Regsfonds om munisipaliteite, Nersa te laat pa staan vir Eskom-skuld

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het ʼn uitgebreide strategie bekend gemaak oor die meer as R10,2 miljard se Eskom-skuld “wat onskuldige Suid-Afrikaanse burgers benadeel”.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, het gesê AfriForum volg ʼn tweeledige strategie, waarvan die eerste gemeenskapsmobilisering insluit, deur landswye protes aan te moedig, asook petisies gerig aan elke munisipale raad se speaker. Die tweede is ʼn regstrategie, waarby die burgerregtewaghond meer druk op Nersa plaas om sy verpligtinge kragtens wetgewing uit te voer, wat insluit dat munisipale lisensies teruggetrek word. AfriForum sal ook die howe nader om die publiek se grondwetlike regte te beskerm.

Hiervoor skep AfriForum ʼn regsfonds waartoe gewone landsburgers kan bydra om ʼn verskil te maak en munisipale amptenare tot verantwoordbaarheid roep. AfriForum het reeds byna R1 miljoen bestee aan die regstryd en gaan afhanklik wees van elke Suid-Afrikaner se hulp om hierdie stryd verder te voer.

Volgens Pawson het Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, Eskom oorreed om die afsny van elektrisiteitstoevoer tot en met 31 Januarie 2017 te staak omdat dit ʼn ekonomiese ramp vir kleiner dorpies sou inhou.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het verder ook ʼn sterk boodskap aan munisipaliteite gestuur om hulle diensterekeninge te betaal en simpatiseer met landsburgers wat sonder elektrisiteitstoevoer gelaat word.

Lede van die publiek kan AfriForum help om die regering tot verantwoording te roep. Klik hier om skenkings tot die veldtog te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ronel ·

Eskom moet bloot net beslag kom lē op munisipale eiendom. Ons as publiek betaal maand na maand of koop voorafbetaalde krag. Nou kom sê Kroonstad se baie slim munisipale bestuurder dat die droogte die skuld kry vir hulle(Moqhaka) wat agter geraak het met betalings aan Eskom. Absolute twak. Ons geld word spandeer aan peperduur voertuie. Spandabelrige partytjies en vele ander onnodige uitgawes. Ons dorp val uitmekaar! Wie sal ons tog kom red…

Kobus ·

Presies hier in Vryburg die geval…Ronel…Ek het in die verlede baie kommentaar op hierdie platform gelewer aangaande bogenoemde….Ons getroue betalers( voorafbetaalde meters)moet nou die spit afbyt asgevolg van wanbesteding deur die hele munisipale leierkorps…dis om van naar te word om die “grand” karre te sien waarin die mense ry…maar Naledi skuld R 232 miljoen vir Eskom.

zoom zoom ·

Die ANC gaan die geldwa ry totdat daar niks meer is nie. Die geld moet vehaal word van die betrokke bestuurders en van die ANC. Wens ook ons in Centurion kan direk krag koop vanaf Eskom.

hoe nou ·

Lees nou op News24 dat daar ‘n rumours is dat Zuma sy x vrou gaan aanstel in Pravin Gordhan se plek as min van finansies
Dink net hoe lekker dinge dan gaan wees vir die Zuma’s en Guptas.

Cherokee ·

Miskien vergeet julle met wie Jakop getroud is! Sy is, nevermaaind hom, ‘n staatspresidentsvrou. Sy behoort darem dinge soos finansies te ken… kyk waar woon sy – in ‘n R¼B huis!

Chris Ws ·

Daar moet ‘n klasaksie saak teen Evkom gemaak gewees het vir die afsny van krag na mense wie se rekenings op datum was.Daars self mense wat met voorafbetaal meters sit wie se krag af gesny is.Hoe werk dit?Evkom steur hom eenvoudig nie aan die Grondwet nie!En die skuldige munisipale bestuurders lag in die mou.HULLE is die “mense” wat saam met Evkom hof toe gevat behoord te word.

Johann ·

En ek sien Madonsela nou in die dae in ‘n toespraak gesê, Suid Afrika is nie besig om agteruit te gaan nie, nee Suid Afrika is besig om haarself te herdefinieer. Nou-ja toe, maar dit is mos hoe ons deesdae met woorde speel.

Gone fishing. ·

Só while you are asking money from the consumer, I urgently need to understand the following important matter that concerns me for years now?
Only in 2017 I had damages to applaiances to the amount of roughly R12000.00 DUE TO VOLTAGE DROPS !! Please inform our CITIZENS AND CONSUMERS which Department at ESCOM can we contact for our refunds of damages of equipment of a substandard service ? !! ? NERSA cannot approve price hikes if the current service is causing so much financial damages to our home appliances etc.? THE CONSUMERS ARE SICK AND TIRED OF PAYING, PAYING AND PAYING !!! The time has come for the CONSUMER TO REFUSE PAYMENT FOR SERVICES THAT DO NOT COMPLY WITH THE STANDARDS WHICH IS REQUIRED FOR A FIRST WORLD COUNTRY BECAUSE WE PAY MORE THAN FIRST WORLD TARRIFS !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.