Regsaksie dreig rakende ‘magsbeheer’ oor kos

Helpende Hand laai vragte kos af in Derdepoort. (Foto: Verskaf)

Regsaksie dreig indien kosverspreiding weens sogenaamde beplande regulasies van die regering gesentraliseer en beheer word.

Die welsynsorganisasie Solidariteit Helpende Hand het Sondag bevestig dat hy reeds ’n regspan opdrag gegee het om voorbereidings te begin tref vir ’n hofgeding indien nodig, sou die regering voortgaan met stappe in dié verband.

“Die onsekerheid hieroor skep tans ’n paniek by die behoeftiges, asook by skenkers en verspreiders. Solidariteit Helpende Hand staan sentrale beheer, oftewel magsbeheer, oor kosverspreiding teen. Sentrale kosverspreiding sal magsmisbruik wees ten koste van die armes en die behoeftiges,” het Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, gesê.

Helpende Hand gaan intussen samesprekings voer met die verskillende owerhede ter sprake om duidelikheid te kry oor hierdie beplande regulasies. Dit raak onder meer ’n mediaverklaring van Panyaza Lesufi, waarnemende LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, ’n skrywe van Emalahleni (Witbank) se plaaslike munisipaliteit en die skrywe in die Vrystaat wat ’n registrasie vereis om kos onder behoeftiges te versprei.

Hannes Noëth van Helpende Hand help om die eerste besending van 2 000 kospakkies Donderdagoggend te versprei. (Foto: Verskaf.)

“Tans word daar ongelooflike verwarring geskep. Die onsekerheid dien glad nie die versorging van mense nie. Die regsadvies wat Solidariteit Helpende Hand reeds gekry het, dui op onregmatigheid in hierdie verklarings en vereistes. Hierdie dringende aksie van Helpende Hand volg ná baie onsekerheid vandeesweek oor bogenoemde skrywes,” het Noëth gesê.

Die vakbond Solidariteit en burgerregteorganisasie AfriForum het aangedui hulle sal regstappe steun en het reeds R100 000 bewillig vir ’n moontlike hofgeding in dié verband.

“Solidariteit steun Solidariteit Helpende Hand se veldtog teen die sentralisering van kosverspreiding, want ons is aan die kant van diegene wat honger is midde-in die krisis,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Ook Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het gesê die burgerregte-organisasie ondersteun Helpende Hand se veldtog ten volle. “Dit is noodsaaklik om te veg teen beheersugtige politici se pogings om selfs tydens ’n dodelike krisis die doeltreffende verspreiding van kos op te offer om hul eie drang na mag en voorskriftelikheid te bevredig.”

Volgens Noëth is Helpende Hand bewus daarvan dat daar regulasies moet wees en toegepas word wanneer dit oor kosverspreiding gaan, maar dit is heeltemal iets anders as magsmisbruik en beheer oorneem van die nieregeringsorganisasies wat behoeftiges voed.

‘n Voorbeeld van die produkte wat in ‘n maand se kospakkie aan ‘n gesin van vier ingesluit word. (Foto: Verskaf.)

“Die gedagte oor sentrale kosverspreiding en -beheer sal die armstes van die armstes erg benadeel. Die regering is nou in ’n posisie vanweë die staat van inperking waar hy eerder nader moet beweeg aan organisasies wat die armes ondersteun, in plaas van om afstand te skep. Ons doen ’n dringende beroep op die regering om ons nie te vervreem in die versorging van behoeftiges nie.”

Toe die staat van inperking ingestel is, het die Solidariteit Beweging sy Krisisfonds van stapel gestuur wat grootliks aangewend word om Solidariteit Helpende Hand se voedingskemas te ondersteun. Besoek www.krisisfonds.co.za om die Solidariteit Beweging se Krisisfonds te ondersteun. Hermann benadruk dat die Solidariteit Beweging se Krisisfonds nie met die regering se Solidarity Fund verwar moet word nie. “Die regering het sy eie fonds met sy eie doelwitte en kriteria. Die Solidariteit Beweging se Krisisfonds is ’n helpmekaarfonds úit die gemeenskap vír die gemeenskap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Kobus ·

Maklik,hou op skenk.Maak dan reeling met dankbare mense om hulle pakkies by ‘n skere punt te gaan afhaal. Lyk my sekere lede van ons bevolking begin dit nou ook as ‘n reg beskou en nie ‘n voorreg nie

capie ·

Hulle wil net met hul anc t-hemde daar staan en mooi lyk vir fotos

Amanda ·

Ek skenk baie graag en doen so gereeld. Die verskil is ek skenk waar ekseker is dit word goed bestuur. Dit kom tog uit my bankrekening en die kos wat geskenk word deur myself gereel. As jy aan n kerk behoort sal jy NOOIT hongerly nie. Vandag voed jy die onbekende en more is dit die persoon wat jou bedreig! Dis goed om vir jou kerk te gee, hulle kanaliseer die skenkings na die regte plekke.

Leeuwyfie ·

Dankie helpende hand vir julle onbaatsugtige hulp. Ek ondersteun julle graag. Ek ondersteun NIE die staat nie. Ek weet helpende hand help my mense. Veg aan.

Rodger17 ·

Dis wat jy dink hulle doen.Vra hulle vir hulp dan sal jy anders oor hul voel gló my

Willem ·

Dis mos so duidelik soos daglig dat ons met kommuniste te doene het – hulle hou van sentrale beheer…

Debbie ·

Dit maak my baie kwaad. Baie hartseer dat politici so magsbehep is. Ek dink hier is verskuilde agendas van politici. Dit is asof daar opsetlike pogings is om haat en verdeeldheid onder Suid-Afrikaners te saai. Iets groots is fout in ons land.

Jerry ·

Ek gee vir my eie mense hoe, wanneer en waar ek wil…. sal nie dat die staat my voorse nie

Rodger17 ·

Jy is 100% reg Jerry!Gee die geld of kos direk in die hande van behoeftige mense.Vermy sogenaamde hulporganisasies dan weet jy verseker jy het n verskil gemaak

Agietjie ·

Ons word vriendelik versoek om ons werknemers te betaal tydens lockdown . Maar, mag ons nie vir hulle help met kos nie? Ondeurdagte optrede

Petrus Johannes ·

Die regerings mense gaan met hul kruiwaens kom en skep.Ek gee kos soos God my aanwys

Cherokee ·

Dit laat my wonder, die trollies wat buite die PnP se betaalpunte staan, waar die kos heengaan wat ons daarin plaas.

TRP ·

Dus koop ek dalk rys ekstra, ry in die buurt rond en kyk of ek ‘n geel lint of strik of iets sien om af te gee.

Deon ·

Dit is belaglik! Ek glo dat dit ons Christelike plig is om ons medemens te help waar en wanneer ons kan. Ek behou myself die reg voor om te kies waar ek wil help. Ek versorg eerstens my eie gesin, daarna familie (geestelike familie ook) en daarna die kring daarbuite. Ek weier om voorgesê te word vir wie ek sal gee. Die regering het presies dieselfde voorbeeld gestel deur te sê dat slegs swart bemagtings-maatskappye gehelp mag word.

Michael 1 ·

Verloor die woord skenk en vervang dit met ruil dan is daar nie meer n probleem nie ,hoekom geld spandeer vir n regsgeding.

Arnold ·

Skenk aan ons eie mense direk en nie aan enige organisasies nie.

TRP ·

Ek wonder nou oor vars produkte wat dalk geskenk word, hoe sentraliseer mens nou so iets?

Marina ·

Dit is so hartseer wat nou hier gebeur. Ek voel, as enige boer dit kan bekostig, om GEEN verspreiding van enige voedsel te doen nie.

AH ·

Dit is so jammer dat ‘n ramp wat almal oor alle grense raak nou uitgebuit moet word deur seker mense. As dit bloot gaan om te sorg dat elke liewe persoon wat honger ly van kos voorsien word, behoort die verspreiding nie so ‘n ingewikkelde proses te wees nie. In meeste gevalle laat rampe mense saamstaan en saam help om dit beter te maak vir ALMAL! Helaas nie in Suid-Afrika nie! Dit laat my hartseer en gefrustreerd voel dat daar so min empatie is vir dié wat Anders as jy is is, hetsy kleur, kultuur of nasie! Almal raak honger, dors, koud, siek en almal se bloed is rooi…….

Agietjie ·

“Onthou jy? ONS het tydens Corona vir jou kos gegee. Nou maak jy jou stem-kruisie agter ONS naam asseblief”

Riana ·

Die ding is net nog n groot onding om blankes te onderdruk. Dit moet met hand en tand beveg word. Ek lees vandag op Thabazimbi se facebook blad dat die polisie 200 kospakkies gevat het wat die kerk reg gehad het vir aflewering. Apsolute diktatorskap wat n geleentheid misbruik vir sy mag.

Oom Hennie Pennie ·

Dankie aan Solidariteit wat ingryp. My raad is hou op skenk en identifiseer behoeftige persone in jou onmiddelike omgewing en gee vir hulle. Niemand kan jou keer om ‘n bord kos vir ‘n vriend te gee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.