Regskenners verdeeld oor Oscar Pistorius-uitspraak

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelewer het. Foto:  Kim Ludbrook/EPA/Pool

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelewer het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Regskenners het Donderdag met gemengde gevoelens reageer op regter Thokozile Masipa se bevinding dat Oscar Pistorius onskuldig is aan die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.

Masipa het Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria begin uitspraak lewer in Pistorius se moordverhoor. Sy het Pistorius onskuldig bevind aan moord maar wel bevind dat hy nalatig opgetree het.

Prof James Grant van Wits se regskool meen dat Masipa ʼn fout gemaak het deur Pistorius onskuldig te bevind aan moord. “Die probleem is dat Masipa bevind het dat hy nie die bedoeling gehad het om te moor nie. Maar dit is nie vraag nie en was ook nie sy verweer nie,” het Grant gesê.

“Dit blyk dat sy tot die gevolgtrekking gekom het deur ʼn fout te maak oor of dit saak maak wie agter die deur was.” Volgens Grant maak dit nie saak wie agter die deur was nie maar dat Pistorius met bedoeling op die deur geskiet het. “As ek reg is dan is dit ʼn goeie basis vir die staat om appèl aan te teken teen die feit dat hy onskuldig bevind is aan moord.”

Kelly Phelps van die Universiteit van Kaapstad se regsdepartement stem egter nie saam nie. “Ek ondersteun haar bevinding en redenasie. Strafbare manslag was altyd ʼn moontlike uitkoms in die saak.” Phelps sê die probleem was die manier waarop die aanklagte saamgestel is. “Dit het gefokus op die feit dat hy vir Reeva Steenkamp geskiet het en nie wie agter die deur was nie.”

Volgens Phelps sou die staat moes bewys dat Pistorius kon voorsien dat dit Steenkamp agter die deur was. Sy sê die staat het op Pistorius se weergawe van die gebeure gefokus en gehoop dit sal nie aanvaar word nie.

Phelps het onder meer verwys na die saak van Rudi Visagie, die voormalige Springbokrugbyspeler, wat in Mei 2004 sy 19-jarige dogter doodgeskiet het nadat hy haar vir ʼn rower aangesien het. “Die Nasionale Vervolgingsgesag het op humanitêre gronde besluit om hom nie te vervolg nie.” Volgens Phelps is strafbare manslag die korrekte bevinding in Visagie en Pistorius se sake.

Masipa sal Vrydag voortgaan om haar uitspraak te lewer.

Lees ook:
Strafregkenner loof Oscar Pistorius-uitspraak

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Irene Pool ·

Ek stem volkome saam met die regter. Volgens alles wat ek gesien en gehoor het gedurende die dae van hofverrigtinge is dit die enigste gevolgtrekking wat n mens kon gemaak het! Die stomme man het n helse fout gemaak en sonder om te weet Reeva geskiet,
Slagbare manslag met versagtende omstandighede is sy voorland. Hy het die “indringers” gewaarsku deur te skree ” get out of my f…ing house” en toe dit nie gebeur nie het hy losgebrand! Ek sou ook veral as ek nie voete gehad het nie!
So ja ek se en wens hom sterkte toe. Geen tronkstraf vir hom nie. Hy sal sy hele lewe ly met die wete dat hy haar geskiet het – die vrou vir wie hy lief was en n wonderlike toekoms oor gedroom het!

pure boer ·

Maar so hang hy uit in clubs na die skietery????? Hy sal eendag voor onse Vader staan, dan sal die waarheid uit kom. Plus,,, wie skree get out of my house voor hy skiet,,, en sy antwoord nie????? Ek glo nie in ons justice system nie. Skiet ek n rower by my huis sal ek gaan sit

leon Jordaan ·

Die uitsrpaak is presies soos wat ek verwag het dit sal wees en die regter is in die kol! Mbt strafbare manslag hoef opset om te dood nie bewys te word nie! Pistorius kon nie voorsien dat hy iemand agter ‘n toe deur sou doodskiet nie, en sy bedoeling was heel moontlik eerder om ‘ n aanval te stuit!, gegewe sy ongeskiktheid!…al het hy meerdere skote afgetrek! Opgeskorte vonnis vir manslag sal geskik wees! Hy kan nie nou beoordeel word op sy vorige handelinge en gebruik van vuurwapens nie!

Anoniem ·

Misdadigers julle moet nou bevrees wees. Voor die voet sal julle afgemaai word sonder genade.
En laat ek net aangekla word dan gooi ek Pistoors se saak voor die regter. Of is hy bo die wet verhewe en ek nie. Hy celeb en ek maar gewone burger. Nou sal ons sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.