Regsoptrede volg dalk ná Malema-uitsprake

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie.

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan met sy regspan beraadslaag oor moontlike regsoptrede teen die EFF en dié organisasie se leier, Julius Malema, ná “rassistiese uitsprake” wat Malema die afgelope naweek tydens ʼn politieke byeenkoms gemaak het.

Malema het onder meer gesê wit mense moet bly wees dat die EFF nie vir ʼn volksmoord vra nie.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê hierdie uitsprake moet gesien word binne die konteks van Malema se vroeëre uitspraak dat die EFF “nog nie” ʼn beroep op volksmoord teen wit mense doen nie.

“Die EFF se uitsprake is blatant rassisties en kwetsend,” het Roets gesê.

AfriForum het vroeër vanjaar ʼn klag van haatspraak teen die EFF ingedien nadat ondersteuners van dié party ʼn lied met die woorde “white man, you must die” en “shoot to kill the Boere” gesing het. “Die EFF se leierskap het dié lied in die openbaar verdedig en bygevoeg dat hy trots is op sy lede se optrede,” het hy gesê.

Maroela Media het Maandag berig Malema het Sondag gewaarsku die banksektor en Afrikaner-boere moenie probeer saamsweer in ʼn poging om grondonteiening sonder vergoeding te laat misluk nie.

Malema het EFF-ondersteuners in ʼn stampvol Standard Bank-arena in Johannesburg toegespreek waar die party ʼn kiesersregistrasieveldtog met die oog op volgende jaar se algemene verkiesing van stapel gestuur het. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Boet Fasie ·

Malema sien hy kom niks oor nie en dat hy kan se en doen net wat hy wil, nou gaan plaasmoorde weer styg na Malema se uitlatings. Moenie dat ‘n witman sulke uitlatings maak nie dan word hy onmiddelik toegesluit en gesien as ‘n gevaar vir die gemeenskap.

Martin ·

Dis elke keer net dreigemente deur almal om Malema hof toe te vat en elke keer kom daar niks van nie, meer bek as binnegoed

André ·

Inderdaad is dit so. Dis nou tyd dat die mense wat roem daarop dat hulle vir die boere en Afrikaners omgee en hulle belange op die hart dra nou begin iets doen, maar sovêr net groot lawaai en wyning wol – Afriforum en AFGRI-SA, die tyd het gekom om op te hou hanna hanna en om iets daadwerklik te doen!

Lizelle ·

Hy word nou al n geruime tyd lank toegelaat om te sê net wat hy wil en niemand vervolg hom nie! Hy sal seker eers gestop word as hulle wel besluit om ons re begin doodmaak! Hy is klaar besig want ek dink hy is n aanhitsing agter al die plaasmoorde!

honourable member ·

Maak n voorbeeld van hom. Hy kan nie maak en breek soos hy wil nie. Dis omdat hierdie mense met alles wegkom dat hulle dink hulle is so belangrik.

Sanet Engelbrecht ·

Ja nee belaglik dat dit dalk is!! Dalk moet ons begin saamstaan en veg vir ons regte!

Theresa B ·

Ag foeitog. Dit is ook al wat hulle aan hom doen en hy sal weereens wegkom met sy haatspraak. Hy stook almal op en sy gevolg glo elke ding wat hy sê. Hy verstaan nie wat hy besig is om te doen nie. Untouchables. Ek wil sien wie kan hom so aanvat dat hy sy mond vir altyd hou. Maar niemand doen iets aan hom en al sy optredes en uitlatings nie!!!!

Theresa ·

Hy verstaan PRESIES. Hy weet egter daar is geen reperkussies vir als wat hy kwytraak nie. Sekere landsburgers – lyk dit my – is onaantasbaar.

Willie ·

Die EFF en sekere in die Parlement was baie rassities oor die grond kwessie….

Casper Labuschagne ·

Daar is geweldige emosionele toesprake oor die onreg wat gepleeg is oor die grond en dat dit reggestel moet word. Maar as jy verby die woorde kyk, gaan dit regtig net oor een ding – vergelding teen die wit minderheid.

Ronelle ·

Ag asseblief, wat word van hierdie “sake” wat Afriforum aanpak. Hoor ons ooit weer iets daarvan…?

Johannes ·

Presies wat ek sê – hou op hanna hanna met hofsake en petisies. Dit beteken absoluut niks!

Roep ‘n krisisberaad af vir alle Boere Afrikaners en kry ons om ‘n tafel om:

1. ons as volk te verenig onder een naam, vlag en uniform
2. leiers te kies wat ons sal verteenwoordig
3. aksieplanne op te stel oor hoe ons ons eiendom, grond en voortbestaan in SA sal beskerm

Ww ·

Jy is doodreg johannes en ons moet onsself almal goed bewapen en die ouer mense moet ons oplei om ons lewens te kan verdedig want op die ou eiende gaan ons almal moet saamstaan en ons lewens verdedig teen hulle.

snoepie ·

Ag hy gaan niks oorkom nie. Gaan net weer sê hyt dit figuurlik bedoel

Jollie ·

My persoonlike opinie… die EFF sit agter al die plaasmoorde. Malema sê en doen wat hy wil, wanneer hy wil en kom weg daarmee. Ek is seker daarvan plaasmoorde sal verminder as daardie EFF vrotkol onder beheer gekry word.

Erick ·

Ons is ‘n praatsiek volkie en ons gaan al pratende van die volkerekaart af verdwyn.

LR ·

Ons het nou al so baie gehoor van regsoptrede teen hierdie man, maar hy kom net mooi niks oor nie.

Jerry ·

Malema is duidellik besig om die Moses in witmense wakker te maak!

Jordaan ·

Ramaphosa stem saam met hom – onthou die padda in die kookwater uitlating.

CAROL ·

Ja nee kyk die in nou 1 man wat met als wegkom. Ek glo hy sal tot met moord wegkom!!!

Sophia ·

JY kan maar sê wat jy wil, Malema, maar GOD het die Laaste sê!!

Francois ·

En intussentyd word net meer en meer boere doodgemaak totdat ons wag vir die laaste se ?

Erick ·

The theory of Communism may be summed up in the single sentence : Abolition of private property.
-Karl Marx-

Anita Schoeman ·

Hoekom mag hy wat malema is net doen en se wat hy wil. As dit nou enige wit persoon was was daar hofsake of erger dinge. Ek dink rerig hy moet vasgevat word en reggesien word. Ek sal glad nie sy naam eer met n hoofletter spel nie hy is n moeilikheid maker

Alida ·

Hoekom moet daar “dalk” regsaksie ingestel word. Hoekom nie DADELIK deur middel van ‘n dringende aansoek met ‘n kostebevel teen hom nie. Genade waarvoor wag julle hy gaan nie ophou nie.

J.Pretorius ·

“If we continue to accomodate, continue to back and retreat, eventually we have to face the final demand, the ultimatum and what then?” Ronald Reagan

Johannes ·

PRESIES! Dankie vir jou kommentaar. Die tyd vir mooi praatjies is LANKAL verby. Dit is tyd vir ‘n ultimatum stel aan die regering!

anti vergrype ·

Regsoptrede volg DALK? Wat beteken die DALK? DALK beteken dit gaan NIE gebeur nie _ Skaam julle Afri! Wat se ge-dalk is hierdie met julle?
Waarvoor betaal ons julle elke maand? Nee- man kry rugraat en staan op en sleep hom hof toe !!
Nie DALK nie.

HPV ·

Malema die witman is en was nog nooit ‘n “pushover” nie. Jy sal gou uitvind dat jy met ‘n vreeslose en gedugte teenstaander te doen het! Wees gewaarsku die EFF en meelopers se handbriek kan dalk hard opgetrek word!

Michael ·

Man hulle raas net nog nooit n dag se werk in hulle lewe gedoen nie. Kyk maar net toe hulle so in die parlement aan gegaan het soos stout kinders en dan word hulle so maklik uit gegooi wys jou net hulle beteken net mooi niks.Kan net op stook soos lafaards. want hulle kan niks self doen nie .

Casper Labuschagne ·

Ek het gisteraand (teen 1.67 keer die gewone spoed) deur Malema se toespraak gekyk. Die ontstellendste was hoe hy uitgevaar het teen “the white man” ( wat Athol Trollip was met sy enigste oortreding dat hy ‘n wit man in ‘n uitvoerende posisie was) en sy uiting net daarna “we will cut the throat of whiteness.” Ek wens iemand wil sy woorde in Pedi wat hy daarna gesê het, vertaal. Ongelukkig is Malema tans effektief verhewe bokant die reg en sou daar sake teen hom gemaak word, dan kry hy onbepaald uitstel in die hof en elke keer is dit net nog ‘n geleentheid om net meer opruiende uitsprake buite die hof te maak. Boonop durf die ANC nie toelaat dat Malema verder vervolg word nie, want een van Malema se strydpunte is juis dat die ANC toelaat dat “die rassistiese Afriforum” vir die EFF teister en vervolg. Die positiewe punt is dat die vegters in rooi, sterk is wat opruiende bravade betref, maar hoegenaamd nie so vol moed sou ‘n enkele skoot klap nie.

Ai tog! ·

As dit ‘n witte was wat sulke uitsprake gemaak het was hy toegesluit en kan geen borg kry nie, maar Malema weet hy gaan niks oorkom nie, en Afrikaans instellings is te sleg om iets daarom trent te doen!

Fred ·

Stig ‘n geen wins organisasie wat ‘Safe zones’ , alarms en kameras installeer op plase en plotte. Die boer gaan homself moet beskerm. Gee hom ‘n opleiding dvd en wenke om ye help. Wenke kan lewen red-maar ek kry geen gesentraliseerde bron daarvan. Afrikaners doen te min om mekaar te help en tog is daar baie maniere.

Fred ·

Stig ‘n geen wins organisasie wat ‘Safe zones’ , alarms en kameras installeer op plase en plotte. .Die boer gaan homself moet beskerm. Gee hom ‘n opleiding dvd en wenke om ye help. Wenke kan lewen red-maar ek kry geen gesentraliseerde bron daarvan. Afrikaners doen te min om mekaar te help en tog is daar baie maniere.

HPV ·

Fred, jou woorde die boer gaan homself moet beskerm is waar. Die boer sal egter, net soos ons in die stede en dorpe, self daarvoor moet betaal.

HPV ·

Soos op meegaande foto is Malema se mond altyd oop. Ons was eendag deur so parmantige koperaaltjie aangetree toe hy gil, troepie, ja jy met die oop mond, is jy nie bang ‘n vlieg klim in jou keelgat af en tjorts op jou hart nie!? Kan vandag dieselfde vir Malema vra.

Dawie ·

Afriforum is ook maar net praat en beraadslaag verder niks nie. Enige ander plek in die 1 ste wereld was so persoon alreeds agter tralies. Kom ons kyk wat hiervan word.

adriana ·

Waarom so stil Afri??
Waar is julle en wat het van julle geword?
Kry lewe en doen iets daadwerkliks.

Irma ·

Dalk ?? Het die arrogante mannetjie regtig almal aan sy voete? Hy maak soos hy wil, sê wat hy wil en kom meeste van die tyd daarmee weg. Hoeveel mense in ons ou landjie word agv sy uitsprake in onsekerheid en onveilige omstandighede gedompel en steeds raak hy net meer breedsprakerig. Dis om van naar te word

Wilma ·

Hier sal NIKS van kom nie! Hy sal net sê dit was by wyse van spreuke… En ….. Die berig lees………….DALK!!!! DALK REGSTAPPE NEEM?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.