Regeringskantoordiefstal: 3 kry borgtog

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

Die Pretoriase landdroshof het Woensdag borgtog van R10 000 elk aan die tweede en derde beskuldigdes, Albert Ramabele en Wiliiam Mmotong, toegestaan. Hul mede-beskuldigde, Khayalethu Mgatyelwa, het twee weke gelede borgtog van R5 000 gekry.

Matric Luphondo, staatsaanklaer, het gesê die staat staan nie borgtog teen nie omdat dit in die belang van geregtigheid is. Die landdros het gesê daar is geen bewyse die beskuldigdes sal landuit vlug, inmeng met die ondersoek, of die getuies se lewens in gevaar stel nie.

Ramabele het in sy beëdigde verklaring genoem hy besit nie ʼn paspoort nie en hy was nog nooit buite die landgrense nie. Mmotong het ʼn diplomatieke paspoort omdat hy as ’n lyfwag vir baie belangrike persone by die SSA werk. Hy het gesê hy beplan nie om die land te verlaat nie, omdat hy ʼn vrou en kinders het waarna hy moet omsien. Mgatyelwa, en Mmotong werk albei by die SSA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Meraai ·

Gmf!!!! …. en ek glo in die Paashaas en Kersvader! Hulle het lekker baie geld om te gaan net waarheen hulle wil. Geld wat stom is….

Dries ·

Hoop dat indien hulle hul borgvoorwaardes nie nakom of wegraak,die staatsaanklaer ook vervolg sal word vir sy swak oordeel rakende hierdie kriminele.

Frederik ·

Vir seker!! Steel R 17 miljoen en kry R 25,000 borgtog!!??! Goeie genade, dis mos lonend. Die gesteelde geld is, behalwe vir R20,000 steeds vermis.

stoney ·

Die motorbestuurder vir een van die BBP ook betrokke. Weet jy wat pla my geweldig? Dis mense wat ‘n salaris verdien. ‘N groot salaris, en hy doen sulke dinge. Daar buite loop miljoene rond wat sy voortande sal gee vir ‘n job maar hierdie blikskater steel omdat hy net plain VRAATSIG is.

Theresa B ·

Lekker man lekker………………… Ons kan dit maar weer doen of dalk iets ergers. Want in hierdie land gaan dit voor die wind.

Dan ·

Geld maak reguit wat krom is, money is the thing that counts.

GES ·

Ek het nare ondervindings van Pretoria se landroshof gehad. Die indruk wat ek van sommige aanklaers gekry het, is dat hulle en die kimminele saamwerk.

Ek staaf my bewering met met die volgende storie (eie ondervinding). Die aanklaer kom na jou toe met die storie dat die beskuldigde aan meer as een saak gekoppel kan word en gevolglik swaarder gestaf kan word sou die beskuldigde skuldig bevind word. Uit onkunde gee jy toestemming dat die aanklaer kan voortgaan. Aan die einde van die dag moet jy met skok en verontwaardiging verneem dat die ander “klaers” hulle sake teruggetrek het en die beskuldigde vrygelaat is.

Die saak gaan ook tot vervelens toe uitgestel word totdat almal belangstelling verloor en die feite vervaag het. Ek is nie negatief nie maar net ‘n ontnugterde realis. Van hierdie saak gaan daar niks van kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.