Motsamai Motlhaolwa, woordvoerder van die departement, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang dat ʼn bom in die gebou geplant is. Die gebou is onmiddellik ontruim en die polisie het die gebou gefynkam om die ontploffingstoestel op te spoor.
Die gebou is op die hoek van Harrison- en Pritchardstraat in die Johannesburgse sakesentrum geleë.
LUR Jacob Mamabolo het ʼn beroep op werknemers in die gebou gedoen om kalm te bly. “Ek weet [die voorval] moet traumaties en angswekkend vir personeel in die gebou wees omdat dit nog nooit voorheen gebeur het nie,” het hy gesê.
“Ek weet ons is paniekerig, maar ek het by hulle gepleit om die gebou ordelik te ontruim en het hulle verseker die polisie hanteer die situasie goed om mense so gou moontlik veilig uit die gebou te kry. Ons gebed is dat dit net ʼn bangmaaktaktiek is en dat daar geen ontploffingstoestelle in daardie gebou is nie.”
Gewoonlik is sulke dreigemente vals. Wanneer daar regtig n bom is twyfel ek of daar n vooraf waarskuwing sal wees