Registrasiestelsel veroorsaak herrie by Afrikaanse skole in noorde

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

Hoërskool Overkruin. Foto: Google Earth

Dit lyk asof duplikasies op die nuwe aanlynregistrasiestelsel vir leerders in Gauteng die oorsaak was dat Engelse leerders nie aanvanklik plasing by Overkruin en Montana in die noorde in Pretoria gekry het nie.

“Die onmiddellike bekommernis is nou aangespreek. Die meeste van die Engelse leerders is nou in die Engelse klasse by die skole geplaas,” het Bernard Jacobs, voorsitter van Hoërskool Overkruin se beheerliggaam, gesê.

Jacobs is egter ongelukkig oor hoe die hele situasie tussen die ouers en die twee skole hanteer is. Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het op 29 November met die beheerliggame van die twee skole en ongelukkige ouers vergader en die hoërskole gekap oor hul toelatingsbeleid. Lesufi het ondermeer geëis die skole moet transformeer en gesê hy sal alles wat Verwoerd opgebou het, ongedaan maak.

“Die hele aangeleentheid het groot onsekerheid by ons skole se ouers en kinders veroorsaak. Ons is in effek van rassisme aangekla, maar daar is nou geen sprake daarvan dat die stelsel verbeter sal word nie, om nie eens te praat van die moontlikheid om die Engelse skool in die omgewing op te gradeer nie of om meer skole te bou nie.

“Hierdie situasie is geskep deur onkunde van die departement en onbillikheid en ons skole sal sekerlik volgende jaar met dieselfde druk en onsmaaklikheid sit, omdat Overkruin en Montana weereens op die aanlynregistrasiestelsel as Engelse skole aangedui sal word,” het Jacobs gesê.

Hy meen dit skep ʼn sekere verwagting by ouers dat hulle wel toelating vir Engelse kinders by die skole sal kry, dit terwyl die twee hoërskole beperkte Engelse klasse beskikbaar het.

“Ons is steeds tegemoetkomend. Ons het juis ons Engelse onderrigbaan begin omdat daar nie genoeg Engelse skole in die noorde van Pretoria is nie. Tog het ons net soveel reg tot Afrikaanse onderwys en die reg om dit te beskerm, net soos wat hierdie kinders die reg het tot onderwys in Engels. Ek voel hierdie belange hoef nie te bots nie, maar dit sal verg dat die onderwysdepartement ook sy kant moet bring,” het hy gesê.

Lesufi het Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê 82 279 leerders is nog nie vir 2017 in skole geplaas nie. Hy het ook bevestig sekere gebiede in Gauteng, insluitend Boksburg, Lenasia en Pretoria-Noord, het reeds hul kapasiteit bereik en kan gladnie meer nuwe leerders aanvaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

GWB ·

En voor jul oë uitvee is dit n engelse skool, gaan vra maar bietjie in Jhb se ou afrikaanse skole

Gatvol ·

En dan is daar skole in Mamelodi wat nie teen volle kapasiteit is nie…hoekom word afrikaanse skole geteiken???

Vlooi ·

Mense dinge wat gebeur is vreesaanjaend!!!! en belaglik. Watse toekoms le daar voor vir ons
kinder???

Harry ·

Daar is nie n toekoms nie. Ons is die rede daarvoor. Elke wit Afrikaans sprekende is die rede daarvoor. Solank ons n Huis besig en kar gee ons nie om oor niks nie. Maar dit sal alles verander as die hele lot van ons is wit squatter kampe sit. En daai dag kom

Thyskotze ·

Hoekom het hulle nog nie skole gebou nie hoeveel skole is in Soweto afgebreek tot op vloer dis al jare wat ons so sukkel moet BOERE vir hulle skole bou dis in elkgeval ons GELD of dis weer apartheid se skuld

John ·

Ooooh, die hele storie is deur die departement georkastreer… planne… beskuldigings en woeps… Engels…

Ben ·

Hallo John. jou sin moet lees “georkestreer”, “georkastreer” kan seer wees!

Lemmetjie ·

Ek dink John is reg Ben, Die Afrikaanse skole is geor-kastreer.

rudi ·

Hul het niks skole gebou en daar s nie onderwysers. Hul is in skaak mat.

Moeg vir suid afrika ·

Ek kan een ding nie verstaan nie.Ek bly in ñ klein dorpie met een afrikaanse skool en seker 5 engelse skole,waarvan die een pas nuut gebou is en tog wil baie na die afrikaanse skool toe kom van elke ras.Hoekom altyd diskrimineer teen afrikaans.Ons gaan tog nie na die engelse skole toe en probeer hul beleid omswaai om in afrikaans te onderrig nie,waarom anders om?Ek dink die afrikaanse skole gee puik onderrig.Ek dink dit gaan oor die onderwysers wat goeie opleiding gee.As jy dan in engels wil klas kry,kry dan jou ry na ñ engelse skool toe en anders om.Geen afrikaner dwing ons taal op engelse skole af nie.Ek praat afrikaans en my kind kry onderrig in haar moedertaal.Sy kan vlot engels praat en as sy wil na ñ engelse skool toe,dan sal ek haar inskryf by ñ skool wat haar akkomodeer.

Kloekie ·

En toe is dit al die tyd Lesufi(en sy nuwe rekenaarstelsel) se skuld. Ampertjies brand hul weer ons skole af…

Rupert Ashford ·

Slippery slope. Een van die dae is julle “engels”. Lesufi is nie geinteresseerd daarin om kwaliteit onderwys kapasiteit te bou nie want hy is te toe. Hy kan net afbreek.

PJ ·

Lesufi en sy rassistiese mond is ‘n groot probleem. Hy self het nie veel tussen die ore nie maar maak lawaai net waar hy gaan. Lee blik sindroom?

Jan ·

Ek was in my lewe nog nooit so ‘n hatige, bitsige en rasistiese mens nie, ek ken myself die afgelope jare meer nie. Een ingryping soos met Babel was nie genoeg nie, kan die Here nie maar weer ingryp nie?

Verıtas ·

Jan, vır my lyk dıt asof polıtıcı dıe rassısme-kwessıe, ten alle koste, aan dıe lewe wıl hou. Wat ookal gebeur, word op een of ander manıer, aan rassısme gekoppel. Aanval ıs tog dıe beste manıer van verdedıgıng en polıtıcı probeer, deur ‘n rasse-kleur aan al hul mıslukkıngs te koppel, hul eıe onvermoë te verdoesel. Polıtıcı ıs, volgens my, dıe grootste sondaars wanneer dıt kom by rassısme. Kom ons neem dıe voorbeeld van dıe sodanıge ‘doodskıs sage’. Indıen dıe ‘slagoffer’ en beskuldıgdes van dıeselfde ras was, sou geen haan hıerna gekraaı het nıe. Enıge sıtuasıe waarın daar geskılle bestaan tussen swart en wıt, word opgeblaas en dıe ras-etıket word daarom gehang. Dıt ıs verstaanbaar wanneer jy sê dat jy besıg ıs om ın ‘n rassıs te verander. Dıt word deur polıtıcı op jou afgedwıng sodat hulle regverdıgıng vır hul eıe, onbekwaamheıd (Lesufı) kan kry. Watter beter manıer ıs daar om jou eıe tekortkomınge te verdoesel, as om dıe sensıtıewe rassekwessıe op dıe voorgrond te hou?

oumie ·

Dit gaan mos nou lankal nie meer oor taal nie dit gaan oor vergrype aan wat die afrikaanse het en hul mag om met rassisme weg te kom

Johan ·

Ek stel voor dat daar die grootste privaat afrikaanse hoër en laerskool in pretoria gebou moet word. Al die onderwysers en bestuur personeel moet ingewin word van die huidige model C skole in pretoria. Daar moet dan vir die lesufi vend gesê word vat jou staatskole druk dit in jou gat op…..transformeer dan die skole soos jy lekker kry……die skole is die beste omdat die ouers skoolfonds betaal, die beste opgeleide onderwysers het, beste bestuur, daar nie korrupsie is nie…….wat gaan hy dan doen met al die skole waar daar geen geld, geen bestuur en geen onderwysers is nie geen wit monopoly money is nie……dan gaan hy eintlik besef wat die witmense eintlik bydra tot hierdie land……en as hy dan besef hoe dom hy was…..dan geen die onderwysers, bestuursrade, ouers, leerders vir hom die grootste middel vinger ooit…….

Leonard van der Dussen ·

Inderdaad ja – bou ‘n groot verbeeldingryke Afrikaanse skool los van die regering. Maar die mense se fokus bly op die staatskole. Die moed, durf en bereidheid tot risiko en om kapitaal in sit, is skaars onder Afrikaners. Maar hierdie skool kom – op sy bestemde tyd. Die werk is reeds aan die gang.

leon - Centurion ·

Mense besef dit asseblief, Lesufi se doel is om elke Afrikaanse skool te verengels. Hy is besig om eiehandig Afrikaanse skole te vernietig. Afrikaanse skole is alles wat hy met sy patetiese bestuur nie kan vermag in die duisende powere swart skole nie. Ongeag die reuse onderwys begroting word ons skoolstelsel as van die swakste in die wereld gereken. Lesufi se respons teiken dit wat nog werk. Breek af en vernietig.

Hoekom sal ek as Afrikaner verder belasting betaal en bydrae tot ‘n beleid wat my regte vernietig . Ons toekoms is privaat Afrikaanse skole.

Johan ·

Die afrikanerbkan enige ietsbdoen tot waar hy instaat is…….koop die grond…..ek is seker afrivorm kan dit regkry……begin tydelike klasse oprig….. almal moet gelyk bedank vir lesufi sê hier si die sleutel kry vir jou…….dit sal een van die grootste nuus hoogtepunte wees in die geskiedenis van die land…….

Johan ·

………dit sal so groot wees swart kinders sal afrikaans leer om in die gesogte skool te kom……..die sal so groot wees…dat hulle weer afrikaans as hoof medium van onderig sal terug bring na Tukkies……..Malena sal afrikaans begin praat net on sy kinders in die skool te kry….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.