Regsopsies mag spruit uit groep se ‘rassistiese uitsprake’, ‘aanhitsing tot geweld’

Black First Land First (BLF)-ondersteuners by ‘n optog verlede jaar. Foto: Jonisayi Maromo / ANA

AfriForum ondersoek verskeie moontlike regsopsies om die radikale organisasie Black First Land First (BLF) tot verantwoording te roep ná afloop van rassistiese uitsprake en aanhitsing tot geweld op verskeie geleenthede landswyd vanjaar.

AfriForum het Vrydag in ʼn verklaring gesê sowat 30 BLF-betogers het vroeër die dag tydens hul #RupertMustFall-optog die lied “Kill the Boer Kill the Farmer” by die Stellenbosch-spoorwegstasie gesing.

“Die groep is kwaad oor aanmerkings wat Johann Rupert, voorsitter van die beleggingsmaatskappy Remgro, op Richmond se jaarvergadering in Switserland oor radikale ekonomiese transformasie gemaak het. Hy het onder meer daarna as ’n kodewoord vir diefstal verwys,” het Ernst Roets, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, gesê.

Hy het gesê die BLF-betogers het ook vroeër die dag tesame met lede van die ANC-jeugliga en MK-veterane voor Remgro se hek betoog en gedreig om gewelddadig te raak en die hek af te breek indien ’n verteenwoordiger nie sou uitkom nie. Die woorde “One Settler, One Bullet” is ook tydens dié betoging deur omstanders gedreunsing.

“AfriForum beskou BLF se uitlatings in ’n baie ernstige lig. Die groep het reeds by verskeie geleenthede vanjaar rassistiese uitlatings gemaak wat geweld teenoor en moord op wit mense aanhits. Hoewel die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die”Kill the Boer Kill the Farmer”-lied tot haatspraak verklaar het, beskou AfriForum dit ook as aanhitsing.”

Roets sê voorts dat strafregtelike klagte ingedien en verdere stappe binnekort aangekondig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Melanie ·

Kyk nou baie mooi noudat dit gesing is weer hoe plaasmoorde gaan styg (net my opinie)

Cherokee ·

Gelukkig erken jy dit is net jou opinie. Pasop vir aanhitsing. Dit is strafbaar.

Wag-In-Spanning ·

So baie beloftes van AfriForum wat teen wit-rassisme gaan optree, maar niks gebeur nie. Wat het van Gerrie Nel geword?
Doodskis-sage, KFC-insident, Boer aangekla van moord sonder ‘n lyk. Jong vrou geskiet deur n persoon in die mag (wat nie eers in hegtenis geneem is nie). Boere word nou daagliks uitgewis op die wreedste denkbare wyses.
Geen parrool vir hierdie “aangeklaagdes” maar nêrens sien ons dat julle iets tot uitvoer bring of ingryp nie. Net baie praat en daar stop dit.
Kallie Kriel het nou wel saam Tumi koffie gedrink maar sy is nou “The Face Of Jacarand 94.2” en nie eers geskors nie.
Doen iets konkreets Afri Forum dat ons kan sien of julle werklik tot iets in staat is.

Dafer ·

Jeffery Aucamp ek is 71 jaar oud en bly by my suster. Ek kan nie bydra nie. My bydrae bestaan uit die positiewe pogings wat ek aanwend om ander sover te kry as om by te dra. AfriForum IS suksesvol met wat hulle doen! Nie almal weet dit en sien dit nie. Maroela Media publiseer meeste van my kommentaar glad nie. Nie omdat ek verkeerd kommentaar lewer nie, maar skynbaar omdat dit gewoonlik nie by die nydige nyging van kommentaar pas nie. Dra positief by, en moedig positiewe bydrae aan. Nie ALLES word in terme van geld gemeet nie!

Mariana mittan ·

Ag asb! Vinnig met die Grace Mugabe saak? Waar is hulle met die doodskis saak?

De Villiers ·

Kom ons kyk of al die media platforms hierdie saak met dieselfde entoesiasme gaan dryf soos met die Penny Sparrow-geval, en of die skuldiges dieselfde straf gaan kry as sy, want hierdie geval is soortgelyk, net baie erger.

hendrik ·

“Land or death” . Bring it on. Hulle moet ophou om te dink ons is bang vir hulle. Dis die dat hulle so dreig. Waarom betoog hulle in Stellenbosch? Is hulle streek dan nie anderkant die Kei-rivier nie. Selfs daar het hulle nog nooit grond gehad nie.

Peanut ·

Amper dog ek dit is rasisties gelukkig is dit teen settlers gemik en nie teen ons blankes nie, net soos ons vir tumi v jacaranda verkeerd verstaan dat haar uitsprake ook nie rasisties is van aard nie. Ek besef nou dat settlers alle ontwikkeling wat voor 1652 aangebring is aan die suid punt v afrika vernietig is en tot totale onderdrukking v n hele vasteland gelei het. Waar het jy nou gesien damme word gebou as ook paaie en o ja moenie vergeet die groot yster voels wat kos uit die lug laat Val nie, dit was alles reeds hier gewees

Boerseun ·

Swart-op-wit haatspraak en aanhitsing tot swart-op-wit terrorisme!

Boet Fasie ·

Alles gaan nie net oor die wit vel nie, maar oor die wit afrikaanse man van Suid Afrika. Selfs die wit mans en vrouens wat ons moet verteenwoordig is maar katvoet en wil nie eintlik iets doen of se nie – rugstekers

Adam ·

Alhoewel ek nie ‘n Afrforum lid id nie, wil ek tog ‘n lansie vir hulle breek. Afriforum wend daadwerklike pogings aan om iets aan die vlaag van misdaad te doen wat onder die dekmantel van vele aangeleenthede gedryf word. Dit is tragies dat die vrotsige, korrupte regering nie ingryp in sulke situasies nie, aangesien dit gewoon nie nodig is vir burgerlike organisasies om hierdie rol te vervul indien die regering sy werk sou doen nie. Die hoogheilige ANC beweer dat hulle vir ‘n nie-rassige SA geveg het, terwyl ons elke dag sien hoe hulle naakte rassehaat, passief en aktief, aanblaas.

pietie ·

Nog nooit van “state capture” gehoor nie? Dink jy regtig dat die staat en howe teen rassisme van swartes gaan optree? Net bugerlike organisasies soos Afriforum poog om binne die raamwerk van die wet op te tree.

Adam ·

Pietie, lees asb wat ek probeer weergee. Ek prys juis Afriforum en kritiseer die vrotsige regering wat veronderstel is om in the gryp. My argument is juis dat dit tragies is dat die onus om die vergrype aan te spreek nou op burgerlike organisasies is weens die staat se onverskoonbare versuim. Terlloops, ek kom uit die regsberoep en het nog steeds vertroue in die howe. Wette word ongelukkig in die Parlement gepromulgeer. “State capture” is ‘n onding. maar jy sal verbaas wees indien jy weet hoeveel van ons eie broers hulle siele verkoop het om ‘n snytjie uit die pastei te kry. Dink jy regtig die bell Pottingers en KPMG’s van die wereld se grootste rolspelers was nie wit nie? Ons as Afrikaners, het ongel;ukkig ook maar na ongekende dieptes gedaal wat betref sake-etiek en morele verantwoordbaarheid..

Rupert Ashford ·

Adam jy raak nou ‘n teer sakie aan met jou laaste sinnetjies, maar dit is ongelukkig so waar. Baie hartseer…

HPV ·

Wit besigheideienaars, dit sluit boerderye in want ‘n boerdery is ‘n besigheid, het miljoene swartmense in diens. Lone en allerhande voordele word betaal. Belasting word betaal en sodoende word welvaart geskep. Dit word egter geïgnoreer en hierdie wit werkgewers word daagliks deur opstandige toespraakmakers gedreig en selfs aangehits dat hulle vermoor word net omdat hulle wit is. Elke dag word hul eise [demands] net meer en meer. Word toegegee aan hul eise, net om ‘n dag later te hoor ons moet vermoor word.
Persoonlik dink ek die tyd het aangebreek om ernstig te besin ten opsigte van werksaansoeke. Wil mens sulke mense in diens neem om welvaart vir hulle te skep? Nee ek wil nie sulke mense in diens hê of neem nie. Nie eers tydelik nie. Maak liewer jou besigheid kleiner en skep welvaart vir mense wat wil werk en dit waardeer.

Eps ·

Die bydrae wat ons lewer om Afrikaners te laat staande bly is “It is for a cause not for applause”. Eestens is die polisie, regbank, weermag, parlement en meeste prokureurs geensins simpatiek met enige blanke nie en as jy Afrikaans is, dan het jy geensins simpatie van enige instellings nie. Wanneer sake aangepak word, moet dit met uiters versigtig gedoen word en daar moet ‘n oortuigende saak wees om te verdedig. SA maak gebruik van ‘n regsisteem waar gevallestudies ‘n groot rol speel. As jy eers een keer gediskrediteer is dan maak jy dit onmoontlik om enige toekomstige sake te wen. Miskien kan MaroelaMedia help om mense in te lig oor bewysreg en wat alles as bewyse in ‘n hof gebruik kan word en wat nie. Dit is onmoontlik om ‘n saak aan te pak wat gebaseer is op hoorsê. Die ander aspek is ook die koste om ‘n saak aan te pak. Miskien moet al die sake in ‘n bondeltjie gepak word en gebruik word om die selektiewe toepassing van wette en die gereg bloot te lê. Die feit dat Nederlandse burgers ook slag offers geword het, kan help met Afriforum se pleit by die VN om in te gryp in SA. Al die goed word nie net geïgnoreer nie. Ek persoonlik kry ook baie seer om te sien wat met my mede Afrikaners gebeur. Ek het ook nie die geld nie,. maar bid vir God om in te gryp in die onregverdigheid in die land.

Kosie Kramer ·

Wie finansier BLF? Hoe het hulle gehoor wat Johann Rupert gese het? Volgens berigte op ander nuusdienste was BLF tydens die Feesmust fall-dinge gedeeltelik gefinansier deur Freedom House, `n NRO van die VSA State Dept. Hulle het `n heilige kruisvaart om “demokrasie” orals te plant, in lande wie se leiers nie met Washington saamstem nie. In Rusland het president Poetin in 2012 `n wet aanvaar waar Russiese organisasies wat geld vanuit die buiteland ontvang, `n nota op hulle briefhoofde en webwerwe moet sit om te se hulle word deur buitelanders gefinansier. Skielik het baie van die proteste opgehou.

John ·

Die stryd teen Remgro en banke dui glo op ‘n Gupta-affiliasie. Moontlike bande met die OB is ook deur die pers genoem. Wat sou die verhouding wees tussen die ANC-jeugliga en die’ groep? Sekerlik moet BLF aan ‘n party behoort en fondse bekom om so sonder om te werk rond te beweeg, te eet en te slaap. ‘n ‘Wettige’ groep terroriste?

Hanna ·

Wanneer is genoeg nou wragties genoeg? Hoe lank nog voor die eerste grondeienaar gaan besluit om die wapen op te neem en sy grond te beskerm? Julle dink ons is bang? Julle het dalk die getalle, maar dis al… Ons oorlog is naby.

Domvraag ·

Wat soek Carl Niehaus by BLF? Is sy vel nie wit ?
Was Niehaus ook nie betrokke by korrupsie nie ?

Adam ·

Onthiu dat Carl Niehaus soos die haan op die kerk se toring is. Hy beweeg die heeltyd saam met die wind.

Cherokee ·

Soos jy erken is dit ‘n dom vraag. Al wat wit is aan Niehaus is sy pigment.

Eish ·

Die geweldadige neiging van BLF gaan een of ander tyd met lewensverlies gepaard gaan. Die feit dat die haatpsalms met soveel oorgawe aangehef word, dui op n onderliggende, ongesproke agenda wat gedryf word buite die sfeer van die BLF. Kyk net wie was teenwoordig by die optog! Die geleerdes wat gereeld in rubrieke melding maak van n gematigde swart meerderheid, is van die werklikheid vervreem. Die stoofplaat word elke dag n paar grade opwaarts gestel en tesame met geteikende misdaad, verswak dit die kans op n menswaardige bestaan.

Die samelewing se welwillendheid is reeds van plastiek en aangeplak en verg onhoudbare inspanning om te handhaaf, dubbel die inspanning vir blankes. Met regstellende aksie wat tot nuwe hoogtes gedryf gaan word deur die oplegging van bankrotskapboetes, gaan die blanke middelklas veel meer deel in die pyn en trauma van werksverlies.

Met die “have’s en have not’s” wat op verskillende planete verkeer, is eenheid tussen blankes n hersenskim. Die samelewingsituasie dwing blankes in n staat van selfsug ter wille van oorlewing. Die konstante verwysings na die verlede en die sondes daarvan, is n slinkse wyse om ons te verdoem tot ewige skuldgevoelens.

Burgerregte organisasies is ons enigste werkbare kans op oorlewing vanweë die konsentrasie van bronne en kundigheid.

My bekommernis is die nuwe armblanke wat maar n neffense vangnet het wat totale uitwissing verhoed. Die groep groei jaarliks teen n ongekende tempo en behoort in n situasie van laaste hoop gestel te word. Hul bloed is op ons hande.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die eise teen Rupert, en Kie is seker “regverdig” volgens die eisers, maar WAT van Rhamaposa en sy maatjies wat met duisende hektaar onbenutte (?) grond sit? En is hulle nie ook die “fat cats” waarvan ons heeldag hoor nie?Ongelukkig kan diegene wat eise stel nie ons Afrikaanse taal verstaan nie en mors ons ons tyd om enigsins kommentaar te lewer.

Vermeende ·

In 92 het de klerk gewaarsku dat een man een stem alleen SA kan red van n burgeroorlog, die KP het gewaarsku dat die burgeroorlog net uitgestel word ( in my eie woorde) Hoe sal die liberaliste n burgeroorlog nog verder kan uitstel……….ek glo nie meer hulle het die beheer om dit veel langer te kan uitstel nie!

Hoopvol tog bekommerd oor donker wolke ·

Zuma en kie, Eff, DA en Blf is almal daarop uit om hulself te verryk.

Die toneel in SA word fyn deur die vyand en magsbehepte ANC georkestreer.

Daar word net genoeg pyn aan ons toegedien om ons as slawe en belastingbetalers gevange te hou van n sisteem wat op onsself teer vir sy voortbestaan.

Dis tyd vir belastingverset en onafhanklikheid soos wat Katalonia op aanspraak maak.

Ons belastingbetalers is nie meer bereid om die SAL, Sauk, Eskom, korrupte polisie, weermag, en parlement/kripvreters te onderhou nie.

Stop die gekheid voordat dit te laat is, praat gaan jiks meer aan die status quo verander nie.

Dis tog insiggewend dat ons nie tromp op aangeval word nie, boere word een een uitgehaal.
Dis fyn terroriste gedrag.

Nou is die tyd om op te staan om getel te word. Tyd vir kla en mor en nog vergaderings is gerby.

Konsolideer jou hulpbronne, kry jou huis in orde, oorlog is onvermydelik, dis geen grap nie, dis n tragedie wat besig is om te ontwikkel in 18mnde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.