaan pres. Cyril Ramaphosa nou vra om aan te dui of die hoogs geheime dokument enigsins in huidige of voorgestelde wetgewing weerspieël word.

Die dokument is ʼn bespreking van die finansiële ineenstorting van munisipaliteite, glo weens die land se kredietafgradering en afsonderingstydperk, en word gebruik as ʼn gaping om sentrale staatsbeheer te versterk.

Cilliers sê die ineenstorting van munisipaliteite kan nie voor die deur van ʼn afgradering óf die afsonderingstydperk gelê word nie, maar voor dié van die ANC en sy beleid om kaders te ontplooi.

“Behalwe dat daar op swak regering staatgemaak word om probleme wat deur swak regering veroorsaak is, op te los, is die DA veral bekommerd oor die grondwetlike gevolge van dít wat voorgestel word. Die dokument blyk ʼn ANC-plan te wees wat die magte van die demokraties verkose plaaslike en provinsiale regerings stadigaan wegkalwe,” het Cilliers gesê.

“Dis niks minder nie as ʼn coup d’état. Die dokument maak letterlik gebruik van die uitdrukking om nooit ʼn goeie krisis te mors nie en beskryf die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie as ‘navolgenswaardig’. Dit stel voor dat die bevelsraad gebruik word as ʼn manier om gesentraliseerde beleidsformulering te bewerkstellig.”

Volgens die dokument gaan dié model alle sfere van die regering saambind.

Cilliers sê een van die spesifieke voorstelle in die dokument is boonop reeds beleid en behels die aanstel van ministers as sogenaamde politieke kampvegters op distriksvlak wat wag hou oor ander regeringsfere. “Dit sluit waarskynlik ministers soos Lindiwe Zulu in wat kwalik haar eie departement kan bestuur,” het Cilliers gesê.

Cilliers het gesê indien die DA se agterdog geregverdig is, beteken dit die sogenaamde distriksontwikkelingsmodel was nooit oor die verbetering van dienslewering nie, maar ʼn dekmantel vir die ANC se poging om meer staatsmag te gryp en eindelik weg te doen met provinsiale en plaaslike verkiesings.

Hy het gesê die ANC gebruik sy eie mislukkings om die Grondwet aan te val. “Nes die mislukking van die regering se grondhervormingsprogram gebruik is om te vra vir ʼn wysiging van art. 25 van die Grondwet, so gaan die ANC geen skaamte hê om die skade wat sy eie kaders in die regering aangerig het, te gebruik om die nege provinsies te skrap en munisipaliteite in verlengstukke van die nasionale regering te verander nie.”

Cilliers het gesê die regering het tot dusver nie juis ingegryp by sukkelende munisipaliteite nie en as hy so besorg was daaroor, is daar nie ʼn verduideliking vir hoekom hy nie sy bestaande magte gebruik het om die situasie te beredder nie.

Hy het gesê min. Nkosazana Dlamini-Zuma het tot dusver hande gevou gestaan oor die munisipaliteite wat nie hul Eskom-skuld kan delg nie, die aanstel van diegene wat by die VBS-skandaal betrek is, of die aangaan van kontrakte wat bevraagteken kan word.

“As dit die ANC se plan is om Suid-Afrika deur bevelsrade te regeer, pas dit die party dalk om munisipaliteite heeltemal te laat ineenstort. Hy kan dan sê ‘kyk, die Grondwet werk nie meer nie’ en die woede ontwyk van kiesers waar die ANC-meerderheid klein is, terwyl hy permanente ANC-beheer verseker.

Volgens Cilliers sal kiesers dan glad nie meer van korrupte en onbevoegde ANC-leiers kan wegkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jan ·

Die anc is, was, en sal altyd ‘n komunistiese terroriste organisasie wees, na die covid ding gaan ons volslae sosialisties wees…. maak reg vir groot skaalse chaos en hongersnood en bloed….

Termiet ·

Het dit van dag 1 af al gese. Maar toe kry ek net afduimpies.

Anton ·

Dit is Tyd vir die DA om op te hou om verbaas of geskok te wees. Tyd vir die DA om op te tree

Pieter ·

Ons blankes loop mos en slaap as ons eendag wakker skrik is dit te laat.

Jr ·

U praat van blankes. Ons is in ‘n situasie waar niemand wil opstaan en iets doen ( insluitend ek ) want as ons dit doen sit ons in die tronk soos die Boere. Verloor ons families. Glo my ek weet dis tyd maar as u kyk het u 1 opregte ou agter jou en tien ” liberale veraaiers ( net soos daai wittes in KZN wat by die vensters gesit en die polisie gebel ). As ek jou bel en sé right kom ons maak so. Sal jy kom. Ek dink nie so nie

Fedup ·

What else do you expect from this criminal circus. I have no idea why people are scared of them. Not everyone voted for them.
We have to stop them NOW .
We as citizens can make cyril and his clowns leave those comfy chairs.

Anoniem ·

Ek kan dit absoluut glo, aangesien Ramaphosa onbeskaamd in al sy toesprake die laaste tyd verwys na versnelde ekonomiese transformasie. Hy is nog nooit daaroor uitgevra oor wat hy presies daarmee bedoel nie.

Jaco ·

die ou Nasionale Party regering het verkose provinsiale rade afgeskaf en tydens PW Botha se bewindsjare was die Staatsveiligheidsraad eintlik die regering van die land. dit het meer mag as die parlement gehad. So die ANC het hierdie dinge wat hulle nou beplan, maar eintlik by die vorige wit regering geleer…

Jacobus ·

Maak sin. Useless-geit en skelm was nog altyd ‘n ANC voorvereiste vir enige pos. Nou wat gaan die hond doen as hy die bus gevang het?

Nick ·

Kyk,ons kan maar blah,blah,blah maar wat my pla is dat die Afrikaners op hul hande sit en net moan,hoeveel boere moet nog vermoor word voordat iemand opstaan en se dis genoeg! Jammer maar ek glo nie meer aan Bloedrivier of aan geloftes nie want dis stories wat ou mense vertel om kinders bang te maak!!!!DIE WITTES KLA HEELTYD OOR DIE ANC MAAR DOEN NIKS,JAMMER MAAR AFRIKANERS HET HULSELF AS LAFHAARDS GEBRANDMERK EN DIS HOE ALMAL ONS SIEN!!!!!!

Withaai ·

Dit is nie nuus nie. Eerder net n bevestiging wat ons almal lankal weet.

JohanR ·

Soe nou weet ons finaal wat die ANC meer besig was vanaf 26de Maart. Daar was nooit 80000 soldate ontplooi nie. Dit was net ‘n bang maak storie. En die toesluit van 20h00 tot 05h00 vir ‘n maand was net sodat honderde oe nie sien wat hulle meer besig is nie. Die geld vanaf die onwettige sigaret verkoope is vir hulle sosiale planne. En al die tyd dink ons hulle is besig met Covid-19? Maar op die oomblik slaan Covid-19 die waaier soe kom ons sien hoe hanteer hulle dit. Verby tyd om vir hierdie klomp terroriste te se genoeg is genoeg! Suid Afrika op die oomblik, hoopelik, is nog ‘n demokratiese land met ‘n grondwet, soe daar is nou net een ding oor om te doen en dit is om die ANC by die stembus uit te stem, tensy daar in die tussen tyd ‘n staats greep is, en ons word gyselaar gehou “at the barrel of a gun”!

Kokerboom ·

Waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. DA tree op asb. Die enigste manier om die geslepe agterbakse korrupte regering te stop is die weerhouding van belastings.

PH ·

Kan iemand nie nou die dokument publiseer nie?
Dis mos nou algemene kennis.

christo ·

Ramaphosa moet blind wees. Hy mag wel vir Nkosana Dlamini- Zuma net-net as die leier van die ANC gewen het maar nou gedurende die Covid-19 pandemie gebruik sy die geleentheid om haar magsbasis uit te brei. Die sigaret saga is slegs een voorbeeld waar Ramaphosa te vang is om haar tereg te wys. Luthuli huis regeer SA en nie Ramaphosa regeer die land. Ramaphosa is deesdae net die ANC se woordvoerder. SA is duidelik besig om mag te sentraliseer soos in Zimbabwe en sal geen opposisie duld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.