Registrasie: Parlement loof samewerking

Die skare by die Capricorn TVET-kollege in Polokwane (11 Januarie 2018). Foto: SAPD

Connie September, voorsitter van die portefeuljekomitee vir hoër onderwys en opleiding, het die bykomende pogings van tersiêre instellings en die departement van hoër onderwys om met registrasieprobleme af te reken, verwelkom.

Sy meen hoewel die instansies nie tevrede was met die kort tyd waarin hulle op die regering se nuwe “beleid vir gratis hoër onderwys” moes reageer nie, het hulle steeds die besluit verwelkom.

“Ons kan wel sê dat dié instellings nou saamwerk danksy die nuwe beleid.

“Die pogings van die instellings om hul aansoekproses te verbeter, sowel as die inspan van beter tegnologie en vrywilligers om die proses te ondersteun, word ook verwelkom.”

September het talle instellings besoek waar sy volgens haar ʼn georganiseerde registrasie van studente, onder wie instap-aansoekdoeners, gewaar het.

Sy het weereens politieke partye gemaan om nie die registrasieprosesse te ontwrig nie en eerder almal saam te werk vir ʼn beter toekoms vir studente.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

snoefie ·

skole en tersiêre instellings blyk nou die nuwe skaakvord te wees vir die anc se magstryd. dalk moet die politieke leiers mekaar die stryd in die bokskryt toesê en ophou om landsburgers as pionne in hulle magstryd te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.