Registrasie sluit by Gauteng-skole

Argieffoto (theedgepartnership.com)

Argieffoto (theedgepartnership.com)

Registrasie vir die 2015 akademiese skooljaar by staatskole in Gauteng het Dinsdag verstryk.

“Deur so vroeg te begin met die toelatingsproses bied ons die geleentheid om voldoende voorsorg te tref vir leerders wat in 2015 skool toe kom,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, gesê.

Die departement se plan sluit voldoende skoolinfrastruktuur, leerder- en onderwyserondersteuningsmateriaal en meubels in.

“Daar is meer as 2 000 staatskole in die provinsie vir 1.9 miljoen leerlinge,” het Lesufi bygevoeg. “Ons bedank al die ouers vir hul samewerking tydens die registrasieperiode.”

Hy sê die departement sal ondersoek instel om die toelatingsproses te verbeter.

Phumla Sekhonyane, woordvoerder vir die departement van onderwys, het gesê die departement is daartoe verbind om te voldoen aan sy grondwetlike verpligting om alle aansoekers in staatskole te plaas. “Dit beteken dat die departement ouers met laat aansoeke sal help,” het Sekhonyane verduidelik. “Laat aansoeke verminder egter die kans dat ouers die skool van hul voorkeur vir hul kind gaan kry.” Leerlinge sal in so geval by ʼn skool geplaas word waar daar voldoende spasie is en dit is moontlik nie naby aan die ouers se huis of werk nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.