Regskenner, vrou vas oor ‘moordkomplot’

Schalk en Leoni van der Merwe (Foto: Facebook)

Schalk van der Merwe, ’n menseregteaktivis van Pretoria wat ook regsadvies gee, en sy vrou is in hegtenis geneem en word nou aangekla van sameswering om moord te pleeg.

Schalk en Leoni van der Merwe word daarvan beskuldig dat hulle ’n sluipmoordaanval op ’n aantal mense beplan het.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die egpaar is Woensdag in hegtenis geneem en het Vrydag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om moord te pleeg.

Die egpaar sal Donderdag weer in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting aansoek om borgtog sal doen.

Hannes Lottering, ʼn inwoner van Parys in die Vrystaat, beweer dat hy die eerste naam op die egpaar se beweerde moordlys is.

Skermgreep van die Facebook-groep.

Lottering het ’n groep op Facebook gestig waarin hy volgens hom “die ware Schalk van der Merwe ontbloot”. Dit is ook duidelik uit plasings op Schalk van der Merwe se private Facebookrekening dat daar vyandigheid tussen hom en die Vrystater heers.

Van der Merwe is die afgelope jaar veral bekend vir sy stryd teen verpligte inenting in die werkplek.

Hy het onder meer die South African National Christian Forum (SANCF) bygestaan toe dié kerkgroep verlede jaar hofstukke by die Konstitusionele Hof ingedien het met die doel om verpligte inentings in Suid-Afrika stop te sit.

Schalk van der Merwe (Foto: Facebook)

SANCF en Van der Merwe meen verpligte inentings is ʼn growwe skending van menseregte wat tot op die hoogste vlak beveg moet word.

Van der Merwe hanteer as arbeidspesialis ook verskeie mediasie‑ en arbitrasieverwante sake van werkers wat weens gedwonge inentings – spesifiek teen Covid-19 – afgedank is.

“Ek is nie ʼn sogenaamde ‘anti-vaxxer’ nie. Ek het nie ʼn probleem met die toedien van veilige, beproefde entstowwe nie. Ek is ʼn pro-regte-aktivis. Jy kan nie menseregte met ʼn mediese ingryping aantas nie,” het hy in November verlede jaar aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

44 Kommentare

jongste oudste gewildste
Misky

Absoluut skandelik!!! Ek het so baie van die man gedink en nou sulke gerugte. Vermoed die groen-oog monster hier betrokke en gerugte van Leoni se ex man ook uit die prentjie verwyder

Robert

Ek ruik ‘n rot, die man was ‘n doring in die regering se vax mandaat gewees.

JohanR

Waaaaaaaatttttttttt gaan aan met die mense. Ek het ook al in my lewe geveg met die groen oog monster, maar darem nie ‘n aantal mense vou doodmaak nie!

Frederick

Ek lees niks van hoe of wat die persone beoog om die sluipmoorde uit te voer nie. Bestaan daar werklik ‘n lys van beoogde slagoffers of is dit maar net ‘n vermoede?

Anel

Is iemand nie dalk kwaad vir die ou omdat hy mense help wat nie die gif wat vat nie? Is dit nie ‘n sameswering teen hom nie? Wie wou hy doodmaak en hoe? Waar is die bewyse? Wonder ook maar net.