‘Regse bevelvoerder’ vas oor beweerde komplot, ammunisie

Die Wellington-landdroshof. Foto: Skermskoot/Google Maps

ʼn Vyftigjarige man van Wellington in die Wes-Kaap is deur die Valke in hegtenis geneem aangesien hy glo deel was van ʼn beweerde komplot om geweld te pleeg.

Izak Gerhardus Visagie (50) is volgens die Valke die bevelvoerder van ʼn regse groep. Hy is Donderdag by sy huis in Wellington in hegtenis geneem na ʼn klopjag deur lede van die Valke se eenheid wat misdade teen die staat ondersoek en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.

Visagie het Vrydag in die Wellington-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die aanklagte teen hom is vir die beweerde onwettige besit van ammunisie en die beweerde komplot. Hy moet weer op 9 September in die hof verskyn.

Volgens Nkwalase het die polisie inligting oor die beweerde komplot om geweld te pleeg opgevolg, wat hulle na Visagie se huis gelei het.

“ʼn Deursoek-en‑beslagleggingsoperasie is uitgevoer en die lede het op lewendige ammunisie wat in ’n sak verpak was, beslag gelê.”

Nkwalase wou nie die naam van die beweerde regse groep bekend maak of meer inligting verskaf oor die beweerde komplot om geweld te pleeg nie. Volgens hom sal die inligting in die hof uitkom en is die ondersoek in die verband steeds aan die gang.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Faan ·

Seker oor telefoon/selfoon/SMS gekommunikeer… mense besef nie die kommunikasielyne is nie geënkripteer nie en met RICA weet die valke presies wie wat sê.

Rubber ·

Het seker n 9mm patroondoppie in sy besit gehad en ‘n ou SA vlag. Gevaarlik sê ek. ????????????

piet piet ·

Ou afrikaner manier kan nie saamstaan en moet altyd sy broer in die rug steek om punte te verdien by die vyand.

leser ·

“lewendige” ammunisie, waarvoor sal jy “dooie” ammunisie aanhou as jy jouself en of familie wil beskerm ????
waar moet ek dan my ammunisie bere, afgesien in ‘n kluis, ek kan dit nie net laat rondle nie

Jake ·

Janee weer ‘n wit pel wat besluit het om sy wit maat wat voorberei vir selfverdediging te gaan aangee. Dis maar net weer wit op wit.

Wilna Scholtz ·

Ons mense is so gou om mekaar weg te gee, wonder wat kry die verraaiers daarvoor? Sies

Pieter ·

Wens hulle wil so gou die klomp vang wat die plaas boere so uit moor

Marius J. Van Staden ·

Wys net weereens dat die Blankes eerder mekaar sal vertrap as om Saam Te STAAN. Wat het geword van ONS LAND SE LEUSE EENDRAG MAAK MAG?

TDW ·

Daar is sekere mense wat geplant word in organisasies. Goeie voorbeeld daarvan is ‘n man wat meeste mense ken, sy van rym met Porche. Lees bietjie op waar hy vandaan kom. En ook sommer wat die organisasie waarvoor hy werk al ooit beteken het vir enige iemand.

Frikkie ·

“Beweer beweer beweer”. Mense word gearresteer en gedagvaar om in die hof te verskyn op bewerings maar mense teen wie daar bewyse is word nie gearresteer of aangekla of gevonnis nie…

Jannie van Niekerk ·

Nou mors die polisie hulle tyd op sulke nonsens in plaas daarvan om plaasmoordenars en aanvallers aan te keer. Wat se bedreiging kan een enkelke regse persoon nou inhou vir ‘n regering wat plaasmoorde, plaasaanvalle en misdaad goedgesind is?

Boet Fasie ·

Hulle kan ‘n witman so vinnig vang , maar hulle stuur die weermag om die bendes in die Kaap te vang en daar gebeur niks, kan nie eers die mense vang wat vir plaasmoorde verantwoordelik is nie, maar daar is die slagoffers mos wit en van geen waarde.

Zukof ·

Ek is so siek vir die handsoppers en die liberale uitskydings in die Afrikaner gemeenskap wat met oogklappe round loop.

Swannie ·

Dit sal nie gebeur nie omdat die wet hom beskerm.

Die persoon wat Cliffie Barnard destyds verraai het, het R
250 000. 00 rand gekry en woon vandag in `n klein dorpie en alhoewel almal weet wie hy is, mag sy naam nie bekend gemaak word nie.

Wys jou net dat een witman `n ander maklik sal verraai vir `n paar oulap.

anton ·

Dit is presies hoekom ons volkie so patteties is en sal altyd wees!!!
Ons moenie wonder hoekom ons is waar ons is nie.
Die wie nie ons eie verraai nie, het gestem vir ons ondergang!!!

Swanna ·

Ja, Siener het gesê ons sal mekaar veraai om in te wees. Sy eige mense het hom gaan verklap waar hy dalk die verkeerde opmerking gemaak het.

Kokkie ·

Borgtog van R1 000! Dit klink nie vir my of die ou te ernstig oortree het nie.

Jacques ·

Bevelvoerder sonder troepe.
Chuck Norris miskien……?

So nie is dit ‘n klug.

Marius J. Van Staden ·

Praat jy my maat. Hoekom WORD HULLE NIE OOK VERVOLG NIE?? AS ENIGE IEMAND MY DIT KAN VERDUIDELIK SAL EK DIT BAIE WAARDEER. WAAR TREK DIE REGERING DAN NOU DIE STREEP

piet piet ·

Hulle split nie op mekaar nie en gun die son om oor hulle volk en mense te skyn.

Adrian ·

En wat van die terroriste wat elke dag treine, vragmotors en geboue aan die brand steek

J ·

Klink nie vir my juis nuuswaardig nie, net n boehaai oor ou wit is

Ariejan ·

Met toegewyde sport en jagters status mag ek soveel ammunisie aanhou as wat ek wil…. Hulle sal my as die fuhrer uitmaak as hulle my kluis sien. LOL hulle sukkel om n korrupte te vang met swart op wit bewyse maar hulle kry n “Regse bevelvoerder” onder elke bos….

Charmain ·

Ai tog. Die ou deuntjie van Afrikaners kan nie saamstaan nie is werklik uitgedien. Ons is denkende, passievolle mense en elkeen geregtig op ons mening en assosiasie. Net soos in enige ander deel van die wereld en met ander bevolkingsgroepe, niks uniek aan Afrikaners wat meningsverskille het nie. Kom ons werk aan ons emosionele intelligensie voor ons daardie geykte deuntjie sing.

wet ·

Ek’t al menigmaal gehoor van hoe witmense mekaar gaan aangee wanneer hulle rassisme in ‘n ander blanke persoon optel. Dis nou of die ander ou gefrustreerd en moeg is of nie. By CTM in potchefstroom het die persoon selfs die ander ou agtervolg om te sien waar hy bly voor hy hom gaan aangee het by die polisie. So dit het eintlik niks met emosionele intelligensie te doen nie.

Dries du Toit ·

Mooi woorde Charmaine.So ons kan nou maar vir Hofmeyr uitlos sodat hy sy mening sonder sonder veroordeling kan lug.Dit IS mos wat jy sê,nwn?

Grysburger ·

En wanneer sien ons arrestasies vir afvuur van wapens by politieke byeenkomste en begrafnisse ?

Jan ·

Die moslems en ander oosrerse volke verrai nie mekar so maklik nie.dis hoekom amerika nooit in vietnam of afghanistan en so aan kon of kan wen nie.omdat daardie volke kan saamstaan soos een man…

piet piet ·

Ek verbaas my partykeer vir die afrikaner volkie ,kla baie ,doen min ,stem vir politieke partye wat teen hulle diskrimineer en skroom nie om hulle vriende en familie te verraai vir minder as n.bakkie lenie sop nie ,hoekom?

Helizna ·

Ons dink hiermee aan Isak en sy gesin en bid vir Vader se beskerming teen die Afrikaner wat hy so mooi gedien het.

Willie ·

Plaas skiet hy met n automatiese geweer in die lug, dis minder van n misdaad? Nie vervolgbaar nie…

Heksie ·

Wonder wie het oom Visagie verraai … kan net weer een van ons eie mense wees …
Die rede hoekom ons ou volkie sit waar ons sit, te veel verraaiers onder ons!

Attie. ·

Ek het ‘n paar patrone van verskillende kalibers. Ek het dit om met mekaar te vergelyk. Moenie die valke daarvan vertel nie….groot asseblief.

Magda ·

Dis ons probleem -Wit mense gun niemand die son nie. Werk vir n Wit eienaars maatskappy en glo MY ek weet waarvan EK praat.

Oom Jan ·

“Komplot om geweld te pleeg”? In plaats daarvan dat die Valke ook aandag gee aan diegene wat deurentyd geweld pleeg, en waarvoor hul die Weermag moet inroep, asook aan diegene wat uit die voortslepende misdaad profiteer (soos die Staat self). Verseker is daar steeds tenminste een uit elke vier mense wat hul die mense sal uitverkoop vir ‘n paar rand.

chrisi ·

‘n slangboer kan handig te pas kom, – kyk die fliek…. of lesse kan by een van die Russiese adelstand geleer word….

Daryll Park ·

5 Rondtes wat oor gebly het van jou diensplig dae in ‘n ou Trust Bank Sak is NIE netjies verpakte ammunissie om ‘n burger oorlog te begin nie Libtards! Tsek!

Daryll Park ·

GENERAAL… wat is die plan? Gaan jy die kabinet vra om logiese vrae te antwoord, en hulle daarby te verwar en straks die ekonomie red???

Johann ·

Weereens iemand wat opgesit is vir vervolging en dan praat die paddaman vannaand op die nuus oor gelyke beriggewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.