‘Regsadviseur’ van munisipaliteit skuldig aan bedrog

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

ʼn Munisipale beampte van die Nketoane-munisipaliteit in die Vrystaat is Maandag in die streekhof in Bethlehem skuldig bevind aan bedrog.

Volgens kapt. Christopher Singo, woordvoerder van die Valke, het Mosebetsi Richard Mofokeng (39) tussen 2013 en 2014 as regsadviseur van die munisipaliteit kliënte in die strafhof verteenwoordig ten bate van homself.

“Toe die munisipaliteit hom versoek om sy kwalifikasie te toon, het hy bedank. Die saak is toe vir verdere ondersoek na die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Bethlehem verwys,” bevestig Singo.

Mofokeng is in 2018 gedagvaar waar hy by verskeie geleenthede tot sy onlangse skuldigbevinding in die hof verskyn het. Hy is borgtog van R2 000 toegestaan.

Mofokeng sal na verwagting op 28 Januarie 2022 gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sandra ·

Hoe het hy in die eerste plek die werk gekry as hy nie sy kwalifikasies saam met sy aansoek ingegee het nie? Dis nou seker een van die “it is not what you know, but who you know” stories.

jzjz05 ·

Die ANC gewoonte om mense aantestel wat onbekwaam of oneerlik is gaan nog steeds aan , hulle voel nie eers skaam daaroor nie.

Blikke ·

Hulle weet nie wat skaam is nie….hulle dink hulle is geregtig

Spook ·

Nee, jy het dit verkeerd.
Dit is nie wie jy ken of wat jy weet nie, dis wat jy weet van wie jy ken.

Genis ·

Kla ook die ou aan wat hom aangestel het… Hierdie kaders….our people are not corrupt

Shakespeare ·

Slim skelm…gewone kader. Baie slim kader..Baie slim skelm.

Mariana ·

Hoekom kry hy borg, die vent hoort agter tralies maar ja is ook nie verbaas nie. Dis mos darem SA en hier is oneerlikes en korruptes koning.

Jacobus ·

Hy het seker baie lewenservaring en bestuursvernuf. Munisipale besture en howe is in elk geval ‘n klugspul, ôf dan ‘n sirkus, waar die narre gedy.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.