Regshulp vir e-tol-oortreder grens aan aanhitsing

etolhekke in gautengDie aanbod van die regsfirma Finlay en Niemeyer om die eerste motoris gratis te help wat by hulle aanklop om hulp nadat die persoon aangekla is indien hy nie vir die e-tolstelsel betaal het nie, grens glo aan aanhitsing, het Sake24 Dinsdag berig.

Patrick Bracher, ʼn direkteur van die regsfirma Norton Rose Fulbright, het aan die publikasie gesê die aanbod kom neer op aanhitsing om ʼn kriminele daad te pleeg en dat die grondwetlike hof reeds beslis het oor die wettigheid van die e-tolstelsel of Gautengse-snelweë.

“Iemand kan deur dié aanbod aangemoedig word om die wet te oortree indien hulle onder die indruk geplaas is dat dit nie ʼn geldige wet is nie,” het Bracher gesê. 

Maroela Media het vroeër berig Finlay en Niemeyer het Maandag die aanbod gemaak nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) motoriste Sondag gewaarsku het dat hulle binne sewe dae, nadat hulle hul e-tolrekening ontvang het, moet betaal of hulle sal aan skuldeisers oorhandig word. Lees meer hier.

Intussen het Business Day Dinsdag berig dat die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) saam met Finlay en Niemeyer werk.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eben ·

Patrick Bracher iets sê vir my jy/julle is jaloers op Finlay en Niemeyer wat die voorbeeld gestel het om ons voosgeslaande verbruiker(s) te help. Nee wat Patrick loop koop jou e-toll skyfie en beweeg aan!

Dankie Finlay en Niemeyer ….. ‘n Bell vir julle manne!

Charlotte ·

Finlay & Niemayer – baie geluk en glo julle stel die voorbeeld vir ander regsfirmas – dis tyd dat besighede die verbruikers ondersteun en ons begin saamstaan teen hierdie ongeregtigheid.

Willem ·

Mnr. Bracher ek gaan van Finlay en Niemeyer se dienste gebruik maak want ek gaan nie REGISTREER nog minder betaal as die rekening nie per registreerde pos afgelewer word nie.

EyesEars ·

Patrick Bracher – Vraag: Wanneer gaan julle dan die RUGGRAAT ontwikkel om op te staan vir jou regte in Suid Afrika met die regsstelesel wat gemanipuleer word, om elke hoek en draai, soos dit die staat pas? Ek glo elke saak sal op sy eie mariete hanteer word. Ek wens meer mense wil opstaan teen hierdie onreg om geduring in meer skuld ingeboelie te word, deur middel van dreigemente en meer belasting metodes wat elke dag uitgedink word. Om oor te gee aan hierdie e-tol stelsel gaan jy net verder die anc se “beleggings arm” voed om nog meer geld te maak vir nog meer korrupsie. Dit gaan hulle net rede gee om nog meer skuld namens Suid Afrika (die sogenaamde beleggers), te maak.
Wanneer gaan ons dan se, genoeg is genoeg en ons gaan dit nie meer duld nie. Ander lande staan op vir hulle regte en baklei teen die regering, maar die mense van Suid Afrika word van verwag om soos skape te volg en “dormant” te wees? Selfs Solidariteit kan ook net soveel binne die wet doen. (Niks lelik bedoel nie). Dit is nie aanhitsing nie. Dit is om te se genoeg is genoeg, binne perke of moet Finlay en Niemeyer nou ‘n “slegte naam” kry nog voor hulle begin het, oor hulle eintlik “balls” het? Wanneer gaan die ekstra uitbuiting van nog meer belasting dan nou eintlik moet einde kry en waar gaan Suid Afrika en sy mense eindig met nog meer skuld op hulle hande van kinders wat nog nie eens gebore is nie, wat die skuld eendag moet dra? Jy staan nie net op vir jouself nie, maar ook vir jou kinders en kleinkinders in die toekoms.

Eben ·

Ek wonder nou …. Patrick Bracher het julle nie dalk sake wat julle doen vir die etoll of anc en bang julle verloor daardie ‘klient’ …. Ek vra maar net?

bushy ·

Patrick Bracher = kan u en die ander slim mense vir my se : is n goed berekende advertensie onwettig,en ongrondwetlik ? Is betaling onder dwang soos bepaal deur enkeles van Sanral regtig wettig en in belang van die arme belasting betalers? Dankie Finlay en Niemeyer dat u staan vir vir wat ons beskou as reg, ek sal u uit die tronk skakel omdat ek nie Sanroof se Etol sal betaal nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.