Regskenner sê oor ‘Bird Island’-boek

seuns van bird islandDr. Llewellyn Curlewis, ʼn regskenner aan die Universiteit van Pretoria, het gesê die anonieme slagoffer wat nou na vore getree het en beweer genl. Magnus Malan het hom seksueel aangerand, is ʼn stap in die regte rigting in terme van klinkklare bewyse rakende die bewerings.

“Ongelukkig is dit ook so dat dié slagoffer nou meerjarig is, en nie soos ʼn minderjarige in kamera kan getuig nie. Om uitsluitsel rakende die bewering te kry sal hy moet bereid wees om in ʼn oop hof te getuig en sy getuienis sal ʼn kruisverhoor moet kan deurstaan,” het hy gesê.

Die Burger het Vrydag berig hulle het met ene mnr. X gesels wat na vore gekom het ná die nuusblad vroeër vandeesweek oor die boek Die Seuns van Bird Island, wat deur Mark Minnie en Chris Steyn geskryf is, berig het.

In die boek word bewerings gemaak van ʼn pedofielnetwerk waarby drie vooraanstaande mans betrokke was, van hulle was glo ministers van die NP-regering. Nog ʼn oudminister, wat nog lewe en op regsadvies nie geïdentifiseer word nie, was ook glo by die netwerk betrokke.

Curlewis het Vrydag aan Maroela Media gesê hy is uit ʼn regsoogpunt baie bekommerd oor die bewerings wat dié week gemaak is. “Ek is bekommerd dat dit ʼn poging is om sensasioneel te wees en voormalige politici sover moontlik te inkrimineer.”

Hy reken Malan se familie sou nie maklik in ʼn strafregtelike roete slaag om die skrywers van Bird Island (verkorte titel) van crimen iniuria of laster aan te kla nie.

“As ʼn persoon se reputasie aangetas word, sou jy na strafregtelike laster kyk, en ek dink dit is waarop ʼn mens jouself in dié geval sou kon beroep. Die reg is egter deesdae nie baie geneë om mense aan te kla van strafregtelike laster nie in die lig van vryheid van spraak. Die reg verwag eerder van mense wat iemand hiervan wil aankla om ʼn siviele regsproses te volg om skadevergoeding te kry.”

dr-llewellyn-curlewis

Dr. Llewellyn Curlewis, ‘n voormalige president van die Prokureursorde van Suid-Afrika. Foto: Morné Prinsloo.

Hy sê dit sal moeilik wees om ʼn saak van crimen iniuria aanhangig te maak aangesien ʼn persoon in so ʼn saak moet kan bewys sy reputasie oftewel goeie naam (farma) en menswaardigheidsgevoel (dignitas) is onregmatig en opsetlik aangetas en benadeel.

“Die familie het in dié geval egter ook ʼn reputasie en kan aanvoer dat die bewerings ʼn negatiewe invloed op hulle dag-vir-dag-lewe het. Hulle kan ook aansoek doen om ʼn hofinterdik om die verdere publikasie van dié boek stop te sit of dit van die rakke te laat onttrek. Dit het al vantevore gebeur.”

Curlewis het gesê hy is huiwerig om te sê daar is geen meriete in die bewering nie, maar dit bekommer hom dat dit lyk of daar so min oorspronklike bronne is wat die aantygings maak.

“Met alle respek gesê, om te praat van ʼn joernalis wat iets by ʼn ander joernalis gehoor het, is nou al dubbele hoorsê. Jy kan ook nie praat van jou ‘gut feeling’ nie, die hof sal dit eenvoudig nie aanvaar nie. Jy kan ook nie sê jy het wyd gelees en maar net aangeneem alles wat geskryf is, is die waarheid sonder om die oorspronklike bronne te toets nie.

“Die hof sal dit onmiddellik aflag en uitwys as skindernuus wat boonop lasterlik is teenoor die familie.”

Hy meen die enigste sterk bewyse wat geverifieer kan word waarvan hy tans bewus is, is die beraadslaging in die parlement waartydens daar vrae aan Malan gestel is oor sy besoek aan Birdeiland. “ʼn Mens behoort die parlementêre rekords te kan trek en nagaan, en dit behoort ook gedoen te word.”

Curlewis het ook bevestig dat dokter-pasiënt-vertroulikheid bestaan, maar indien daar ʼn misdaad was, mag ʼn dokter nie inligting weerhou nie. Hy reken daar rus eintlik ʼn verpligting op ʼn dokter om met die gereg saam te werk in ʼn misdaadondersoek.

“Indien die pasiënt dood is, mag sy familie die inligting openbaar maak omdat dit die pasiënt nie meer regstreeks kan benadeel nie. Die mediese inligting en die vertroulikheid daarvan behoort aan ʼn pasiënt en sy familie en nie die dokter nie. Die pasiënt kan van die vertroulikheid afstand doen en die inligting bekend maak.”

Daar is ook dié week op die SABC se Afrikaanse televisienuus en die radiostasie RSG genoem van ʼn moontlike verbinding tussen dié pedofielnetwerk van Bird Island en Gert van Rooyen wat jong meisies ontvoer het.

“Hier word staatgemaak op die getuienis van Flippie van Rooyen, Gert se seun, wat reeds deur verskeie howe aan meineed skuldig bevind is. Hoe kan ʼn persoon nou besluit hulle glo sekere gedeeltes van sy talle verklarings? Dit is teenstrydig, jy kan nie kies watter inligting jou pas nie.”

Curlewis het bygevoeg ʼn mens moet jou altyd afvra of die getuienis en bewerings sal bly geld as dit onder ʼn kruisverhoor getoets word.

“Ek wil in hierdie geval regtig nie kant kies nie. Dit is ʼn hartseer storie en ek hoop die ware inligting kom uit sodat die slagoffers en hulle families berusting kan vind, maar daar is net te veel probleme met hierdie saak vir my.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Johann M van Heerden ·

As dit waar is moet dit uit. ‘n Mens moet egter versigtig trap en bestaande familie van beskuldigdes te alle tye in gedagte hou. Ek is ook deesdae baie wantrouig oor ons joernalistieke etiek. Almal wil net geld maak. Die dame wat ondervra is op tv maak ‘n swak indruk en is nie geloofwaardig nie. Die ‘jagseisoen is nog oop’ vir jag op sg apartheidsmense. Waar is Robert McBride wat drie mense vermoor het vandag . Janus sit nog in tronk. Ek dink dit is tyd dat ons ons rug styf maak en weier om boeke en koerante te koop wat onbewese inligting bekendmaak. Gaan eers hof toe en volg daardie roete. Dit is regverdig. As dit dan sou uitkom die mense is skuldig, kan dit bekend gemaak word. Onthou net mense soos Malan bv het kinders, familie en kleinkinders. So trap versigtig asb. As dit nie waar is nie sou ek dink die skrywers moet die volle mag van die gereg voel.

Stem saam ·

Ek stem saam dat die dame wat op tv verskyn het nie geloofwaardig is nie. Sy het haarself 2 keer verspreek en ek dink die trane was dalk as gevolg van spanning gewees. As dit die waarheid was voel ek baie jammer oor wat gebeur het maar die idee van so n boek wat op hoorsê gekryf is maak my boos. Hoekom het hulle nie eers na slagoffers gesoek voor die boek geskryf is nie. Wie wil in elk geval van pedofiliese dinge lees….siek siek siek.

Andreas Meyer ·

As dit waar was, dan was dit alreeds in die 90s die koerante vol gewees. En ja, praat maar van *vermeende* slagoffer hier.

Willem ·

Dus is dit ook weer bevestiging dat die boek op aannames en bewerings geskryf is, reg of verkeerd, en nie op feitelike bewyse, soos met Jacques Pauw se boek nie. Nou is die boek uitgegee met die hoop dat van die beweerde slagoffers kom met bewyse, na die tyd, na vore. Per die persoon wat nou na vore gekom het, het die wandaad teen hom nie op die eiland plaasgevind nie, maar op die vasteland.

Willem ·

En die meisies met wie Gert van Rooyen verbind word, was bykans almal in Johannesburg en omstreke ontvoer.

Willem ·

Een van Pretoria, nog een van Randburg, nog een van Alberton, een van Kempton Park, dis hoekom ek gesê het Johannesburg en omstreke.

LB S ·

Mmmmm iemand het reeds genoem dat dit dalk nog die polisie is wat van Rooyen en Haarhof doodgeskiet het om te keer dat sekere dinge uitkom. Dalk was hulle die voorsieners van jong kinders wanneer die pedofiele in Pretoria was? So kan mens se verbeelding nou op vlug gaan. Kom ons hoop die waarheid seëvier.

Chris ·

Nou waar kom die getuie nou vandaan hoekom al die jare stilgebly. Hoekom nie by die Waarheidskomissie n klag gaan le het nie. Miskien is hy en ander wat nou gaan uitkruip op iemand se betaalstaat

famie ·

Kom ons sit hierdie beweerde op poligraaf toets .Ek sal betaal. As toets negatief is moet skrywer van boek betaal en bewerings terug trek. Ek daag hierdie persoon en skrywer uit.

Terence ·

Dis baie maklik om n poli toets te jippo. Dis een van die groot redes hoekom dit glad nie in howe mag gebruik word as evidence nie.

Casper Labuschagne ·

So, drie oud ministers plus ‘n vierde (of meer) party(e) wat die slagoffers moet voorsien konkel almal saam om ‘n pedofielnetwerk te stig en gaan dan visvang op “Bird Island” waar ek en jy nie ons voete mag sit nie sodat hulle die seun(s) kan molesteer. Die logistiek daarvan sou beteken dat nog verskeie ander persone betrokke moes wees vir vervoer na Bird Island en dan sou daar ook moes verseker word dat die seuns nie na die tyd praat nie? En nou is Gert van Rooyen ook sommer betrokke. En dit het alles afgespeel in ‘n tydperk wat daar nie sprake van “gay regte” was nie, waar daar ‘n besliste sosiale sanksie deur die gemeenskap op homoseksualiteit was en waar daar ‘n eng Calvinistiese kultuur was waar almal Sondae kerk toe gegaan het en waar elke funksie met skriflesing en gebed geopen en gesluit was en waar al die beskuldigdes in stabiele huwelike was. Maar, word aangevoer, hierdie hoëvlak pedofielnetwerk het bestaan en na bykans vier dekades onthou oud joernaliste (maar ook net diegene wat links was en die ou regering teengestaan het) skielik ook die gerugte destyds.

En ons is veronderstel om te glo dat dit alles waar is? Nee, sou daar hoegenaamd enige waarheid ingesteek het was daar dalk een tot een verhoudings gewees sonder dat enigiemand anders daarvan geweet het, maar die skaal wat hier aangevoer word is nie net onwaarskynlik nie, dit was haas onmoontlik.

Johan H. ·

Ek vertrou joernaliste net soveel soos politikuste,,Daaie Jaque Pauw het self erken hys n diensplig ontduiker op die tv, nogal,,, Terwyl ander wit seuns moes diensplig doen , dan se hy dit nogal met so selfvoldane smirk,,,,Sodra die wiel draai en jys onder hoop ek hy trap jou hard!!!In my oe is jy n slapgat pauw,,

Cherokee ·

Johan, meeste van die mense hier wat pauw se boek komplimenteer (ek self is beindruk met sy moed om dit te publiseer) ken nie pauw se politieke agtergrond. Hy beindruk met wat hy nou oopvlek maar dit verander nie die feit dat max du preez (klein letters met opset) se naam is prominent in sy boek en na bewering is hulle (boesem?) of ten minste goeie vriende. Hy wat Jacques Pauw is, het, as my siening reg is, ‘n groot bydrae gedoen tot die hekel waarin die land nou is.

Johan ·

Ek kan nie verstaan .as iemand die k genoem word weet almal wie dit is en is more in die tronk. Hoekom wag die persoon 30j en nou wil hy praat. Wolhaarstories.

1+1 ·

Alle oud-ministers wat nog leef en ‘n voormalige president wat beslis nog leef, asook die inligtingsbronne van die outeur van die boek moet gedagvaar word om oor die saak te getuig.

Mark ·

N anonieme “sourse” het bevestig ek die nuwe Jesus, dus jul SAL moet glo in MY.

Cherokee ·

Markus, wat op aarde probeer jy sê? Probeer duideliker praat.

Cherokee ·

Maroela, waarom julle die ‘rapporteer’ skakel verwyder het, sal slegs júlle weet. Verwyder asseblief hierdie onsinnige woorde wat nie geplaas moes wees nie.

Tasman ·

Iemand wou ons geraam het as n wrede nasie en betaal n sukkelende joernalis en skynteiken om te jok. Ek dink die iemand is ‘n chinese en anc konkoksiekoukus wat die populasie wil aanhits om grond te gryp en anc te stem.

Kurt ·

2 lafaards wat 30jaar wag om oorledenes aan te vat. Pauw het guts, julle 2 glad nie.

Adam ·

Die rede hoekom Pauw as ‘n held gesien word onder wit mense is agv die feit dat sy teikens swart is. Minnie en sy medeskrywer se teikens is wit en dus word die skrywers summier as die reinkarnasie van die duiwel gesien. Glo my, as jy destyds in die apartheidsregering se tyd sulke inligting openbaar het, was jy maalvleis binne ‘n paar weke. Kom ons kyk maar eers wat dop uit in die volgende maande.

Charles ·

Dis laster van die ergste graad teen die Afrikaner, klaar.

Lynne ·

Ek twyfel baie sterk daaraan dat die Gert van Rooyen & Joey Haarhoff sage met die BirdIsland sage verband hou! Gert van Rooyen en Dirk Prinsloo het net hulle houvroue in hul kloue gehad om hulle vuilwerk vir hulle te doen!

Willem ·

Soos mens in Engels sou sê, “while we at it”, so terwyl hulle dan nou oor die spesifieke saak skryf, waarom dan nie maar sommer aangaan en Gert van Rooyen ook bysleep nie, dit maak die bladsye vol en dalk hop daar ook iets uit. Roer die pot.

Paul ·

Ja, en uit die oogpunt van Magnus Malan se familie, sit hulle nou met die gebakte pere.

Lukie Carelsen ·

Baie bly ‘n regskenner het nou ‘n behoorlike regsopinie oor die saak gegee.
Ek glo nie een woord wat die skrywers, Max du Preez of die sg mnr X nie.
Daar is geen manier dat ‘n hoe profiel persoon soos genl Magnus Malan hierdie wandade kon pleeg sonder dat dit lankal uitgebassuin gewees het nie.
Genl Malan was ‘n militere genie met integriteit en ‘n onberispelike karakter.
Dis ‘n skreiende skande dat genl Malan se naam nou so deur die modder gesleep word deur opportuniste met ‘n vuil en duistere motief. (Geld ? en 15 minute se faam?)
Ek hoop van harte genl Malan se familie stel ‘n silviele eis en ‘n kriminele klagte teen die skrywers en die uitgewers in.
Die skandboek moet onmiddelik van die rakke verwyder word!

Piet ·

Lukie ek wou dit ook nie glo, maar ongelukkig moes ek toe uitvind dis die waarheid. Daar gaan nog lelike dinge uitkom.

m.d.r. ·

Ek wonder of dit nie ‘n geval is dat die skrywers wel iets omtrent Wiley uitgevind het, en om status aan die boek te verleen, nou sommer Magnus Malan daarby betrek….?
Guilty by Association…….

Infanteris ·

Kolskoot. Wiley en Allen se kaperjolle sou groter as die Inligtingskandaal wees. As Malan enigsins betrokke was, is dit om die gemors op te ruim. Myns insiens summiere geregtigheid, alhoewel onwettig. Mnr. X is waarskynlik oorreed om, terwyl hy nou praat, vir bonuspunte Malan se naam in te gooi.

Anoniem ·

Die duurste, slegste, hardste toiletpapier. Moenie hierdie boek koop nie.

Fanie ·

…en weereens ‘n paar gewillige blankes wat ander in die rug steek. Waar of vals, sal nooit leer nie. Klikbek-tipes wat ons al van dag 1 op skool ook leer ken het.

LB ·

Sou jy reken dat indien dit waar sou wees almal stil moet bly en sulke skuim laat wegkom met wandade? Maak nie saak wat jou kleur is nie, niks regverdig dit nie en mense moet boet al is dit na hul dood. Hoekom iemand eer en lof toe swaai as dit waar sou wees?
Julle wat vra hoekom nou eers uitkom…kan jy dink hoe erg dit moet wees om daaroor te praat. ‘n mens se siel moet verwoes wees na sulke gebeure. Mag elkeen wat hierdeur is die moed kry om te begin praat en elke persoon betrokke uitwys aan die wêreld as hierdie storie waar is. En mag elke ander pedofiel wat iewers skuil, of jy nou ‘n laerskool onderwyser was of wie ook al, mag jou dag ook kom.

HOF TOE ·

Ek glo dat die waarheid omtrent Genl Magnus Malan die REINE waarheid is en nié die onrein waarheid nie. Dit is die een militêre leier vir wie ek ‘n diep respek geleer het van my eie pa, ook ‘n weermagman, wie se oordeel ek tot vandag steeds volkome vertrou. Kom, skrywers van gemors, gaan bewys julle leuens oor ‘n man van integriteit in die openbaar in die hof. Julle gekoopte slagoffers sal daar sterk moet staan. Gaan bewys julle smerige stories – as julle kan. Ons wag.

Piet ·

Ek ook geglo dis twak. Maar toe moes ek uitvind dit was so en alles was toe gesmeer.

HOF TOE ·

Die bewyse, Piet, direkte konkrete, feitelike bewyse – dis wat nodig is.

Nuuskierig ·

Ek glo beslis hier steek waarheid in hierdie bewerings. Wanneer mag Flippie van Rooyen met die media begin gesels ? Ek weet dit is erens in 2019 wanneer sy parool voorwaardes verstryk maar sal graag wil weet watter datum dit is

Paul ·

Flippie wat, soos in die artikel genoem, aan meineed skuldig bevind is, se integriteit word as gevolg daarvan mos nou reeds hier in die artikel bespreek, hy is nie naby geloofwaardig nie, maar dan kies hulle, die skrywers van die boek, uit wat hul pas. So, as hy uit die tronk kom, gaan hy nou meer geloofwaaerig wees?

Paul ·

Flippie wat, soos in hierdie artikel genoem, aan meineed skuldig bevind is, se integriteit word as gevolg daarvan mos nou reeds hierbo in die artikel bespreek, hy is nie naby geloofwaardig nie, maar dan kies hulle, die skrywers van die boek, uit wat hul pas. So, as sy parool verstryk, gaan hy dan nou meer geloofwaardig wees?

hendrik ·

Paul, dit werk so…. Hy is die een wat n meevallertjie die meeste sal verwelkom.

LHS ·

Flippie van Rooyen sal nie met die media kan praat nie qomrede dit liegstories gaan wees en hy vinniger weer in die tronk gaan wees as daaruit. As hierdie storie enige waarheid dra waarom is daar steeds geen saak gemaak nie, die lewendige ene moes mos dan al gearresteer gewees het. Hoekom dan nou so bang om sy naam te openbaar? Alhoewel ek enige iets van daardie spul liberale NP verraaiers kan glo betwyfel ek hierdie bewerings en die hele storie rondom dit met minagting. Daar is net te veel logistiek verbonde aan so kriminele daad . Wat se infrastrukture bestaan op daardie eiland?

Daantjie in die kallerhok ·

As dit waar is moet bewys word en dan moet huĺle vir hulle kry!!

LeClerq ·

Word wakker mense. Kommentaar hierop wys waarom hierdie land is waar hy is, met mense wat aanhou hunker na verlede sonder om dit te sien vir wat dit was. Net soos mens nie Magnus kan oordeel sonder meer ootuigende bewyse of getuienis nie, kan ‘n mens dit ook nie afmaak as leuens voor daar meer feite uitkom nie. Daar steek duidelik iets in Wiley en Allan se betrokkenheid. Gee kans. Hou op om kamstige helde van verlede op te hemel (wie duidelik in staat was om ander onvergeeflike dade te pleeg wat hele res van wêreld sou beoordeel). Stop die skynheiligheid en begin werklik julle medemens aanvaar en as gelykes hanteer. Heel moontlik is aantuigings snert, maar manier waarop alles van hand gewys word sonder enige kritiese beoordeling, is vreemd. As aantuigings teen julle medeburgers gemaak word, ontplof almal en aanvaar als van die media as waarheid. Wees net ‘n bietjie meer gebalanseerd en moenie dadelik aanval of verdedig nie. Hopelik is die stories nie waar nie, maar nie een van ons is in ‘n posisie om so te kan sê met enige oortuiging nie.

Niek ·

Klink baie soos ‘n samesweringsteorie.
Meng ‘n paar losstaande feite met ‘n klomp fiksie en jy kry iets soos die.

Nickie ·

Vreemd dat Dave Allen ‘n dag voor hy in die hof moes getuig oor hierdie beweringe na die erge besering van ‘n wit seun, dood op die strand in Schoenmakerskop gevind is, en John Wiley ‘n week daarna in sy huis in Kaapstad. Mens kan alles weg redeneer maar wat maak jy daarmee?

Paul ·

As jy nie bewyse het nie, raai jy nie en inkrimineer ander mense nie. Jy maak hulle ook nie verdag nie. Dis sad, maar dit is hoe dit werk.

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste!! Vir party mense is die veroordeelde terroris ‘n god….en vir party is die geharde militaris uit die vorige bedeling ‘n god….So het elkeen van ons maar ‘n prentjie in die kop, né?

Adam ·

Die rede hoekom Pauw as ‘n held gesien word onder wit mense is agv die feit dat sy teikens swart is. Minnie en sy medeskrywer se teikens is wit en dus word die skrywers summier as die reinkarnasie van die duiwel gesien. Glo my, as jy destyds in die apartheidsregering se tyd sulke inligting openbaar het, was jy maalvleis binne ‘n paar weke. Kom ons kyk maar eers wat dop uit in die volgende maande.

LHS ·

Die sogenaamde getuie is nie instaat om die ander persoon by name te kan noem nie, daarom verwys hy net na hom as uncle maar van Magnus Malan weet hy presies. Waarom sou dit so wees, iemand wat so maklik en sonder n oogknip na vore kan kom en met nogals die media praat dui daarop dat dit hom nie veel pla nie, nou waarom het hy dan nie al lankal sy storie loop en verkoop nie? Duidelik, so duidelik is hierdie karakter presies voorgesê wat om te vertel en net soos in die boek kamstig nie die sogenaamde ander persoon se naam te kan ken nie. Gaan in op sy lewe en ek sal amper wed hy was op 13 nie eers in die PE gebied nie. Waar sou die karakter nogal beweer het Magnus hom n hele nag sy vrou gemaak, in die ligtoring? Hierdie is n klomp bewerings wat gemaak word sonder een enkele bewese feit. Hoe maklik kon dit wees om die vlieeniers, die mediese personeel wat die een met die gat in sy gat moes toestop, die name van 2 verlore seuns wat net van die aardbol sou verdwyn het, wat se bewyse het die 2 skrywers dat 2 gegaan maar nooit teruggekom het nie?As hulle dan so baie inligting het, waarom dan 30 jaar wag om dit te openbaar. Dit sou tog net meer logies gewees het om dit te gedoen het sonder n boek geskrywery net na 1994 se verkiesing . Een woord….twak.

Oom Kalahari ·

Hierdie propoganda is ‘n duidelike spel van die liberale om verdeeldheid onder die volk in te wig. Ons moet terugsit en kyk hoe die dierbare toneeltjie homsrlf afspeel. Net betreurenswaardig dat 30jr verloop om iets te doen toe dit nog eerste wereld optredes was, maar skielik nou met die derde wereld sulke beweringe wil ploeg . Jul wou moedswillig of kon nie voor die twee beweerdes se afsterwes optree nie, maar waarom nou skielik op hul grafte wil gaan ploeg. Laat die dooies met rus en as dit so was sal hul verantwoording voor die Groot Regter doen . Die land is aan die brand en in chaos, maar die verlede is belangriker om op te konsentreer. Kyk liewer na nou en wat voorle en laat die verlede met rus anders is daar ook geweldige ander hoogwaardiges wat heelwat geraamtes het en opgedis moet word van verkragtings tot moord.

Hannes ·

Ons moet ook onthou dat daar iets is soos teenintelligensie.

Pieter ·

Mense, mense STOP, dink.
Julle aandag word doel bewus afgetrek van werklike gevare en situasies om ons. Onthou Bell Potinger en white monopoly capital. Ignoreer die verdomde boek!

bren ·

Wel…ons geliefde ou oom Solly Ozrovech was seker tjommies met die groep ook! Oehhh mag die waarheid alles uitkom!!

Lerato ·

Oom Kalahari

Ek lees kort-kort in MM dat jy en ander meen die land se probleme is toetentaal die “liberaliste” se skuld

Twee vragies

Wie of wat volgens jou/ julle definisie is n liberalis?

Hoe het die “libetaliste” die land verongeluk?

Andre K ·

Sit en wonder ek nou wat bereik kan word deur mense sleg te sê , veral indie kommentaar ensommer lukraak ander name in te gooi. As die beweerde slagoffers dink hul gaan iets bereik, maak hul n fout, hul sal nog net so getraumatiseerd bly vir die rev an hul lewe as hul nie hulp kry van professionele beraders oor die aangeleentheid nie. Indien dit nie gebeur nie, is die hele oefening kwaadwillig en dien geen doel nie

LHS ·

Lerato mag ek n verklarende Afrikaanse woordeboek voorstel en tweedens beter neutrale begrip en insig wat besig is om in die land te gebeur en wat die gevolge mag inhou vir ieder en elk .

Lerato ·

Hallo LHS
Ek besit die nuutste WAT.

Ek vereenselwig my met die woordeboek se definisie en beskou myself as n liberalis.

Nou wonder ek hoe n liberalis skade aan sy eie land kan/sal aandoen.

Duidelik heg Oomm Kalahari n ander betekenis aan die woord.

Dis kennelik daardie betekenis wat ek graag sal wil uitvind.

Anoniem ·

Waar of onwaar – die 2 skrywers behoort hulle te skaam! Om op hierdie manier te probeer geld maak deur sensasie en geskinder! Skaam julle! As julle werklik omgee, staan eerder die beweerde slagoffers by met regshulp om skade vergoeding te eis. En dan dink hulle hulle is helde! Skaam julle!

Krista ·

Ek stem saam! Soveel mense was betrokke om hom/met hom – hier is definitief iemand wat met ‘n probleem sit – hyself.

Nel ·

Miskien moet Steyn en Minnie se verlede ‘n slag onder die loep geneem word…

Krista ·

Hoekom, na AL DIE JARE, NOU skielik daarmee na vore kom? Ek ruik ‘n rot stink hier. Aandagsoeker? Geldmaker?

Houtoog ·

‘Crimen iniura’ lyk darem nie reg MM. Dalk ‘crimen injura’ sal beter wees (par. 3 & 6).

LHS ·

Nou ja toe, gaan lees maar gerus Hennie van Deventer se inskrywing op sy blog soos hierbo deur Paul na verwys. Dit was een van die vrae, waar was sy lyfwagte en tweedens Malan was nie n moroon nie. Met Eugene Terreblanche se dood wou die 3e mag ook vinnig met presies dieselfde soort van taktiek probeer het om die blanke mans te beswader maar ongelukkig vir daardie spul gemors het die storietjies baie vinnig einde gekry toe hulle besef daar bestaan iets soos harashment op en in verskillende terreine met moontlike erge gevolge wanneer skuldig bevind. Die keer het hulle seker gemaak dat daar eers n boek op die rakke is en die lasterlike leuens eers goed versprei kan word en die skade klaar gedoen is voor dit gestop kan word. Al wat nou belangrik is, is om vas te stel wie sit agter hierdie uiters lae slapgat poging om die blanke volk te belaster.

Koos de Meyer. ·

Wat gaan julle sê as dit die waarheid is. Daar was baie onder duimse goed in die verlede wat verberg was. Moenie so maklik oordeel en sleg sê nie.

Paul ·

Niemand het probleem met die waarheid nie, meeste egter het ‘n probleem soos wat die regskenner hier bo dit uitlig.

Oom Kalahari ·

@Lerato, dankie met jou bogenoemde navraag en verwysing na my en andere hier. As jy dan mos nou ‘n linkse liberalis is dan sal jy mos verseker weet dat jul gedurig ‘n stok sal soek om die hond te wil slaan. Julius wat ook in die groep saam Max duppie en andere groepeer, forseer gedurig die verlede op in die Afrikaner, wil graag verdeeldheid bewerkstellig ens. Daar is sovele punte wat ek graag sal wil noem, maar ‘n persoonlike debat sal meer waardeer word, want MM sal nie plaas wat ek of andere graag sal wil noem nie. Dit is goed en met respek dat ek en jy van opinie mag verskil, maar dat regverdige gronde gevind moet word tot voordeel van almal sonder enige skade. Daarom glo ek dat aanhitsinge, haat, afrakings, vernietigings ens nie tot almal se voordeel sal strek nie. Verdeeldheid en afdwingbaarheid is en sal nooit enige positiewe oplossing wees nie. Dankie en waardeer jou navraag as Liberalis.

DHK ·

Oom Kalahari, Maroela blok my kommentare al ‘n geruime tyd op ‘n gereelde grondslag so ek weet nie of hierdie een geplaas sal word nie. Ek ondersteun jou kommentaar ten volle en wil net byvoeg dat liberalisme in my opinie, ‘n geestes afwyking is wat besig is om die hele westerse wêreld soos ‘n vretende kanker te verteer. Enige normale persoon kan dit dadelik insien. Voorts behoort dit as ‘n sonde teen die mensdom verklaar te word.

DHK ·

Esta, daar doen julle dit weer. Sies, julle behoort julle koppe in skaamte te laat sak deur hierdie diskriminerende weglating van behoudendes se sienswyses terwyl die liberaliste lustig hul haatstemmetjies kan laat hoor op julle forum.

Waarheid MOET uit ·

Dink LOGIES. Geld probeer maak? Dan sou dit net ‘n gewone fiksieboek wees met alles onder ander name ens. Aanslag op Afriakners? Asseblief! Dink julle moordenaars, verkragters en pedofiele kom NIE voor onder Afrikaners maar net onder ander bevolkingsgroepe en ook nie onder tandartes, drs, ds, generaals ens? Waarom NOU hiermee uitkom? Omdat NIEMAND destyds jong seuns veral anderskleuriges sou glo bo “gerespekteerdes” soos in boek genoem! Wie sou DURF klagtes maak destyds? Ek kan glo min mans van destyds sal NOU vorendag wil kom met die waarheid – soos in die berig genoem sal dit nie in camera kan geskied nie. Watter van die wat nog lewe sal deur so storie wil gaan – van hulle is sekerlik getroud met gesinne of besigheidmense ens en in ag genome die oordeel/vooroordeel van selfs net op hierdie forums dink ek MIN sal dit wil doen. Net omdat jy dalk destyds in die weermag was beteken nie jy het noodwendig van alles wat gebeur het oral, alles geweet nie! Sulke gemors sou JUIS toegesmeer word. Mag daar mense uitkom met getuienis en mag die volle waarheid, watookal dit is, uitkom. Aanslag op die Afrikaner? ASB! “No one can make you feel inferior without your consent” – Eleonor Roosevelt.

DHK ·

Ek is eenstemmig oor een ding met jou. As dit die waarheid is moet dit uit. Maar net soos jou stelling dat ons wat destyds in die weermag was nie noodwendig van alles geweet het nie, net so min kan jy NOU met absolute sekerheid verklaar dat die “feite” in hierdie boek onteenseglik waar is alvorens dit bo alle twyfel in ‘n hof bewys word. Natuurlik is die Afrikanervolk ook besoedel met ‘n kwota pedofiele, diewe, moordenaars, verraaiers ensovoorts. Dit beteken egter nie dat liberale “waarhede” nie onderworpe is aan die werklike waarheid nie. Dink LOGIES, nie met klakkelose vooroordeel nie.

Waarheid MOET uit ·

DHK ek het nêrens genoem ek sê alle feite in die boek is die waarheid en ek glo ALLES in die boek nie. Ek sê juis dat die volle waarheid watter kant toe ookal moet uit! Lees mooi wat ek skryf voor jy my veroordeel!

Willem ·

En daar sit Rapport vandag die ‘turbo’s’ aan en gaan voluit vir die kill!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.