Regsopsies mag spruit uit groep se ‘rassistiese uitsprake’, ‘aanhitsing tot geweld’

Black First Land First (BLF)-ondersteuners by ‘n optog verlede jaar. Foto: Jonisayi Maromo / ANA

AfriForum ondersoek verskeie moontlike regsopsies om die radikale organisasie Black First Land First (BLF) tot verantwoording te roep ná afloop van rassistiese uitsprake en aanhitsing tot geweld op verskeie geleenthede landswyd vanjaar.

AfriForum het Vrydag in ʼn verklaring gesê sowat 30 BLF-betogers het vroeër die dag tydens hul #RupertMustFall-optog die lied “Kill the Boer Kill the Farmer” by die Stellenbosch-spoorwegstasie gesing.

“Die groep is kwaad oor aanmerkings wat Johann Rupert, voorsitter van die beleggingsmaatskappy Remgro, op Richmond se jaarvergadering in Switserland oor radikale ekonomiese transformasie gemaak het. Hy het onder meer daarna as ’n kodewoord vir diefstal verwys,” het Ernst Roets, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, gesê.

Hy het gesê die BLF-betogers het ook vroeër die dag tesame met lede van die ANC-jeugliga en MK-veterane voor Remgro se hek betoog en gedreig om gewelddadig te raak en die hek af te breek indien ’n verteenwoordiger nie sou uitkom nie. Die woorde “One Settler, One Bullet” is ook tydens dié betoging deur omstanders gedreunsing.

“AfriForum beskou BLF se uitlatings in ’n baie ernstige lig. Die groep het reeds by verskeie geleenthede vanjaar rassistiese uitlatings gemaak wat geweld teenoor en moord op wit mense aanhits. Hoewel die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie die”Kill the Boer Kill the Farmer”-lied tot haatspraak verklaar het, beskou AfriForum dit ook as aanhitsing.”

Roets sê voorts dat strafregtelike klagte ingedien en verdere stappe binnekort aangekondig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Melanie

Kyk nou baie mooi noudat dit gesing is weer hoe plaasmoorde gaan styg (net my opinie)

Wag-In-Spanning

So baie beloftes van AfriForum wat teen wit-rassisme gaan optree, maar niks gebeur nie. Wat het van Gerrie Nel geword? Doodskis-sage, KFC-insident, Boer aangekla van moord sonder ‘n lyk. Jong vrou geskiet deur n persoon in die mag (wat nie eers in hegtenis geneem is nie). Boere word nou daagliks uitgewis op die wreedste denkbare wyses. Geen parrool vir hierdie “aangeklaagdes” maar nêrens sien ons dat julle iets tot uitvoer bring of ingryp nie. Net baie praat en daar stop dit. Kallie Kriel het nou wel saam Tumi koffie gedrink maar sy is nou “The Face Of Jacarand 94.2” en… Lees meer »

De Villiers

Kom ons kyk of al die media platforms hierdie saak met dieselfde entoesiasme gaan dryf soos met die Penny Sparrow-geval, en of die skuldiges dieselfde straf gaan kry as sy, want hierdie geval is soortgelyk, net baie erger.

hendrik

“Land or death” . Bring it on. Hulle moet ophou om te dink ons is bang vir hulle. Dis die dat hulle so dreig. Waarom betoog hulle in Stellenbosch? Is hulle streek dan nie anderkant die Kei-rivier nie. Selfs daar het hulle nog nooit grond gehad nie.

Peanut

Amper dog ek dit is rasisties gelukkig is dit teen settlers gemik en nie teen ons blankes nie, net soos ons vir tumi v jacaranda verkeerd verstaan dat haar uitsprake ook nie rasisties is van aard nie. Ek besef nou dat settlers alle ontwikkeling wat voor 1652 aangebring is aan die suid punt v afrika vernietig is en tot totale onderdrukking v n hele vasteland gelei het. Waar het jy nou gesien damme word gebou as ook paaie en o ja moenie vergeet die groot yster voels wat kos uit die lug laat Val nie, dit was alles reeds hier… Lees meer »