Regeringshulp sal nie SAL help nie, sê Trevor Manuel

Trevor Manuel Foto: ANA

Die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, het Dinsdag gesê finansiële hulp van die regering sal nie die land se nasionale lugredery uit sy probleme help nie, en hou vol SAL moet erns maak met sy bestuur.

Dit volg nadat die regering Vrydag ʼn oordrag van R3 miljard goedgekeur het uit die Nasionale Inkomstefonds om SAL te help om aan sy finansiële verpligtinge aan Citibank te voldoen.

SAL moet terugbetalings aan Citibank doen vir ʼn lening van R6,8 miljard. Citibank het geëis dat ʼn bedrag van R1,8 miljard teen die einde van September oorbetaal moet word. SAL kan moontlik ook nie salarisse betaal nie, weens ʼn erge finansiële verknorsing.

Die res van die regering se fondse, R1,2 miljard, sal aan SAL gegee word vir bedryfskapitaal.

“Ek dink nie dit is ʼn geldmatriks nie. Ek dink mens moet ander goed doen. Ek is seker daar is ander verwagte koste in die SAL se jaarverslag, soos hul ontvanklikheid vir prysskommeling van brandstof. Tensy mens die betrokke kwessies aanroer en seker maak dat besluite doeltreffend geneem word, kan ek nie sien dat dit kan werk nie,” het Manuel gesê.

“Daar is groot besluite oor bestuur wat nie opgelos gaan word as mens net geld op die probleem gaan gooi nie. Miskien is die SAL se grootste probleem sy kostestruktuur. Daar is te veel werknemers en die salarisskale is buite die bedryfsnorm. Tensy hulle dit hanteer, gaan niks anders werk nie.”

Manuel het ook gesê die regering moet openhartig wees oor die toekoms van die SAL en het bygevoeg besluite oor die lugredery sloer al te lank.

“Wanneer ʼn voorsitter van die raad ses agtereenvolgende vergaderings mis, maar steeds ʼn voorsitter bly, is daar iets snaaks aan die gang. As die kwessies nie op ʼn normale wyse hanteer word nie, gaan dit nie oor die verkope van die lugredery nie.”

Manuel, nou die voorsitter van Old Mutual, het die uitlatings gemaak by die Deloitte Risikokonferensie 2017 in Johannesburg.

Hy wou nie kommentaar lewer oor KPMG nie, aangesien hy ʼn dagvaarding ontvang het en die saak dus sub judice is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johanna Botha ·

Hy is reg want vandat ek kan onthou deel die staat geld uit aan die verlamende saa

Hanna ·

Om SAL aanhoudend uit te help, laat nie die probleem “weggaan” nie.
Hou op pleisters op die vrot seer plak.
Maak die wond oop en krap al die gemors uit.
Politieke aanstellings veroorsaak GROOT problems vir ons ekonomie.

Jacques venter ·

Google gerus ” Pamerred SAA pilots.
My bek het oopgehang

Eish ·

Het die stukkie te lees gekry onder Pampered SAA Pilots.
” The pilots are costing the airlines an estimated R2b in excessive benefits” Dit is voordele wat ander lugdienste nie bied nie en sluit onder andere in, Vyfster hotelverblyf, 180 dae siekverlof per jaar, gratis kaartjies in besigheids klas vir familie ens. Sommige loodse bly oorsee en reis gratis werk toe, en vlieg ook vir ander lugdienste.12% van die personeel (Loodse) kry 48% van die salarisrekening. Nou vir die neutkraker, van die senior kapteins is slegs 217 wit! Genade mense, dis is n semistaatsinstelling wat in 23 jaar geensins getransformeer het nie!!!!! Behalwe natuurlik die maklike joppies!
Dit is duidelik dat die loodse se vlerkies baie kort geknip moet word, afgesien van die ander verkeerdhede.

Frikkie (Nie pienk) ·

Trevor is beslis reg. Daar is te veel personeellede en hul salarisse is te hoog. SAL het byvoorbeeld 942 personeellede vir elke vliegtuig in bedryf, terwyl die wêreldgemiddelde 140 personeellede is. Dan word hul heel waarskynlik gedwing deur Dudu om hul brandstof deur een of ander vriend/familielid van No 1 aan te koop, in plaas van direk by ‘n brandstof groothandelaar.

Boet Fasie ·

Dit is maar alles die gevolg van regstellende aksie wat nou “backfire” Gedink die soustrein is lekker , maar nou het hulle by die stasie gekom waar die geld vir salarisse begin opdroog. Volgende stap is personeel vermindering en trek van staatstoelaag.

Fluse ·

Ou Boet Fasie, Ek stem saam dem, 942 personeellede vir elke vliegtuig in bedryf ?
Ag shame, met n president wat nie eers behoorlik kan tel nie dink hy seker daar is soveel mense vir een vliegtuig soos soveel mense wat in sy gesin is (As hy kan tel hoeveel hulle is?)
Ek wonder wat die res van die wereld van so n man dink. Hy en Mugabe maak hulle name aanmekaar krater.

jurie blanche ·

en jy het begin sover ek kan onthou geld uitdeel aan sal.

Alida ·

Trevor is n slim man en weet waarvan hy praat. Zuma moet na hom luister. As die tegniese span nou staak wie gaan sy lewe waag op SAL? RAMP

Williew ·

Toe hy nog minister van finnansies was het ons ‘n ekonomie gehad wat iets werd was…grootste fout was om hom te laat gaan….

cc ·

Die regering en die SAL raad moet kennis neem van die verwysende artikel ” pampered pilots”.
Maar dis hoe die hele staatsdiens funksioneer!!! Melk die koei droog en beweeg aan na volgende een. Ek wil ook ‘n joppie by SAL he! Waaaarss DUDU as mens haar nodig het?

Marinda ·

Ons weet hierdie al lankal. Geen redingsbootjie gaan help om die sinkende skip te red nie.

MAROUS ·

Die man op die hoek wat vetkoekies verkoop weet dit al jare…geen nuuswaardigheid aan Manual se opmerkings nie.

Hanna ·

Solank Zuma se vriendin, of eerder bedmaatjie, Dudu by SAA verdra moet word, gaan die belastingbetaler die punch moet vat. Alles om Zuma se vriende gelukkig en ryk te hou. Wie gee nou om vir die dag v more? Hierdie Filistyne leef net vir vandag en hulself. Dis Afrika se een groot probleem: as dit pap reen, dan skep jy…

koos ·

SAL was die lugredery maar die bestuur is top heavy en wat net skep en dink hulle weet alles word poste aangestel en het geen agtergrond hoe die bedryf werk nie

Tiger ·

Die’ nuttelose spul wat SAL bestuur moet almal ge-fire word ,tot by die minister!Mooi praat help niks.Jaag weg!

Boet Fasie ·

Die grootste probleem is dat daardie groot voels daagliks oor ons huise vlieg, en enige oomblik kan neerstort op ons geliefdes as hulle nie deeglik onderhou word nie. Kyk na die slagting op ons paaie oor onpadwaardige vragmotors,busse en taxis. Wat maak ons as die goed in die lug nie vliegvaardig en veilig is nie, ons restellende landsgenote sal toelaat dat hulle passasiers vervoer.

Alida ·

Hulle kan Trevor as raadgewer vir ons patetiese min van finansies aanstel. Dit sal help dat hulle die staatskas plunder. Hy het ‘n valkoog maar nou-ja Zuma sal dit nooit toelaat nie.

Andre C ·

Ek wonder of SAL al vir COMAIR betaal het.Laat gaan eerder die 800 salaristrekkers per vliegtuig te te veel en los die vlieeniers,hulle het menselewens in hulle hande.As ons die aantal vliegtuie weet word daar maandeliks seker 1000de salarisse te veel betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.