Regeringskantoordiefstal: Aanklagte teen twee teruggetrek

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

Die Pretoria-landdroshof het voorlopig die aanklagte teruggetrek teen twee van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle R17 miljoen se buitelandse geld uit die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) se hoofkantoor gesteel het in Desember verlede jaar.

Landdros Adriaan Bekker het Woensdag gehoor die staat trek voorlopig die aanklagte teen Khayalethu Mgatyelwa en Albert Ramabele terug, terwyl die saak teen William Mmotong uitgestel word. Mmotong werk vir die SSA as ʼn lyfwag.

Die staat het versoek dat die saak uitgestel word vir verdere ondersoek, maar Mmotong se regsverteenwoordiger, adv. Joshua Mashao, het die versoek teengestaan en gesê die staat het voorheen aangedui hy het genoeg bewyse vir die verhoor om voort te gaan. Bekker het ingestem om die saak tot 11 Julie uit te stel en Mmotong se borgtog te verleng.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het na afloop van die hofverrigtinge gesê die aanklagte teen Mgatyelwa en Ramabele is vir eers teruggetrek omdat daar nie sterk bewyse is om hulle met die misdaad te verbind nie. “Die bewyse wat ons het, kon nie bevestig of versterk word deur kenners se getuienis wat steeds uitstaande is nie, maar ons sal ons besluit heroorweeg sodra hierdie getuienis ontvang is,” het Mfaku gesê.

Mgatyelwa, ʼn SSA-veiligheidswag wat vroeër geskors is en Ramabele, ʼn paneelklopper, het verlig gelyk toe die aanklagte teen hulle teruggetrek is.

Die Valke het die drie verlede jaar in hegtenis geneem na die inbraak by die SSA se hoofkantoor in Pretoria op 27 Desember. Ramabele en Mmotong is later op borgtog van R10 000 elk vrygelaat, terwyl borgtog van R5 000 aan Mgatyelwa toegestaan is.

Lees die vorige berigte oor die regeringskantoordiefstal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Henry ·

hahaha!!!
Is dit alweer kwota spelers waarmee ons te make het?

Ouman ·

Dit ruik na rot. Wonder of daar ooit enige geld was om te steel dalk is dit verduister en nou die diefstal as ‘n rookskerm gebruik.

christine ·

Dit stink. Iemand se vuil werk gedoen defnetief sal hulle seker na die verkiesing weer aankla Ba Bla BA

Mielie ·

Wat sê dit vir jou as die burgers in die land die diefstal koppel aan nr 1. Dis soos om ‘n storie oor ‘n ander Afrika land te lees. Ons is al halfpad daar waar die res van Afrika is. Ek twyfel baie sterk aan n beter toekoms. Polisie is onbevoeg en dan word hulle opleidings termyn verminder.

Frederik ·

Het van die begin af geweet ANC is betrokke. Toe die berig meld dat die instapkluis oopgedwing was, het ek rot en stort geruik. ‘n Instapkluis dwing mens nie sommer net so oop nie. Dit was oop gelaat, sodat hul kon inkom.

Jan ·

Wat maak jy met so baie geld in ń kluis?dit hoort in ń bank.

alida ·

Dit is 10/1 die geld wat JZ landuit gevat het. Ek sal nie verbaas wees nie. Dan is die mense mos onskuldig wat hulle het in opdrag opgetree.

Topster ·

Ja daar stink iets aan die storie maar moenie worry nie dis nog een reg merkie op Die staat se bucket list Weet nie hoe lank gaan dit nog aan hou voor die kas leeg is nie

Lekker gevang ·

Lekker gevang Mnr Lyfwag, jul ander 2 moet nie te gerus wees nie, die ou gaan mos nie alleen onder nie!!!!! Hoop net al die geld is veilig terug! Kyk dit verstom mens hoe jy op alle plekke moet wakker wees – as hul ‘n kriminele plan kan maak, dan doen hulle! Baie geluk aan die Polisie en staatsaanklaer tot sover, maar asb volg daai uitslae op en kry daai helsims vas, ten minste 3 minder wat kan steel!

Theresa ·

Waar’s die geld nou – terug gegee?? Poligraaftoetse vir die twee wat kamstig nou so min bewys teen hul het. Ekstra straf omdat hul meer as ander mense vertrou was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.