Regeringskantoordiefstal: Saak tot Junie uitgestel

ʼn Foto van die verdagte wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

ʼn Foto van een van die verdagtes wat van veiligheidskameras af bekom is. Foto: SAPD

Die saak teen drie mans wat daarvan verdink word dat hulle miljoene rande uit ʼn kluis in die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) gesteel het, is Woensdag in die stad se landdroshof uitgestel vir verdere ondersoek.

Khayalethu Mgatyelwa, William Mmotong en Albert Ramabele moet weer op 1 Junie in die hof verskyn. Hulle sal na verwagting dan gevra word om te pleit.

Daar word beweer dat die verdagtes op 27 Desember toegang tot SSA se hoofkantoor gekry het en R17 miljoen se buitelandse valuta uit die kluis gesteel het.

Die verdagtes is vasgetrek nadat die polisie beeldmateriaal van die diewe wat deur veiligheidskameras in die gang van die gebou vasgevang is, uitgereik het.

Mgatyelwa en Mmotong is glo werknemers van die agentskap. Al drie verdagtes is tans uit op borgtog.

Lees die vorige berigte oor die regeringskantoordiefstal op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Weskaper ·

Ook maar lekker dom, werk daar maar weet nie van kameras nie. Goeie sekuriteit

KP ·

Verspot maklik. Hoe sluit jy R17 miljoen se kontant in n kluis toe waar persone so maklik toegang kan kry.

Snip ·

@KP, stem heeltemal saam met jou. Dis baie geld vir `n kluis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.