Regsaksie oor Kubaanse ingenieurs gaan voort

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu (Argieffoto: GCIS)

Solidariteit gaan voort met regsaksie nadat die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie versuim het om sy voorneme na te kom om ʼn alternatiewe voorstel in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs voor te lê.

Maroela Media het vroeër vandeesweek berig die organisasie het Maandag met die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie vergader oor die invoer van Kubaanse ingenieurs, ten duurste, om Suid-Afrika met sy waterprobleme te help.

Minister Lindiwe Sisulu se span sou glo teen Woensdagmiddag ʼn voorstel maak om die dispuut te probeer ontlont. Die voorstel is teen Donderdagoggend nog nie voorgelê nie.

Solidariteit sê nou die departement laat hom eenvoudig met geen ander opsie as om met regsaksie voort te gaan nie.

“Nadat ons in goeie trou, op hulle versoek, vir hulle die vergunning toegestaan het om vir ons ʼn alternatief voor te lê, het hulle gewoon niks gedoen om hierdie plig na te kom nie,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Volgens Hermann sal die organisasie se hofstukke eersdaags beteken word om die saak in die hof verder te voer.

“Daar is geen regverdiging daarvoor om Kubane in te voer – en dit boonop vanaf ʼn land met ʼn powere water-infrastruktuur – terwyl daar Suid-Afrikaanse vaardighede beskikbaar is nie. Die kern van die probleem is ʼn totale disrespek vir vaardighede en die private sektor in Suid-Afrika,” meen Hermann.

Maroela Media het vroeër berig Sisulu het uitgevaar teen kritiek oor die besluit om Kubaanse ingenieurs te gebruik om Suid-Afrika met sy waterkrisis te help. Sy het toe gesê die Kubane is nie hier vir indiensneming nie, maar om munisipale amptenare te mentor sodat werk geskep kan word.

Die koste van die 24 Kubaanse ingenieurs beloop sowat R65 miljoen – en dít terwyl Kuba self probleme met sy waterinfrastruktuur ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Genis ·

Hoe kom hulle die land in? Dis dalk hoekom die Indiesie variant skielik hier opduik?

Blikkies ·

Genis, ek het verneem op n ander sosiale platform Facebook dat hulle alreeds twee weke terug in SA aangekom het. Ek sal nie verbaas wees as dit die waarheid is nie.

Kirst ·

R2,7 miljoen per ingenieur gemiddeld! En hulle het geen kennis van plaaslike omstandighede, regulasies en standaarde nie. Die ANC het geen skaamte nie.

Zacahara ·

Ek dis ‘n klap in die gesig vir die kundiges wat ons reeds het, sommige met meer ondervinding wat daardie Kubane ooit sal droom om te hê!! Dan wonder ek hoe die kommunikasie-gaping oorkom sou word: gaan vertalers nou den duurste aangestel word? Onthou, dis nie gewone taal wat hierdie mense praat nie: dis ingenieursterme!! Wat ‘n mors van geld!!

koos10 ·

Kirst, eerder R2,5 mij per ingenieur wat aan Kuba betaal word (die ANC se bondgenoot gedurende die apartheid stryd en die Bosoorlog), en R200 000.00 aan die ingenieur (miskien, want iemand in SA se hand moet seker ook nog gevul word).

Anel ·

Hulle is nou al hoe lank hier en wat se verskil het hulle al tewee gebring? In Koster het dit REGTE ingeneurs om en by twee weke geneem om die gemors op te klaar, as ek dit nie mis het nie. Nou wat het hierdie lot Kubane nou al gedoen? Net soos hulle kamtige dokters. Hierdie Sisulu moet in haar privaat hoedanigheid aan gevat word. Dalk, as dit aan haar sak begin vreet kom sy met die waarheid uit. Net soos die een wat die dokters in gebring het. Hierdie land trek geen voordeel nie maar ons moet vir hulle geld gee. Jammer, maar dit werk nie meer so nie. Hier is genoeg kundige werklose mense van alle rasse om die werk te doen.

Vernon ·

Hulle skuld hulle “struggle” boeties..dis waarom die sigaar lotte hier is!!

Rian ·

Jy het geen benul waarvan jy praat nie. Ek wag vir die dag wat jy in n staatshospitaal opgeneem word.

Jaco ·

‘n Hof wat deel is van die ANC-regering se departement van justisie gaan natuurlik ten gunste van Afriforum uitspraak lewer. Afriforum moet eerder die geld wat hulle op dié sinnelose hofsaak uitgee, gaan uitgee op ander werkskeppingsprogramme vir o.a. werklose ingenieurs, kospakkies vir arm wit mense ens ens.

Maalstroom ·

Lindiwe se verlede is gekenmerk deur swak besluite en keuses. Lees maar in Wikipedia daaroor onder haar ‘Controversies.’

Sy was byv. Jacob Zuma se assistent in sy intelligensie-rol in die ANC.
Haar regsverteenwoordigers was verbied om te praktiseer.

Sy lyk soos ‘n gewillige handperdjie van die ANC se selfverrykings-strateë, Zuma en Ace.
Dit lyk of sy nog nie begin insien het dat die regerende party se aanwending van belastinggeld tot voordeel van ‘almal,’ ook die hele publiek wat belasting betaal, sowel as nie-ANC-lede moet wees nie. Want al die hande, koppe en monde dra by (hopelik) tot die ekonomiese groei van die land.

Met haar eie buitelandse akademiese agtergrond, is sy is self ‘n sprekende voorbeeld van ‘n ingevoerde produk wat die land teveel kos en geen kundigheid toevoeg wat kan bydra tot Suid-Afrika se vooruitgang nie.

Ek is seker dat Zuma vir Lindiwe (en ook vir Jessie Duarte) met ope arms in Nkandla sal verwelkom om sy konkeling-kundigheidsvlak ‘n hupstootjie te gee.

Anel ·

Kan in elke geval nie verstaan hoekom daar nog nie beslag gelê is op Nkandla nie. Wonder wie betaal nou die paaiemente en onderhoyd? Seker maar ons!

Kosie ·

Sisulu sal die land sink solank sy nie witmense hoef te gebruik nie, o sorry onkundiges soos sy het dit alreeds gedoen.

Jannie van Niekerk ·

Die ANC sal onbekwame en swak opgeleide dokters en ingenieurs inbring van derderangse en agtertangse lande soos Kuba. Solank hulle net nie hoogs opgeleide en vernuftige wit Suid Afrikaners hoef te gebruik nie. Rampspoedphosa se mos bie verniet dat daar is nog te veel wit mense in die ekonomie nie.

Pieter ·

Los die hof kom met n plan om die ANC se geld krane toe te draai. Dit is ons belasting geld wat die siek ANC kommuniste so mors dit is hoekom dit hulle nie pla nie. As daar nie geld is om te mors nie dan moet hulle self maar betaal. Praat help ons net mooi niks.

Blikkies ·

Sy het mos nou klaar op ‘n ander nuus kanaal gese, Die gekwalifiseerde Ingeneurs in hierdie land wat wit is sal nie aangestel word nie, Want hulle is wit……Dit maak van haar ‘n Opperste Rassis teen die wit man. Sy verkies eerder laat dom mense die land afbreek voordat sy ‘n wit man se kennis sal inspan. Wat meer moet gebeur om die wereld te wys hoe Rassisties is die ANC regering en hoe mense op grond van hulle velkleur onderdruk word.

LANA is ELANè ·

Hierdie vrou is so moedswillig en sy sal haar besluite willens en wetens nie laat omkeer nie, hopenlik kan die Arbeidswet dit keer, maar ons sal maar sien. Sy hou nie van slimmense nie, ongeag ras, geslag of kleur, slimmense laat hulle nie intimideer om na haar pype te dans nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.