Regsaksie oor Kubaanse ingenieurs nié teruggetrek

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu (Argieffoto: GCIS)

Solidariteit het nié sy beplande regsaksie teen die departement van menslike nedersettings, water en sanitasie in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs onttrek soos minister Lindiwe Sisulu beweer nie.

Die vakbond beplan inderwaarheid om sy regsaksie te “verskerp”.

Sisulu het Vrydag in ’n verklaring gesê sy verwelkom Solidariteit se besluit om sy regsaksie teen haar departement terug te trek. Die minister sê voorts sy beskou dit as ʼn positiewe stap wat verdere interaksie moontlik maak soos aanvanklik beoog is om ʼn gemeenskaplike grondslag met al die betrokke partye te vind.

Anton van der Bijl, hoof van regsdienste by Solidariteit, het egter Saterdag aan Maroela Media gesê die vakbond het hoegenaamd nié sy regsaksie teruggetrek nie.

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Solidariteit sou eerskomende Dinsdag in die hof wees om ʼn interdik teen die minister se planne vir die invoer en ontplooiing van Kubaanse ingenieurs te bekom.

Volgens van der Bijl is die saak bloot “by ooreenkoms” van Dinsdag se hofrol geskrap nadat die minister in haar hofstukke verskeie openbaarmakings gedoen het wat teen Dinsdag aan die publiek bekend gemaak moet word.

Van der Bijl sê hoewel die saak nie dán in die hof aangehoor sal word nie, dit allermins beteken dat regsaksie nie voortgaan nie. “Ons beplan eintlik om ons regsaksie te verskerp.”

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit meen daar is geen regverdiging daarvoor om Kubaanse ingenieurs ten duurste in te voer om Suid-Afrika met sy waterprobleme te help nie terwyl daar wel Suid-Afrikaanse vaardighede beskikbaar is.

Die minister hou vol die Kubane is nie hier vir indiensneming nie, maar om munisipale amptenare te mentor sodat werk geskep kan word.

Die koste van die 24 Kubaanse ingenieurs beloop sowat R65 miljoen – en dít terwyl Kuba self probleme met sy waterinfrastruktuur ondervind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Vrijburger ·

Streep in die grond, die Kubaanse invoer snert moet ophou.

Wielspore ·

Ons vorige regering het in die jare 80’s dieselfde gedoen deur Amabagsmanne van Engeland en Poland in te voer.

Groen Ghoen ·

Ons hou duimvas, Solidariteit! Staan sterk teen die ANC se drogredenasies – dit is net julle wat nog dade by die woorde voeg, die res blaas maar net warm lug.

Althes ·

Ons maak staat op Solidariteit se volgehoue druk op die regering vir die vermorsing van belastinggeld op Kubaanse ingenieurs terwyl SA met die kundigheid sit.

Jannie van Niekerk ·

Dat ‘n minister nou so lekker kan lieg…tipies ANC. Die ergste van alles is dat ‘n eerstejaar vakleerling in SA hoër gekwalifisserderd is as ‘n Kubaanse Ingenieur. So ook ‘n Graad tien leerder in ‘n tegniese skool.

Rian ·

Dit is n wilde stelling. Ek neem aan jy het bewyse daarvoor?

Wielspore ·

In 1985 het ek my ambagstoets as Elektrisien geslaag nadat ek opleiding by Yskor Newcastle ontvang het. Ek het nie ‘n aanstelling gekry omdat Yskor Newcastle te veel ambagsmanne gehad het en is ‘n keuse gelaat om by Yskor Vanderbijlpark te gaan werk of werkloos te wees. Die rede hiervoor was omdat die regering en Yskor Ambagsmanne van Engeland en Poland ingebring het.
Wat maak hierdie aangeleentheid anders as in my tyd, buitelanders kry voorkeer bo Suid Afrikaners.

Samuel ·

Jy is heeltemal korrek, Wielspore. Ek onthou hoe my pa destyds van bevordering beroof is toe ambagsmanne van Brittanje ingevoer is. Dit onder die NP regering. Pffft

gatgogga ·

Nie nodig om dit terug te trek nie.
Die howe sal dit uitstel, uitstel,………….

Samuel ·

Kaders skep aan beide kante van die rivierstroom. SA belastingbetalers word goed gemelk. Hoop Solidariteit se regsaksie gaan suksesvol wees. Skande dat die amptelike opposisie niks doen nie.

Bushy ·

Wit of Swart, maak nie saak, meeste politieke leiers, tans en soos in die verlede is korrup en soek net mag om hul eie ego’s op te blaas en hulle eie belange te bevorder. En vir die meeste van ons, ons is soos n trop skape wat net loop en bler, meh-meh-meh-meh.

Nico ·

Hoekom word die saak nie in die hof aangehoor nie, gaan dit agter geslote deure gehou word, hoe gaan die breë publiek weet wat aangaan. Die saak is uit die hof gegooi, wie praat nou die waarheid Solidariteit of die minister, gaan hierdie saak ‘n stille dood sterf.

Jack ·

Uitgbreide kader netwerk wat geen voordeel maar besliste nadeel vir die land inhou wat reeds op papier nader aaan insolvensie beweeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.