Regsfirma het R174 000 gekry vir Life Esidimeni-kontrak

Die departement van gesondheid het R174 000 aan die regsfirma betaal wat regsadvies gegee het om die Life Esidimeni-kontrak vir psigiatriese pasiënte te kanselleer.

Dié besluit het tot groot trauma en die sterftes van minstens 144 pasiënte gelei wat gesterf het nadat hulle na onvoldoende fasiliteite geskuif is, het Jack Bloom, DA-LP, Woensdag gesê.

Volgens Bloom het die Gautengse departement van gesondheid Dinsdag dié inligting bekend gemaak in reaksie op sy vrae in die provinsiale wetgewer.

“Volgens die repliek het Ngcebetsha Madlanga Attorneys (NMA) aanbeveel dat ses maande kennis gegee moet word om die kontrak te beëindig kragtens die diensvlakooreenkoms met Life Esidimeni. Hierdie eenvoudige regsadvies het ʼn buitensporige bedrag geld gekos en die departement se eie regskenners kon dit hanteer het. Dit is beslis verdag dat NMA getaak is hiermee, asook ander werk wat beteken het dat dié firma tussen Oktober 2014 en September 2017 altesaam R103 miljoen betaal is.”

Hy het gesê NMA is ook gebruik om die twee hofaansoeke, wat ingedien is om die oorplasing van die pasiënte na nieregeringsorganisasies te verhoed, teen te staan. Die firma was ook die persoonlike prokureurs vir die voormalige LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, voor sy ontbied is om by die Esidimeni-arbitrasieverhoor te getuig.

“ʼn Ontstellende verbintenis laat my dink sy het hulle onregmatig voorkeur gegee om seker te maak dat hulle baie werk van die departement kry,” het Bloom bygevoeg. “Die groot rekeninge deur NMA moet deur die Prokureursorde ondersoek word sodat die geld teruggekry kan word indien te veel gefaktureer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marinda ·

And exactly what did they achieve by the advice given? A lot of pain, suffering and loss, not only for the patients, but their family members.

GM ·

Marinda, moenie die belastingbetalers vergeet nie. Hulle gaan immers vir die katastrofe betaal.

Alida ·

Is die betrokkenes al aangekla vir moord? Die hele spul hoort in die tronk.

daniel ·

saam met die families wie hulle on n inrigting gestop en afgeskryf het totdat hulle in die hof op kamera kon tjank en geld kry.

M ·

Daniel, dink weer. Nie almal is in staat om na ‘n familielid met spesiale behoeftes om te sien nie. Wat as jy moet werk en nie ‘n oppasser kan bekostig nie? Wat as dit ‘n gemoedsversteuring is wat veroorsaak dat die persoon ‘n gevaar vir homself of ander is?

Belinda ·

Al wat ek baie graag van die hele storie wil weet is as die mense dood is van die honger na WIE het hulle pensione gegaan dit moes mos sorg vir die kos om hulle te voed!!!!
Almal betrokke is baie siek mense ek wil ook weet hou hulle in hulle poste of is hulle gevonnis vir moord of is hulle gefire?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.