Regsaksie dreig oor RSG-twee se skorsing

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit het die SAUK tot 30 Junie om 15:00 tyd gegee om die skorsing van twee RSG-personeellede op te hef voordat moontlike regsaksie geneem sal word.

Die vakbond tree namens Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, op. Hulle is Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het. Gqubule het volgens berigte ook regsadvies ingewin. Die vakbond het wel ook sy dienste aan enigiemand in die SAUK aangebied.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê indien die SAUK nie aan die vakbond se eise voldoen nie ʼn dringende aansoek in die arbeidshof gebring sal word. Volgens Hermann is die SAUK ook versoek om die volle besonderhede te verskaf oor Krige en Venter se beweerde optrede wat tot hul skorsing gelei het.

Solidariteit eis ook Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se opdrag om nie verslag te doen oor gewelddadige betogings nie, moet onvoorwaardelik teruggetrek word.

Die vakbond voer in die brief, wat aan die openbare uitsaaier gestuur is, aan Motsoeneng se opdrag nie “redelik of wettig” is nie, aangesien dit strydig is met die grondwetlike reg van vryheid van uitdrukking en dit nie voldoen aan die vereiste dat die SAUK eerlik, akkuraat en objektief moet berig nie.

Volgens die vakbond het die publiek ook die reg om objektiewe, onbevooroordeelde en deursigtige inligting te ontvang en joernaliste moet sonder vrees of guns kan berig doen. “Die afgelope paar weke het dit duidelik geword dat die SAUK aktief deel gehad het in optrede wat hierdie regte en verpligtinge weerspreek. Die opdrag wat gegee is, is immoreel en ongrondwetlik en moet onmiddellik teruggetrek word.”

Volgens die vakbond het Krige en Venter in plaas daarvan om die opdrag te verdedig, “gepoog om die grondwetlike waardes ter sprake te handhaaf en is hulle weens hul brawe en morele optrede geskors”.

Die vakbond voer ook aan Krige en Venter is albei nou betrokke by die monitering en verslaggewing oor die opkomende munisipale verkiesing en dit is baie belangrik vir hulle om dus so gou as moontlik hul pligte te hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frans van Dyk ·

Dis tyd dat almal hulle lisensiegeld terughou totdat die korrupte bestuur afgedank word ipv die lede wat net hulle werk reg wil doen. Solidariteit moet ‘n rekening opstel waarin ons die lisensiegelde kan oorbetaal tot die bestuur by SABC reggeruk is.

Nico K ·

Ons moet eerlik wees. Die ou SA was nie anders nie. Daar was ook direkte opdragte van die regering wat uitgesaai mag word en wat nie. Ek het gehoor dat P W Botha sekere verslaggewers persoonlik gebel het as hulle iets oor die TV uitsaai wat nie sy goedkeuring wegdra nie.

Edward ·

Nico.
Dit het dalk gebeur in PW se tyd. Die hele punt was om dinge beter te maak as toe. Om vir die wêreld te probeer wegsteek hoe ongelukkig jou ondersteuners is oor jou vergryp, en vir geen ander rede nie, is krimineel.

Kosie ·

Nico, so wat is die punt wat jy probeer maak? Is dit OK, of sê jy sommer maar net?
Hitler en Goebels het ook dieselde gedoen as die ANC.

Kobus Swanepoel ·

Lisensie gelde weerhou gaan hulle nie pla nie! Zuma en guptas sal hulle finansier met ons belasting geld! Soos wat hulle reeds doen! Ek het nog nooit betaal nie, so is daar baie wat nie betaal nie, en hulle bestaan nog steeds! Sal altyd bestaan! Onthou net EEN ding ” What zuma wants zuma get!”

Anti-Haas ·

Ek betaal al die afgelope 22 jaar geen TV lisensie nie.
Het DSTV en geniet dit baie……..

JC ·

Mooi so Afriforum, VAT HUL VAS! Julle is vir my die enigste organisasie wat werklik baklei vir ons en almal se GW regte, sodat ons land nie in anargie verval nie! HOU SO AAN. MOET ASB NOOIT OPHOU VEG NIE!

Dawie ·

Komaan JC, Afriforum doen baie goeie dinge maar hierdie aksie word deur Solidariteit gedryf.

My opinie ·

Hy word deur zuma beskerm – waarom sal hy hom aan enige wetgewing steur? Niemand van die regerende of eff steun hulle aan enige wetgewing nie

neelsie ·

Anc spog met deursigtigheid, maar agter die skerms word alles (,soos net kommuniste kan,) beheer.
Vryheid van spraak bestaan nie.
Net maar n aanslag teen ware demokrasie.
Hou op om Sabc te ondersteun.
Geen TV of RSG nie.
Luister na PRETORIA FM , n christelike sender in Afrikaans en nuus wat waar is .

Arak ·

Die ding wat my dwars in die krop steek is dat die bestuur en verslaggewers van RSG die afgelope aantal jare uit hulle pad gegaan het om die Afrikaner te verfoei en te verneder, maar nou dat hulle kwansuis met hulle rug teen die muur staan is ons agterlikes weer goed genoeg om vir hulle te stry.

Is dit nie beter dat hierdie mense wat hulle poste by RSG te danke het aan aan hulle haat vir hul eie mense nou maar vir hulself stry nie, of dalk die “Afrikaanses” kry om vir hulle op te staan nie.

Ons is kompleet soos ‘n vrou wat haar man verdedig wat haar gereeld slaan.

Connie ·

Sh!t wat moet ek doen om nie TV Lisensie te hoef te betaal nie. Hulle kry my waar ek ook al gaan. Waar gaan kruip ‘n mens weg? Ek stem. Weerhou lisensiegeld. Ek het nou Feb myne betaal maar sal maar sien wat gebeur volgende jaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.