‘Registrasiebedrog’ by UJ ondersoek

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Argieffoto van die Universiteit van Johannesburg

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Woensdag gesê bewerings van ʼn student wat ander studente onregmatig by die universiteit geregistreer het, word ondersoek.

Herman Esterhuizen, woordvoerder van die UJ, het in ʼn verklaring gesê bewerings van die bedrogspul, waarby ʼn voormalige lid van die Studenteraad (SR) en ander onbekende mense glo betrokke was, het onlangs onder hul aandag gekom.

“Die ondersoek volg nadat mediaberigte beweer het dat sekere mense voornemende studente bedrieg het deur hulle te vra om geld te betaal om te mag registreer,” het Esterhuizen gesê.

“Die universiteit beskou hierdie bewerings in ʼn baie ernstige lig. Afgesien van ʼn interne ondersoek na die saak, het die universiteit ook die polisie gevra om die saak te ondersoek sodat diegene wat betrokke was by die bedrogspul aan die pen kan ry,” het hy gesê.

Esterhuizen wou nie die naam bekendmaak van die voormalige SR-student wat daarby betrokke was nie.

In Februarie het UJ gesê dat 43 000 studente vir die nuwe akademiese jaar geregistreer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

GES ·

Dit is niks snaaks nie. Dit is maar net in sekere mense se gene om ‘n lewe van bedrog te leef. Alle uiniversiteitein in SA kan maar gerus ondersoek word.

Wat-ek-lees ·

Glad nie snaaks in Suid-Afrika. Net nog ‘n bedrogspul.

Patrys ·

Dis ‘n algemene praktyk onder ‘n sekere deel van ons bevolking. Nou die dag ‘n pap band gehad. Kom by die garage om die wiel te laat pomp. Nee sê die man, daar is ‘n spyker in. Hy sal dit regmaak en dit kos R30. So gesê so gedaan. Dan kom die vraag. “Maar as ek jou help, sal jy sorg vir die koeldrank.” Stomgeslaan sê ek toe maar ja, want ek is die enigste vrou tussen al die pompmanne. Met betaaltyd word die masjientjie gebring. Toe kom die nekslag. Sy vriend by die “till” het ‘n “beter plan”. Ek betaal R60 dan het hulle elkeen R15 om met die taxi huis toe te gaan!” Dis die NUWE Suid-Afrika!!! Jy betaal dubbeld vir die werk en dan vir die man wat dit ook gedoen het.

GES ·

Patrys, ek het volle begrip vir jou situasie. Die ongeluk nou, dit is toegelaat en dit word nou die nuwe norm. Ek hoop jy oorweeg om die saak aan die eienaar van die garage op te neem.

Flintstone ·

Ges,min van die vulstasies behoort vandag aan eienaars wat wel aandag aan jou klagte sal gee.Ruk gelede het ‘n joggie diesel in my petrolvoertuig gegooi.Toe ek die eienaar bel reken dié my sy is ver van die stasie af en kan nie aandag gee nie.Toe ek dreig met ‘n siviele eis ,word daar halfhartig aangebied om die brandstof te laat uittap en ‘n vol tenk petrol te voorsien. Meeste werk self gedoen.Nou maak ek seker ek vul my voertuie by ‘n stasie wie se eienaar ek weet hy trots is op sy werk en my sal help as sy mense droogmaak.

GES ·

Na aanleiding van hierdie berig wil ek Maroele Media versoek om die moed bymekaar te skraap en na Waltloo (Pretoria / Silverton) te gaan en probeer om ‘n voertuig te registreer. Die selfde situasie heers daar. Jy staan in ‘n baie lang ry wat feitlik geen vordering maak nie. Natuurlik kan jy vir R200 gebruik maak van ‘n “runner” om jou te help wat orals indruk en sodoende die proses afgehandel kry. Maroela dit is die ideale geleentheid om eerstehands te berig wat aangaan in ons geknelde land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.