Registreer nou vir 2022-sensus

Argieffoto: www.rabobank.com

Die adjunkminister in die presidensie, Thembi Siweya, het Dinsdag tydens ’n media-inligtingsessie ’n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om aanlyn vir die 2022-sensus te registreer.

Die sensus sal tussen 3 en 28 Februarie geskied. Dit is die vierde sensus wat sedert 1994 sal plaasvind.

Volgens StatsSA sal die regering die data wat tydens die sensus ingesamel word, gebruik vir beplanning, beleidsformulering en bewysgebaseerde besluitneming. Die resultate van ’n sensus is ook die basis vir begrotingstoekennings vir plaaslike, provinsiale en nasionale regering. Dit sal munisipaliteite ook van omgewingsdata voorsien, vir gebruik in hul geïntegreerde ontwikkelingsplanne.

Die spertyd om aanlyn te registreer is 31 Januarie. Diegene wat aanlyn registreer, sal die sensusvraelys dan elektronies of telefonies kan invul.

Volgens Siweya is StatsSA besig om minstens 165 000 veldpersoneel op te lei en ’n oproepsentrum op die been te bring om met die sensusproses te help.

“Die veldwerkers is deur middel van aanlyn metodes gewerf en ons sal slegs digitale toestelle gebruik om data vir die 2022-sensus in te samel,” het Siweya gesê.

Die sensus sou aanvanklik in Oktober plaasgevind het, maar is vertraag weens ontwrigtings wat deur die wêreldwye Covid-19-pandemie veroorsaak is.

Volgens StatsSA is die 2022-sensusprojek daarop ingestel om StatsSA se nuwe tegnologiese vooruitgang ten toon te stel terwyl dit ’n nuwe era van digitale data-insameling binnegaan.

Besoek https://getcounted.statssa.gov.za om te registeer. Indien jy enige navrae het, kan jy die inbelsentrum kontak by 0800 110 248.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

B ·

MM kan julle nie die link om te registreer in julle artikel inwerk nie asseblief?

Sune van Heerden ·

Dagsê B

Ons vra om verskoning vir die ongerief.
Die skakel is nou bygevoeg.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jr ·

Ja en dan wil julle weet of ek wit of swart is. My salaris, my skuld, hoeveel kinders en en en. Vergeet daarvan

Shakespeare ·

Is die 5 miljoen onwettige Afrika immigrante ook
deel vd sensus ???

JohanR ·

Shakespeare…..ek dink jy sal die 5 miljoen in Kaapstad kry. Hulle spring op jou uit van agter elke boom en pilaar!

Kremetart ·

Moet mens deel wees hiervan? Is dit dalk belangrik om te weet presies hoeveel mense praat afrikaans en sal dit dalk meer regte beteken?

SjN ·

Sodat die regering besluite kan neem, 1 April is vroeg vanjaar.

JL ·

Ongelukkig in ons land waar korrupsie hoogty vier is mens skepties om persoonlike inligting bekend te maak. Hoe akkuraat sal die sensusopgawe wees met al die onwettige persone in die land. Die veldwerkers sal digitale toestelle gebruik! Hoeveel van die toestelle gaan terugbesorg word en hoeveel veldwerkers gaan beroof word tydens die opnames?

Pieter ·

Ek is 63 jaar oud, en het nog nooit ‘n sensus beampte gesien nie. Waarom hope geld mors, as dit nie behoorlik gedoen word nie???

henndrik ·

Die webtuiste van hulle werk nie lekker nie. Dit vat baie lank om die “OTP” te ontvang om registrasie te voltooi en wanneer jy klaar is gee hulle jou ‘n “REF NO” wat ook vir jou deur E-Pos (my keuse van kommunikasie) gestuur word waar die syfers ontbreek so as jy dit nie oorspronklik neergeskryf het nie het jy nie die nommer nie

Lourens CFG ·

Ek het gisteraand probeer registreer.
Alles het goed gegaan tot ek by my adres kom, hy gebruik goegel, maar gaan soek my adres aanmekaar by Liesbeek rivier en, alhoewel ek die straatnaam reg intik, verander hy dit na Zinnia str en dan ander name wanneer ek dit probeer korrigeer.
Op die ou einde skop dit my uit, en toe ek weer probeer, kon ek nie vêrder kom as “This cell no and e-mail already exists” nie.

Retha ·

Ek het al 2 keer probeer, maar kom nie verder as eerste bladsy. Kan niks invul nie, niks

Anoniem ·

My sensus opname sal soos volg verloop: Deur oop, tel my en deur toe. Die res is privaat en sal ek nie met hulle deel nie.

Misky ·

So almal moet aanlyn registreer……. So die ou ‘gog’ daar by haar modderhut in die boendoes met 8 kleinkinders gaan dit ook doen? Lagwekkend!!!!

Retha ·

Aan die begin, toe daar sprake gewees het van die sensus opname, was daar dreigimente in die berig van tronkstraf of hengse boete

Papsak ·

Vergeet daarvan nulle wil net alles weet van ons goed af los ons uit

Nico ·

Nou sal die wat sensus opnames doen net Engels wees, ek laat hulle in my huis toe nie, hulle kyk wat ek in my huis het, die opnames al op my dek gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.