Regsaksie kom ná universiteite sluit

Betogings op die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Betogings op die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus (20 September 2016). Foto: Twitter via @afriforumjeug

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, gaan ʼn klasaksie van stapel stuur teen universiteite wat “weens hul versuim en nalatige optrede” daarvoor verantwoordelik is dat die instellings moes sluit en betalende studente moontlik nie hul akademiese program vir 2016 sal kan voortsit nie.

Dit kom nadat talle universiteite hul akademiese bedrywighede heeltemal opgeskort het weens die voortslepende protesaksie vir gratis onderrig op verskeie kampusse regoor die land. Verskeie universiteite, onder meer die Universiteit van Pretoria (UP), die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), die Universiteit van Kaapstad (UK) en die Universiteit van die Vrystaat (UV), het aangekondig hul kampusse is heeltemal gesluit en het studente gevra om die kampusse te ontruim nadat die #FeesMustFall-betogings buite beheer geraak het.

AfriForum het in ʼn verklaring gesê die organisasie het van verskeie bronne verneem universiteitsbesture het, ondanks interdikte wat teen betogende studente bekom is, steeds opsetlik versuim om dié interdikte af te dwing.

“Dié optrede is die direkte oorsaak dat duisende studente buiten finansiële skade, ook ʼn verlies aan onderrigtyd ly. Daar is ʼn wesenlike moontlikheid dat studente vanjaar se studies volgende jaar sal moet voortsit,” het die organisasie gesê.

'n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar 'n toets Maandag, 19 September 2016 deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

‘n Klaskamer by die Universiteit van Pretoria waar ‘n toets Maandag, 19 September 2016 deur betogers ontwrig is. Foto: Verskaf

Volgens die organisasie het AfriForum universiteite by verskeie geleenthede versoek om dissiplinêre stappe teen die geïdentifiseerde belhamels te doen en daardie studente se studies op te skort en hulle toegang tot kampusse te verbied. Universiteite het egter die versoeke geïgnoreer en laat steeds voortgesette geweld op kampusse toe.

“Ons het gesien hoe die geweld op kampusse toeneem en selfs tot die dood van ʼn werknemer gelei het,” het Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale projekkoördineerder, gesê. “Dit is onaanvaarbaar dat universiteite toelaat dat studente aangerand, geïntimideer en geviktimiseer word net omdat hulle klas toe wil gaan. Die universiteitsbesture moet nou verantwoordelikheid neem vir hul gebrek aan optrede.”

AfriForum het reeds ʼn petisie van stapel gestuur, waarby ouers en ander ondersteuners hul besonderhede kan voeg om deel te vorm van ʼn regsaksie teen universiteite waar studente te na gekom is. Klik hier om AfriForum se petisie te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

DD ·

Dankie Afriforum. Weereens kan ‘n mens op julle staatmaak. As enkelma van ‘n betalende tweedejaar BSc student moet ek elke dag toekyk hoe bekommerd my kind is oor die naderende eksamen en toetse en praktiese sessies wat nog nie afgehandel is nie. Ek betaal my maandelikse bydrae aan julle met groot vreugde. Nogmaals dankie !!

TTh ·

Ek vertrou hierdie klasaksie eis sal ALLE kostes insluit vir 2016, klasgelde, petrol geld, koshuisgelde, alle etes, boeke, internet en verlies aan inkomste vir een jaar gebasseer op die eerste jaar na universiteit se markverwante verwagte inkomste plus rente, en voorts ook die saamgestelde rente terug te betaal op 2016 se leningsgelde, plus 10% op die totaal vir pyn en lyding – PER STUDENT. Nou gaan die stomme sotlike regering BETAAL for their people’s actions.

jordaan ·

Die verlies aan inkomste na jou graad van ‘n jaar se verlore studie is nie jou beginsalaris nie, dit is die hoogste salaris wat jy ooit in jou lewe sal verdien, naamlik die laaste jaar voor jy aftree wat jy verloor!

humor ·

Alles het in n walglike slapgattigheid verval.Nie net kom die universiteite hulle verantwoordelikheid nie na nie, maar ook het die ouerkorps en die gemeenskap n taak om te vervul.

Jeanne ·

Ek stem saam met Afriforum hoekom moet daar vir ‘n handjievol opstokers en protesgangers ingegee word. As studente opstaan teen die betogers, is hulle rassisties, maar eintlik is dit jou REG om veilig klas te draf en eksamen te skryf. Van wanneer af mag een groep se REG om te betoog iemand anders se REG om klas te draf wegneem? Dit word heeltemal te maklik aanvaar, Die studente ignoreer enige interdik wat beteken hulle het geen respek vir die reg en howe en geregtigheid nie maar dreig self met ‘n interdik om ‘n ander universiteit te verhoed om ‘n meningsopname te hou? Waar in jou lewe? As jy genoeg geld het om ‘n interdik te gaan kry, het jy genoeg geld om jou studies die jaar nog te betaal. Geld word gemors en meer skade aan universiteite beteken meer geld wat weer daarvoor gebruik moet word, so julle vererger net die situasie deur alles te vernietig en aan die brand te steek.

As die UNIVERSITEITE na die oproermakers luister, behoort hulle ook nou na Afriforum te luister, veral as daar ‘n regsaksie teen hulle ingestel word. Mooi so, hoekom moet ons net stilsit en kyk hoe ander mense alles vernietig en verbrand en die Universiteit was hulle hande in onskuld?

Riaan ·

Hierdie aksies moet teen die topbestuurslede van die universiteite in hul persoonlike hoedanigheid ingestel word en nie teen die universiteit as ‘n regspersoon nie, want anders sal dit in elk geval die betalende ouers en studente wees wat moet opdok vir die skadevergoeding.

leon - Centurion ·

De la Rey het laas jaar in haas aan die eise teen Afrikaans gehoor gegee. Sy het haar rug op Afrikaans en verantwoordelike bestuur gedraai deur haar patetiese optrede. Soos laas jaar voorspel, was Afrikaans maar net die eerste stappie. Ek is bevrees sy en haar bestuur het nie na advise geluister nie. Sy is nou rektor van ‘n disfunksionele Universiteit op pad na rommelstatus. Mag die geskiedenis haar dienooreenkomstig oordeel.

abba ·

Gee die universiteite hel. Hulle het nie die leiding rugraat of integriteit om so n instansie te onderhou nie. Hulle is slapgat en klaar. Eis alle gelde terug wat ouers al betaal het.

J ·

Ek sou sê die eintlike slappes is die minister en president. Die polisie mag nie waag om op te tree nie want dan word hulle optrede as geweldadig afgemaak. Universiteite mag nie eers privaat sekuriteit kry nie dan word dit ook gekritiseer.

Josua Keys ·

Ons was in 1986 ontplooi by die Universiteid van die Noorde( Pietersburg) ons het bo op die geboue se dakke waggestaan, om die perseel voertuig patrollies gedoen sodat die mense in vrede kon eksamen skryf ens. Dit maak nie saak hoe hulle die ou apartheid regering wil slegpraat nie ons het ons werk gedoen en ek kan jou belowe as hulle vandag nog in bewind was sou die gemors nie gebeur het nie. Dit is net asof die huidige regering n vlenter omgee, dit wil voorkom asof hulle dit aanhits want dan kan hulle miljoene rande se belasting geld gebruik vir die kamtige regmaak van geboue wat verwoes was dit was immers gisteraand op televiesie duidelik gestel dat dit die belasting betaler miljoene gaan kos. In die geval moes die regering indien hulle dit regtig wou bekamp het drastiese stappe gevolg het om dit hok te slaan en moes die weermag strategies saam die polisie by elke Universiteid ontplooie om die “Riots” hok te slaan en dit sou die belasting betaler miljoene gespaar het… skuus ek het vergeet dit is hoe n regering optree wat kan regeer!!!!!

LeonR ·

Amen Josua. Kan hierdie skepsels wat china(ja, kleinletter) so aanhang onthou wat destyds op Tjiannenmenplein(hoop dis reg gespel) gebeur het. Nooit maar nooit was daar weer betogings nie.
En hulle het nie eers geboue gebrand of verwoes nie, Que Vadis?

Louis ·

Jy kon dit nie beter gestel het nie Joshua , daai tyd was daar nog orde in die land , nou doen almal net wat hulle wil

Giffie ·

In my dae sou n opstoker en klipgooier net daar langs sy klip geval het….was altyd n kostelikke prentjie WHam!!!!

Stem saam ·

Ek stem saam met Riaan, dit help nie om ‘n eis teen Universiteit in te stel nie……..Dan is dit maar net wéér ons wat betaal. Dis soos om die Polisie of Stadsraad te dagvaar…. Die belastingbetaler is die een wat moet hoes. Stel aksies in teen individue…. Of dit nou die rektor by die Universiteit of die brigadier in die Polisie is – wie ook al die besluit neem of die fout begaan!!!

Sarel Strydom ·

Regsaksie moet die Regering en by name Blade Nzimande insluit. Waar is die MRK want mense se Grondwetlike regte word vertrap.

Elizabeth ·

Ek stem volkome saam dat regsaksie teen die Minister en die hoogste amptenare van universiteite wat kapituleer in hulle persoonlike hoedanighede ingetstel moet word. Ouers kan nie nog hiervoor ook betaal nie. Neem die belhamels in hegtenis en verbied hulle om ooit weer aan enige universiteit te studeer. Hulle is net ‘n las op die belastingbetaler en die belastingbetaler sê nou NEEEEEEE!!!!!

John ·

Dis Afrika-a-a-styl… en hier kom nog meer van dieselfde… maak jul sitplekgordels vas. Die universiteitsbesture soek ook die gratis onderrig. Een van die rektore het self so gese. Hulle wil nie hul poste verloor nie daarom ondersteun hulle die studente. Kyk maar, die wit ouers sal nog meer moet hoes op die ou einde… of so hoop die regering…

Lance ·

Presies wat ek voorspel het …vatso blade hier kom dit nou !

popeye ·

#TheseTerroristsAreKillingMyFuture.
#StandUPtoFeesMustFallHooligans.
#ThereAreTruePeopleThatWillSupportYou
#TakeOwnershipOFYourDestiny
#DontBeSlapgatSkopGat

Carmen ·

Net ‘n regstelling – die universiteit (Tukkies in die geval…) is ‘heeltemal gesluit’ vir die studente, maar sedert die chaos uitgebreek het, word die personeel versoek om op kampus te bly (!) en aan te gaan met hul normale take… wat dit ookal mag beteken. Vandat die aankondiging gemaak is dat die reses die 26ste September 2016 begin, was die personeel van die UP nog elke dag op hul pos. Die dosente is/was ook die laastes om van al die gebeure en verwikkelinge uit te vind. Die studente het meer geweet as die personeel… Praat van skape wat ter slagting gelei word…

Phillie ·

Ek wonder nou net wat is dosente se normale aktiwiteite as daar geen studente is om te onderrig nie

Deb ·

Ek dink TUKS se besluit om die reses vroeër te skuif is immers beter as “indefinitely” gesluit. Maar as ‘n nagraadse student of die TUKS mediese kampus vind ek myself al te gereeld vra “watter protes aksies en ontwrigtinge?” Die Universiteit van Pretoria is heel eerste in die lys, maar ons op mediese kampus word gereeld vertel hoe hierdie verrigtinge geen werklike effek op ons het nie.
Op nagraadse vlak het ons nog geen tyd verloor nie, ons sperdatums bly onverandered, ongeag die feit dat die aanlyn stelsel nou amper still staan omdat almal dit op een slag moet gebruik. En boonop ons word ons toetse en eksamens sommer vroeër geskuif, in plaas van later soos vir ander kampusse.
Miskien moet UP Mediese Kampus gesien word as ‘n aparte entiteit, aangesien algemene bestuurs besluite hulle nie raak nie.

Willie ·

Dankie tog my kinders het klaar gestudeer en is vandag in top poste. Gelukkig toe daar nog orde was. Waar het jy gesien jy gooi die gereg met klippe en bottels. Sluit die Universiteite man!!!!!!! Sluit dit sommer vir 5 jaar.

Alfonso ·

Verklaar n nasionale noodtoestand. Stuur die weermag in met volle wapenrusting om kampusse te stabiliseer. Ons kan mos nie só aangaan nie!

louis ·

Stem saam verklaar ‘n noodtoestand , maar watse weermag het ons tans ? Hulle sal definitief nie die setuasie kan beheer nie

C ·

Alfonso waar kan ons ‘n weermag kry om te huur? Die kostes per dag moet dan ook nie te hoog wees nie, onthou ons land het nie baie geldjies nie, want ons ministers moet goed betaal word.

Herman ·

My dogter het ‘n Bcom, Unisa graad gedoen in bemarking en besigheids bestuur. Sy het die graad deur Damlin, voltyds gedoen. Ons het talle privaat en tuis skole omdat die omstandighede so veval het in ons primere en sekondere skole. Ek voel ons kan in SA ook privaat universiteite oopmaak vir die wat beskaafd is en ernstig is oor hulle toekoms.

Ahooy ·

Die huidige Regering moet meer skuld dra as die Universiteiete. Die Polisie word betaal om orde te handhaaf. Die howe moet die saak verder voer. Maar die enkele kriminele wat gearresteer word, word byna dadelik vrygelaat. Dit sal interresant wees om te weet hoeveel krimineel aangekla is en gevonnis is.
WAT GAAN AAN MET ONS REGSTELSEL!!!!!!!!!!! – N siek land waarin ons woon!

C ·

Baie dankie aan Afriforum dat jul namens ons betalende ouers en hard werkende studente ons stemme laat hoor. Ons ondersteun jul en staan bankvas agter jul met hierdie aksie. Mense kliek op die link hierbo en laat jou stem ook geld as jy regtig omgee vir jou eie of ander se kinders. Ek praat nou van die studente wat wel wil studeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.