Regsopsies oor ‘rassistiese toerismefonds’ ondersoek

(Argieffoto)

AfriForum en Solidariteit het hul regspanne opdrag gegee om regsopsies te ondersoek nadat pres. Cyril Ramaphosa en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) bekend gestel het as ’n instelling wat finansiering aan toerismeondernemings in swart besit verskaf. Slegs ondernemings wat minstens 51% swart eienaarskap het, kwalifiseer vir lenings of toelae van dié fonds.

Die fonds van sowat R1,2 miljard het ten doel om skuldfinansiering te bied, om toelae beskikbaar te stel om aandele te bekom en om nuwe projekontwikkeling in die toerismebedryf vir swart entrepreneurs te vergemaklik.

“Die Covid-19-krisis het die regering se ware kleure en rasgedrewe doelstellings ontbloot,” sê Monique Taute, hoof van Veldtogte by AfriForum. “Die president het dit duidelik gemaak dat hulle dié fonds wil gebruik om die toerismebedryf te transformeer. Die regering het egter ’n verantwoordelikheid teenoor álle burgers in die land. Dit is ’n skande dat die regering nou reddingsboeie wil gebruik om die mense op die wal te help, terwyl duisende ander besig is om te verdrink.”

Taute meen dit is immoreel om geld aan te wend om nuwe ondernemings en projekte te befonds terwyl bestaande ondernemings in die bedryf dringend hulp benodig weens die ekonomiese krisis wat onder meer veroorsaak is deur die regering se streng Covid-19-regulasies wat op die toerismebedryf toegepas word.

Morné Malan, kommunikasiehoof by Solidariteit, voeg by dit is slegs ’n gewetenlose regering wat ’n bedryf ongekende skade berokken deur irrasionele inperkings af te dwing en dan te weier om sekere van die mense in dié bedryf daarvoor te vergoed. “Die regering het in effek toerismeondernemings in wit besit nek omgedraai deur feitlik almal te verbied om sake te mag doen, maar dan slegs aan sommiges hulp te verleen om kop bo water te hou. Dit is veragtelik dat die regering die nood van mense in die bedryf as geleentheid gebruik om hul transformasieagenda te dryf. In hul denkraamwerk kan ’n mens selfs die ondergang van ondernemings in wit besit vier, bloot omdat dit tot versnelde herverdeling lei. Ons kan dit eenvoudig nie toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Klomp rassiste in ons gesigte pffft en bitter onregverdig teenoor! So net ons blankes se belasting geld is goed genoeg vir die klomp gggmmmfff praat nou van red ‘n nasie wat nie eers bestaande besighede wil help nie! Ons sal self!!!

Pieter ·

Hoekom altyd hof toe hardloop ons blankes kan mos nou sien hoe werk die siek ANC. Ons blankes se belasting geld is goed genoeg daar mee het hulle nie n probleem nie. Mense praat gaan ons niks help nie die hof is n grap hulle gaan ons ook nie help nie. Ons blankes moet nou saam staan en ons belasting geld weer hou. Wat gaan die siek ANC doen ons almal in die tronk gooi dit wil ek sien. Jy kannie met n terroris of kommunis onderhandel nie dit kan en sal nooit werk nie. Ons blankes is op ons eie ons gaan self moet plan maak en baie gou ook.

Raakvatter ·

Belasting geld weerhou is nie so maklik. Die meeste mense is in diens van firmas, en belasting word outomaties afgetrek. Glo nie my werkgewer gaan instem om my belasting the weerhou nie. Maar dit sou goed wees. Op heel ander punt, ek wens op stemdag kan jy slegs stem as jy belasting nommer het. Free riders mag nie stem nie.

Pieter J ·

Hierdie is net nog ń bewys dat die regering covid-19 misbruik om sy transformasie beleid op ons af te dwing. Dit gebeur nie net by toerisme nie maar by alle ander tipe besighede op verskillende maniere.

Petrus ·

Hy worry glad nie want hy besit genoeg besighede en bly in ‘n huis wat so groot is waar hy kan gaan wegkruip is daar moeilikheid kom. Die laaste 5 Maande het hier in Vaaldriehoek huise opgeskiet deur swart privilege in alle areas en ek glo nie een huis is onder 15 Miljoen per huis nie. Net in my area het ek getel 22 huise, so in die Ekonomie waar kry hulle die geld.

Stefaan ·

Ons is duidelik nie deel van “our people” nie, maar ons belasing geld is welkom.

Delilah ·

Kan ons wit mense dan nie kwyt geskeld word van belasting nie aangesien ons nie voordeel kan trek uit ons bydrae nie. Gee ons wittes ook ‘n se hoe ons belasting geld bestee mag word.

Jakes ·

Hulle kan miljarde vir SEB gee in enige bedryf maar soos die afgelope 26 jaar reeds bewys is, sal hulle dit ook opfoeter. Kom nou, ons weet dat alles wat hulle aanpak n mislukking word voordat dit begin is.

Hennie J ·

Pieter slaan die spyker op die kop. Terwyl ons wittes se geld beskikbaar is om teen ons self gebruik te word sal ons die wrange vrugte pluk.
Spandeer liewer die regskoste om mense wat binne byvoorbeeld n neergelegde riglyn, alle betalings aan die owerhede weerhou, te verdedig.

Natasha ·

Nou wat dink Ramaphosa gaan gebeur as hy die fonds aanwend vir swart entrepreneurs en nog steeds alles gesluit hou? Hulle besighede gaan ook eventually vou. Ramaphosa stel ideale voorbeeld van volksmoord en hoe om ‘n pragtige en belowende land in die grond in te lei terwyl hy blatant lieg in die wêreld se gesigte. Hitler is seker sy ikoon!?

Persheks Adri ·

Dit gaan nog vou voor hulle dínk hulle begin ‘n besigheid! Plaas help hy die bestaande sukkelende besighede, maar ons weet ook hoe hulle “redeneer” gggmmmfff

Alet ·

Ek sê nogsteeds wees versigtig watter besigheid jy ondersteun. Die man in die straat het ‘n beursie en jy kan besluit waar jy jou geld spandeer. Vind uit oor die besigheid voor jy daar iets koop. Selektief trots Suid Afrikaans.

Jaco ·

In ‘n vorige hofsaak oor BEE het die nogal wit regter Judy Kolappen gesê BEE is reg en die aansoekers wat so kla dat BEE onregverdig is, praat nonsens. So ‘n nuwe hofsaak oor dieselfde saak in dieselfde hof gaan mos nou nie ‘n ander totaal teenoorgestelde gevolgtrekking/uitspraak gee nie. Ek stem saam dat dié BEE ding lelik is met wit mense, MAAR as wit mense sou staatshulp kry, dan moet hulle ALLES van hulleself en hulle besighede aan die staat bekend maak. Kater, wanneer vereistes vir BEE en regstellende aksie nog strenger word as nou EN wanneer onteiening sonder vergoeding begin, is daardie wit mense wat so staatshulp gekry het bo aan die lys om eerste vasgevat te word. Wit besighede behoort eerder bly te wees dat hulle tans uitgelos word.

Jannie van Niekerk ·

Judy Kolappen is uitgesproke ANC ondersteuner. Haar grootste “drawback” in die lewe is haar wit vel..

JohanR ·

1000’de mense gaan dood aan ‘n virus, en die ANC speel BEE speelitjies!

Anoniem ·

Mnr Ramaphosa as dit jou houding is………………………dan is jy mos ‘n Rassis!!! Dit raak tyd dat AL die opposisie partye saam staan en jou in die Parlement aanvat oor hierdie uitlatings van hom!!!! In die jare van die sogenaamde Apartheids Regering het ek aan die kortste end getrek en nou wraggies waar is dit weer so!!!! VIR JARE HET EK ELKE MAAND MY BELASTING BETAAL EN NOU GEE JY DIT SOMMER NETSO VIR DIE SWARTES……………………………NEE……………….not a wiel nie……………….Ons blankes gaan nou prosedeer!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.