Regsfirma sal bewerings teen Makwakwa ondersoek

Jonas Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Foto: http://www.sars.gov.za/

Jonas Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Foto: http://www.sars.gov.za/

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag gesê ʼn onafhanklike internasionale regsfirma is aangestel om bewerings teen die geskorste SAID-amptenaar, Jonas Makwakwa, te ondersoek.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die maatskappy Hogan Lowels sal die ondersoek behartig.

Maroela Media het vroeër berig Mkwakwa is Donderdag geskors hangende ʼn ondersoek na “verdagte en ongewone betalings” van altesaam R1.2 miljoen, wat tussen 2010 en 2016 in sy persoonlike rekening inbetaal is.

Volgens Memela is Tom Moyane, SAID-kommissaris, tans in gesprek met die direkteur van die finansiële intelligensiesentrum (FIC) oor die sentrum se mandaat om die SAID by te staan en te lei in hul ondersoek na die bewerings.

“Moyane het Maandag tydens ʼn kort vergadering met Pravin Gorhan, die minister van finansies, die gebrek aan samewerking van die FIC in hierdie verband met hom bespreek. Die FIC rapporteer direk aan die minister van finansies,” het Memela gesê.

“Die kommissaris het gedetailleerde inligting oor die verloop van gebeure aan die minister oorgedra. Die besluit is geneem om mnr. Makwakwa onmiddellik te skors. Die SAID sal die behoorlike proses volg in die ondersoek na hierdie ernstige bewerings.”

Mamela het gesê Firdous Sallie en Tau Mashigo is aangestel om die verpligtinge van Makwakwa oor te neem. Sallie is aangestel as waarnemende hoof vir sake- en individuele belasting, terwyl Mashigo sal waarneem as hoof van digitale inligtingsdienste en tegnologie. Die aanstellings sal onmiddellik in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

bobbo ·

Hierdie mense is soos magnete!! Baie hard om hulle te verwyder.

jaco ·

Die Internazionale regsfirma zal omtrent diezelfde vir hulle onderzoek vra as die bedrag wat die man verduister/gesteel het. Is regstellende aksie nou SO erg dat niemand in SA dit kan onderzoek nie? En wat as die internasionale onderzoekers almal wit is?

Gerd Lourens ·

Beskik die Ouditeur-Generaal se personeel dan nie oor die nodige kennis om die tipe ondersoeke te doen nie?

Of word die OG nie vertrou nie?

Liewe heksie ·

Omw ondersoek die bewyse is daar en hkm word die girlfriend se naam nie genoem nie of sit sy nogsteeds in haar stoel op SARS se perseel en try gou vinnig goed onder die mat invee hy kry die salaris en steeds help hy homself uit die koekieblik oooo regstelende aksie sorry

JoeV ·

Mens moet vastel wie kry kommisie op die aanstelling van die ondersoek span.

Anoniem ·

Briljante plan om ‘n internationale regsfirma te kry om die saak te ondersoek. Dan is daar ‘n beter kans dat ondersoek onpartydig en deeglik gedoen word. En die internasionale regsfirma kan nie van rassisme beskuldig word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.