Regeringsgebou ontruim ná bomdreigement

misdaadtoneel

Argieffoto

Die kantoor van die Gautengse departement van menslike nedersettings is Maandagoggend ontruim nadat ʼn bomdreigement ontvang is.

Motsamai Motlhaolwa, woordvoerder van die departement, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn bom in die gebou geplant is. Die gebou is onmiddellik ontruim en die polisie het die gebou gefynkam om die ontploffingstoestel op te spoor.

Die gebou is op die hoek van Harrison- en Pritchardstraat in die Johannesburgse sakesentrum geleë.

LUR Jacob Mamabolo het ʼn beroep op werknemers in die gebou gedoen om kalm te bly. “Ek weet [die voorval] moet traumaties en angswekkend vir personeel in die gebou wees omdat dit nog nooit voorheen gebeur het nie,” het hy gesê.

“Ek weet ons is paniekerig, maar ek het by hulle gepleit om die gebou ordelik te ontruim en het hulle verseker die polisie hanteer die situasie goed om mense so gou moontlik veilig uit die gebou te kry. Ons gebed is dat dit net ʼn bangmaaktaktiek is en dat daar geen ontploffingstoestelle in daardie gebou is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liewe lulu ·

Gewoonlik is sulke dreigemente vals. Wanneer daar regtig n bom is twyfel ek of daar n vooraf waarskuwing sal wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.