‘Regeringspogings teen rassisme is eendimensioneel’

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag in ’n formele skrywe aan die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling aangevoer dat die regering se voorgenome National Action Plan to Combat Racism, Racial Discrimination, Xenophobia and Related Intolerance (NAP) ernstige gebreke toon en dat dit nie tot ’n verbetering in rasseverhoudings sal lei nie.

Vandag is die laaste dag waarop die publiek voorleggings ten opsigte van hierdie regeringsdokument kan maak.

AfriForum voer aan die NAP is gebrekkig in die sin dat dit geen selfkritiek ten opsigte van die regering bevat nie. “Ons kry die indruk dat die regering eerstens probeer om hulself te prys voordat daar werklik gefokus word op dit wat gedoen kan word om rassisme, rassediskriminasie, vreemdelingehaat en onverdraagsaamheid te beveg,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik. “Belangrike inligting word taamlik selektief in die regering se planne geïgnoreer en die regering aanvaar geen verantwoordelikheid vir sy eie aandeel in die probleem nie.”

In AfriForum se skrywe word daar onder meer verwys na die feit dat rofweg 80% van Suid-Afrikaanse skole disfunksioneel is en dat die gebreke in die onderwysstelsel, veral by skole in oorwegend swart gebiede, bydra tot die feit dat baie swart Suid-Afrikaners beperkte geleenthede het, wat tot rassespanning lei.

AfriForum het sy toewyding benadruk om ’n konstruktiewe bydrae in die stryd teen rassisme te lewer. AfriForum het ook vroeër aangevoer dat die ANC se voorstel om rassisme met nuwe wetgewing te kriminaliseer nie ’n sinvolle bydrae in die stryd teen rassisme sal lewer nie, aangesien daar reeds voldoende wetgewing in plek is. “Die probleem hou meer met politieke leierskap verband as met ’n gebrek aan regulering,” het Roets bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

GES ·

Mense wat ‘n opsessie het oor rassisme ly aan ‘n minderwaardigheidskompleks.

tammy ·

Watter tipe mens is skaam vir wie hy/sy is? Is jou identiteit dan vir jou n vernedering? Nee ek bly trots op wie en wat ek is!!!!

Basson ·

Hoekom word wittes nie ook by naam genoem?

“Forms of racism and racial discrimination against Africans and people of African descent,
Arabs, Asians and people of Asian descent, migrants, refugees, asylum-seekers, persons
belonging to minorities and indigenous peoples, as well as other victims included in the
Durban Declaration and Programme of Action;”

Wat van BEE en die ~108 rasdiskrimerende wetgewing?

Racial Discrimination: Any distinction, exclusion, restriction or preference based on race, colour, descent, or national or ethnic origin which has the purpose or effect of nullifying or impairing the recognition, enjoyment or exercise, on an equal footing, of human rights and fundamental freedoms in the political, economic, social, cultural or any other field of public life.”

Eintlik skrikwekkend en baie bekommerniswaardig.

Hendrik ·

Ek se daar is genoeg rede dat die Afrikaner hulself ontrek uit die demokrasie en op die voorwaarde staan dat alle diskriminerende rasbehepte wetgewing geskarap moet word voordat ons weer sal deelneem aan die demokrasie. Dit sal nog ‘n Kodesa afdwing. Ons sal taai wees maar ons sal moet vasstaan anders gaan hierdie situasies NOOIT ophou nie!

rr ·

Vrede is in jouself en nie in ń ander ras nie. Die regering moet ń goeie self ondersoek doen en minder dinge uitverband uitruk dan kan ons almal in vrede leef. En rassisme dalk verdwyn.

Kandas ·

Ek dink nie rassisme sal ooit weggaan solank mense van verskillende rasse in mekaar se kele afgedruk word nie. Dis nie reg dat mense gedwing word om van mekaar te hou nie. Dit is tipies die geval van hoe harder jy die roosboom druk, hoe seerder steek die dorings.

Janneman ·

Stem volkome saam, dankie Afriforum. Maar gaan iemand luister? Die tirannie van die meerderheid stoomroller en verlaag ons telkens tot dweederandse burgers.
Die mense gebruik rassisme as n rookskerm om al hul euwels en tekortkominge te verbloem – dit weet ons en baie Afrikaanse media almal. Hoe lank gaan dit vat vir die Engelse media, die wereld en liberale om dit te erken?
Gegewe die gebeure en vergrype in Zim oor dekades raak n mens skepties en mismoedig, ons het n groot plan nodig. Dit lyk nie of voorleggings, skrywe en hofsake ons gaan help nie.

Rina Vermeulen ·

Janneman beter as wat jy dit gestel het kan ek nie jy noem als in kort kommentaar. Wat gaan ons doen hieraan is ook my grootste bekommernes.

Rupert Ashford ·

Janneman baie goed gestel. Ons lewe ongelukkig in ‘n tydsgees wat hierdie dinge onderskryf. Dit sal slegs stop as die bree bevolking besluit “genoeg is genoeg” en dan optree, hopelik by die stembus.

Oom Kalahari ·

Die statistieke gebasseer in die dokument weerspieël nie die werklikhede gesien in die lig van net oor die 2miljoen blankes (met derduisende wat al in Volksmoord omgekom het) in vergeleke met die ongeveer 50 miljoen anderskleuriges en die 80% van swart wat bevoordeel is. Die meestal swart armes is van ander afrika lande wat ge-akkommodeer word om die meerderheid in stemme te kan behou. Gee net elkeen sy eie grondgebied sodat daar vrywilliges wat wil meng met ander dit op vrye assosiasie kan doen en nie kraal prosedures wat op jou afgedwing moet word nie.

Lance ·

Die wat die hardste rasisme skreeu ….is gewoonlik die grootste rasiste …kyk maar. Navorsing bewys egter dat meeste mense in SA goed met mekaar regkom …met n paar vrot appels hier en daar wat aanhitsieg veroorsaak en die media blaas dit SO op. Onthou net ….Birds of a feather flock together. Baie blanke en nie blanke mense met wie ek vriende is …maar ook baie wat nie my waatdes aanhang nie …so wil nie met hulle geasosieer wees nie …maak my nie beter nie …so mens moet n vrye keuse kan he asb

Gert ·

Die regeering soek nou iets om al die mense wat moet stem se aandag af te trek van hulle onbekwamheid om n land te regeer . You never come to the bottom of a lier . Because he just lie more and more

Adrian ·

Dit gaan nooit werk nie, vervolging teen die blanke gaan feller word. Die antwoord is n eie volkstaat en selfregering maar die spul sal dit nooit toelaat nie

Veritas ·

Apartheidswetgewing was ‘n direkte uitvloeisel van swart op wit rassisme. Niks het verander nie behalwe dat die witman, a.g.v hierdie wetgewing, gebrandmerk is as die sondebok, die rassehater wat nie die son op ander rasse wou sien skyn nie. Die huidige vlaag rassistiese voorvalle, is geisoleerde gevalle wat deur die regering misbruik word as sou dit die norm blyk te wees. Die ANC-regering besef maar alte goed dat die EFF baie van sy steun te danke het aan die opsweping van swart werkloses en die skuldplasing daarvoor, op die blanke. Die enigste teenvoeter daarvoor is dus om dieselfde ,skynbaar suksesvolle, taktiek na te volg maar vanuit ‘n ander hoek. Die gevolg is ‘n gekombineerde aanval teen alles wat blank is en dit veroorsaak weer ‘n blanke teenreaksie, soos wat tans geillustreer word deur die daaglikse rassevoorvalle wat die nuus oorheers.

Han ·

As ek die woord “rassisme” hoor, word ek naar! Die werklike probleme in die land word nie aangespreek nie, want die vermoë daartoe ontbreek. Rassisme: dit is soos ‘n plaat wat vasgehaak het! In plaas daarvan dat die ANC die hand in eie boesem steek (hulle weet duidelik nie wat dit beteken nie) en reg te maak wat hulle alles in die land opgemors het, is hulle “self righteous” en soek die fout by almal behalwe hulself.

John ·

Afrika het deur die eeue miljarde se hulp van noord, suid, oos en wes ontvang vir ontwikkeling en opgradering. Dis skaars sigbaar. Hoofstede in die noorde, met miljoene mense, is modderploeterde armoedige plakkerkampe met ‘n klompie paleise en wagte hier en daar met groot gewere langs oliebesoedelde riviere en giftige myne. Hier suid, het ‘n klompie witmense dinge ontwikkel met min geld, maar daar is geen woord van dankbaarheid nie, inteendeel. Die geliefde woord, rassisme, gedy want dit staan vir die aller oorheersende begeerte om dit alles te wil degenereer tot dieselfde vlak as in die res van Afrika.

Koos ·

Het vanaf 1994 met, saam en onder swart mense gewerk, nie n pakket gevat en gehol nie. In die proses goeie verhoudings opgebou binne werks opset. Die eerste jaar of twee was moeilikke maar respek teenoor mekaar het op die ou end vrugte afgewerp. Respek kan nie gekoop, afgedwing of deur gatlek gekry word nie, dit moet verdien word. Hierdie gemors wat op die oomblik aan die gang is veroorsaak dat respek by die agter deur verdwyn dit rassisme op want ons kan niemand meer vertrou nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.