Regsaksie kom teen Cele oor ‘ineenstorting’ in Gugulethu

Ian Cameron is die direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society. (Foto: Facebook / Ian Cameron)

Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society, en dié drukgroep gaan vier klagte teen Bheki Cele, minister van polisie, en lede van die Suid-Afrikaanse polisiediens indien nadat Cameron Dinsdag by ʼn gemeenskapsvergadering in Gugulethu in die Wes-Kaap verskreeu en hardhandig verwyder is.

Cameron sal in sy eie hoedanigheid ʼn strafregtelike klag indien teen Cele en die beamptes wat hom “fisiek aangerand” het, terwyl Action Society ʼn klag by die Openbare Beskermer sal indien. Dié klag sal ingevolge die Etiekwetsontwerp vir Uitvoerende Lede en sy gedragskode ingedien word vir Cele se “skandelike optrede, versuim om in goeie trou op te tree en dat hy die geloofwaardigheid en integriteit van sy amp in gedrang bring”.

ʼn Konfrontasie het Dinsdag tussen die minister en Cameron by ʼn gespanne gemeenskapsvergadering uitgebreek waartydens Cele op Cameron geskree het. Toe Cameron nie gehoor gee aan Cele se bevele om te sit nie, is hy glo hardhandig deur polisielede uit die saal verwyder en na sy motor begelei.

Bheki Cele het Dinsdag teen Ian Cameron van Action SA gevaar (Foto: Skermskoot uit eNCA-video)

Dié onderonsie het gevolg kort nadat Cameron die minister tydens sy spreekbeurt oor ’n tekort aan polisiëring en hulpbronne getakel het, asook oor swak ondersoekwerk en opleiding in Gugulethu en Nyanga waar voorvalle van geweldsmisdaad die afgelope paar jaar hoogty vier. Volgens Cameron het Action Society ʼn mandaat van oorlewendes en gesinne van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld ontvang om namens hulle tydens dié vergadering te praat.

Die drukgroep gaan ook ’n klag sal by die registrateur van ledebelange by die parlement indien vir Cele se beweerde oortreding van die parlement se gedragskode in sy hoedanigheid as lid van die wetgewer.

“Ons sal voorts ’n klag by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) indien om die wangedrag deur die lede van die SAPD te ondersoek toe hulle my gewelddadig van die vergadering verwyder en my onregmatig van my reg op vryheid en liggaamlike integriteit ontneem het,” het Cameron Woensdag in ʼn verklaring gesê.

“Action Society sal voortgaan om in te tree en te baklei vir die duisende Suid-Afrikaners wat slagoffers is van Bheki Cele se mislukkings as die minister van polisie.”

Maroela Media het vroeër berig dat Cele se optrede kritiek uit verskeie oorde ontlok het.

Die Vryheidsfront Plus het Cele se optrede ook Woensdag in ʼn verklaring as “skandalig en onaanvaarbaar” veroordeel.

“Dit is tekenend daarvan dat Cele beheer verloor oor homself, die polisie en die bestryding van misdaad. Ongeag die feit of daar moeilike of ongemaklike vrae gestel word, moet veral ʼn minister van polisie gedissiplineerd kan optree juis om ʼn voorbeeld te stel oor hoe daar in sekere situasies opgetree moet word,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Ian Cameron was Dinsdag in ’n konfrontasie met Bheki Cele, minister van polisie, betrokke. (Foto: Skermskoot uit video wat op Twitter gedeel is)

“Minister Cele is nie net aan die mense van Guguletu en aan mnr. Cameron ʼn verskoning skuldig nie, maar ook aan die mense van Suid-Afrika. Ek sal hierdie saak by die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie laat bespreek.”

Groenewald meen die gedrag van ʼn minister wat beheer verloor voor ʼn gemeenskap waar misdaad ernstig gepak moet word, kan nie geduld word nie.

Action Society het opnuut ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul petisie te ondersteun om Cele uit sy amp te verwyder. Dié versoek is selfs deur bekendes, onder wie die aktrise Simoné Pretorius, op sosiale media gedeel. Volgens Action Society se webblad is dié petisie al deur meer as 50 000 mense onderteken.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Petrus Albertus ·

Mooi! Jaag hom tot by oom Daantjie in die kallerhok!

Christine ·

Almal moet sake teen hom begin maak vir misdaad. Hy sal nie weet watter kant toe nie.

Elene ·

Welgedaan Ian Cameron. Staan op vir dié wat nie vir hulself kan opstaan nie. Hierdie greep herhaal in my gedagtes wanneer ek die bevooroordeelde magsgedrag sien in die nuus en ander platforms: “All animals are equal, but some animals are more equal than others.” – Animal Farm

domheks ·

Mooi, ry die ou TUINJONG tot by oom Daantjie se kallerhok!

Mallie ·

Wys hom. Hy dink omdat hy Cele is, is hy soos al die ander onaantasbaar. Hy verkleineer homself en dan wil hy die blaam op ander pak.

Anel ·

Ek sit nou so en terug dink aan ons vorige ministers en aan die statige meneer Louis Le Grange. Lang man, vriendelike man. Ek kan my net nie indink dat hy so moes optree nie!

My siening ·

Ag dankie jy het die guts ons is trots op jou Ian Cameron!

Di ·

Sy uitbarsting is hoogs onprofesioneel! Hy gedra hom alles behalwe soos ‘n Minister! Sies man, en ANC verwag mens moet hierdie tipe respekteer? Wie het in elk geval gese dat hy ‘n “tuinjong” is? DIS hoe iemand hom gedra wanneer persone die waarheid oor hom kwytraak. HY en sy korrupte polisielede moet ALMAL die pad vat. Stel bevoegde mense met die nodige kennis en kwalifikasies aan in hierdie poste wat vir kriminele gegee is. DIS waarom die statistiek die HOOGTES in geskied het en misdaad die land oorgeneem het

absoluut ·

Wens hy was my tuinjong, hy sou verseker meer maniere gehad het en sy plek geken het

Dries ·

Enige iemand is net so sleg soos hy. Dit bereken nie ons moet hom vrywaar nie

Johann ·

Vat so skree bek Madhatter! Jys toe nou nie onaantasbaar nie. Nie dat jy jou gaan steur aan n berispe nie. En ook nie asof jou ewe s.l.a.p…..g…..t Ramanocio jou gaan pos nie? Daarvoor is julle bloot te in mekaar se zirre ingekruip.

Vinny ·

kannie aan ‘n beter naam as MADHATTER gedink het nie, uitstekend!!!!!

piet ·

Behoort ook ‘n klag te le by die MRK met verwysing na die tuin jong uitspraak. Hy impliseer dat Cameron ‘n rassis is.

miche ·

Daar Kon nóg ‘n klagte bygekom het. Een van diskriminasie teenoor tuinjonge.
(My tuinjong het hom nog nooit só swak gedra nie).

Peter ·

Dis reg, moenie skrik vir mr hat man nie, paloeka met ‘n kop vol wind

Piet ·

Cele se geloofwaardigheid en integriteit in sy amp was nog altyd swak, so lank die clown met sy designer hoed die minister van polisie is, gaan kriminele die land aanhou rule, dis mos wat die anc wil hê.

Delia ·

Petisie geteken. Slaap asb oop oë Ian Cameron en mag die Here jou bewaar. Wees veilig jy en jou familie

marius ·

Ellende wag waneer goeie mense toekyk en niks doen teen bose dade nie . Moet vir geen duit terugstaan nie !

Pieter ·

Duidelik verstaan hulle nie ANC politiek en minister aanstellings nie. Van die klagtes gaan dadels van kom. By die ANC word jy minister op grond van steun wat jy vir die president inbring. Van bekwaamheid in jou pos is slegs ‘n handige toeval. Gaan om die party, nie die land nie. Dit is die nuwe Suid Afrika se sogenaamde demokrasie.

Delia ·

Vreemd..dit lyk net nie of enige iemand in die gehoor vir Cameron opgekom het toe SAPS hom uitgeneem het nie

Andries ·

Daar is darem vir hom hande geklap voordat hy uitgesmyt is.

Realis Thailand ·

Tien uit tien vir Ian Cameron ek bewonder hom. As ek daar was was ek seker aangekla vir rassisme as ek dink wat ek hom sou toegevoeg het.
Maar daar sal weer niks van kom Cele is mos royal game.

Kenny ·

Hy was nog altyd arrogant en vol van homself
Hy moet n slag terug grond toe gebring word

Nico ·

Sterkte Ian, wees sterk en wys hom wat die waarheid is. In die sogenaamde apartheids jare sou die minister van polisie nooit so op getree het watse IK het die man.

Gatvol ·

Cameron het opgestaan om namens al die suid afrikaners te praat en die Minister aan te vat. Maar nie een in daardie saal het saam Cameron opgestaan en saam hom gestaan nie. Dit is hartseer dat ons as Suid Afrikaners nie mekaar kan support in sulke gevalle nie

Busy Body ·

Ek is so bly die insident het gebeur. Nou kan die wereld sien watter kaliber leiers het SA. So word daar ook met SAPS lede in vergadering gepraat.. Sekere polisie leiers het n vry se en ons wit en bruin lede word in vergadering voor (veral ons juniors) verneder, sleg gese en op gegil. Dink maar terug na die Oudtshoorn voorval. In Noordkaap is dit ook aan die orde van die dag. Geen etiket en maniere.

ES ·

Hy was nog nooit bekwaam om ‘n minister te wees nie. Kader-ontplooiing is die enigste rede hoekom hy in ‘n posisie van gesag is…

Barney ·

Ek weet ook van ‘n vorige geval waar hy die publiek toegespreek het in ‘n gemeenskap na ‘n plaasaanval waar die man en vrou vermoor is. Toe was hy net so ongeskik met en het mense verskree.

Jack ·

Dit is tog ramaphosa se aanstelling. Wat doen hy of gaan hy dit doodswyg ala zuma.

Johan ·

Cele is n dictator en n krimeneel wat veronderstel is om in die tronk te wees vir huur bedrog wat hy gepleeg het toe hy poliesie kommissaris was waarvoor hy afgedank was maar die verleentheid was te groot vir die ANC om op daai stadium met twee poliesie kommissarisse in die tronk te sit en duidelik weet hy te veel van Zuma en nog meer van Ramaphosa om van ‘n disgrace Poliesie kommissaris met afpersing tot minister bevorder te word daar hy gister weer hom self bewys in die Oos Kaap by daai kinders se begrafnis wou al die aandag op hom he gaan aan of hy ‘n film of ‘n sport ster is nou tavern tavern hy en Ramaphosa en groot oor drank plaas hulle druk vir uitslae van die oorsaak kan amper 100% se nie drank die oorsaak nie maar moontlik gas van ‘n genarator of gas verwarmers in die gebou en groot oorsaak LOADSHEDING

Andries ·

Nou weet almal: Cele is te useless om ‘n garden boy te wees.

Jacobus ·

Ek salueer jou Ian Cameron om op te staan vir menseregte in hierdie vergadering. Cele het seker verlang na n pik en graaf toe hy die man speel, ipv die bal.
Jy is aangerand en onwettig hanteer. Looi hom met die boek.
Wat ek wil byvoeg hier, sal nie goedgekeur word nie.

Maritza ·

Ek dink die res van die wereld lag lekker vir ons. Hoof van polisie gedra hom soos ‘n kind

Piet ·

Cele se optrede was onvanpas en sommer heeltemal van die punt af ook.
As jy dink ‘n “spook jaag jou” is dit heel moontlik so.
Die man huil oor sy verlede terwyl die mense vir wie hy “geveg” het nogsteeds op ‘n ander manier vasgevang is, en dit op sy (Cele) se horlosie……..
Nie die eerste keer wat dit gebeur met moeilike vrae nie, hy’t ‘n paar jaar terug in Normandien sy humeur teenoor ‘n boer ook verloor wat hom baie billike vrae gevra het.

john ·

Ek het die vidio materiaal gesien ndit is n skande hoe Cele optree hy moet uit

gpsa ·

Wens die dag wil kom dat hulle besef wat saak maak is nou, nie 30 jaar terug nie. Niemand wil sy lewens verhaal hoor nie, hulle soek aksie.

Ria ·

CR het al geleentheid gehad om hierdie swaap te fire maar hy het nie. Dus keur hy per implikasie sy optrede goed
Cele het nou lEr gedaal as slangbollie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.