Regstappe begin om Poetin-inhegtenisneming in SA af te dwing

Pres. Cyril Ramaphosa en pres. Wladimir Poetin in 2019. (Foto: GovernmentZA/Flickr)

Die DA het ʼn hofaansoek ingedien wat, sou dit slaag, Suid-Afrikaanse owerhede dwing om die Russiese president, Wladimir Poetin, in hegtenis te neem as hy in Augustus die land vir die Brics-beraad binnekom.

Die aansoek is Dinsdag by die Gautengse hooggeregshof ingedien.

Die DA se regstappe kom kort nadat die regering diplomatieke immuniteit aan amptenare verleen het wat vandeesweek ʼn vergadering van Brics-ministers van buitelandse sake bywoon. Dié immuniteit geld ook vir die Brics-ministers se staatshoofde wat later die land gaan besoek.

Sommige groepe voer aan dat dié stap ter voorbereiding van Poetin se koms gedoen is. Die departement van buitelandse sake ontken dit egter.

“Hierdie immuniteit negeer nie enige lasbrief wat moontlik deur enige internasionale tribunaal teen enige persoon by die beraad uitgereik is nie.”

Die departement voer aan die uitreiking daarvan is “standaard”-prosedure vir die aanbieding van die internasionale beraad.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder van justisie, sê die DA stuur die regsaksie van stapel om ʼn herhaling van die Al-Basjir-sage van 2015 te vermy toe die regering versuim het om sy plig om ʼn inhegtenisneming te doen, na te kom.

“Hierdie voorlopige hofaksie probeer verseker dat Suid-Afrika sy verpligtinge ingevolge die Statuut van Rome van die Internasionale Strafhof, en die Implementeringswet nakom,” sê Breytenbach.

Die DA se aansoek gee ʼn uiteensetting van die presiese stappe wat gedoen moet word, sou owerhede deur die Internasionale Strafhof versoek word om Poetin vas te trek en te oorhandig.

Hierdie stappe sluit in dat die direkteur-generaal van justisie die versoek onmiddellik ingevolge artikel 8(2) van die Implementeringswet na ʼn landdros moet stuur. Daarna moet enige lasbrief vir inhegtenisneming wat deur ʼn landdros onderskryf word wel deur die regering in werking gestel word, waarna Poetin aangehou en aan die Internasionale Strafhof oorgegee moet word.

“Die DA soek hierdie verklarende bevel om te verseker dat daar geen wetlike onduidelikheid is met betrekking tot die prosedure wat gevolg moet word, en die verpligtinge wat op die staat geplaas word, sou Poetin sy voete in Suid-Afrika sit nie.”

Die Internasionale Strafhof het vroeër vanjaar ʼn lasbrief vir die inhegtenisneming van Poetin uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade in sy stryd teen Oekraïne.

As lid van die Internasionale Strafhof sal daar van Suid-Afrika verwag word om die inhegtenisneming te doen, sou Poetin die land binnekom.

Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, wou Dinsdag nie aan AFP sê of Poetin na Suid-Afrika sal reis vir die beraad nie.

“Rusland sal behoorlik verteenwoordig word,” het Peskov gesê.

Hy het bygevoeg dat Rusland verwag dat sy Brics-vennote nie deur “onwettige besluite [soos die Internasionale Strafhof se inhegtenisnemingsbevel] gelei sal word” nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jean ·

Ek raai hy gaan kom, en al slaag die DA sal die ANC hom nie inhegtenisneem nie,

kragaap ·

Die ANC speel ‘n speletjie wat hul nie die impak van besef sou dit skeef loop nie. Sanksies teen SA asook die verlies van biljoene rande se belasting vrye uitvoere. Dan gaan werkloosheid bo 40% styg.

Minnie ·

ANC speel met ons almal se lewens.
As hul so aangaan gaan geen lande meer in ons belangstel nie.

Fontein Tannie ·

Ander lande het nog nooit in “ons” belang gestel nie. Net in die rykdom van ons stukkie aarde….

Johan ·

Wat gaan gebeur as die petro dollar val, wat gaan dan gebeur…en hy is op pad uit mense. Dalk tyd om nuwe vriende te maak, die woke weste is verby, en so ook hopenlik hul tirannie oor die planeet.

kragaap ·

Die BRICS lande en hul voorgestelde nuwe geleentheid om weg te beweeg van die US$ as die wêreld se handels gelddeenheid is optimisties. Die US$ is baie diep gevestig vir dekades al. Die nuwe BRICS geld eenheid waarmee hul die petrodollar wil sink is nie eers in sirkulasie nie. Saam maak NATO ‘n magtige ekonomiese blok, en die US$ ‘n magtige gelddeenheid. Ongelukkig kies die ANC die wêreld se muishonde as SA se “nuwe vriende”.

Republikein in die Wes Kaap ·

Binnekort sluit Saudi Arabië, Iran, Mexiko, Argentinië, Indonesië, Maleisië, Viëtnam, Nigerië, Egipte, Kenya en Ethiopië ook aan. Dan gaan die poppe dans.

Harley Davidson ·

Ek is onseker of hierdie n goeie of slegte ding is,die brics lande met die nuwe geld eenheid kan ‘n goeie ding vir suid Afrika wees maar verkoop n mens jou siel om ‘n krimineel soos Putin wat verantwoordelik is vir oorlog misdade in oekraine te akkommodeer?

Gaitsigubib ·

Die DA het vriende in die Weste en die ANC vriende in die Ooste. Almal soek ons minirale. Die Afrikaner het nog nooit vriende gehad nie, dis waarom die hugenote gevlug het onder die jeuk van die katolike, die imperialiste ons grond gesoek het en die kommuniste dit weer kom vat (het). As jy op jou eie wil wees, dan noem hulle dit apartheid en koppel n stank aan dit wat vir altyd bly hang.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien hy inhegtenis geneem word gaan die poppe dans, asook Breytenbach. Amerika gaan ons hawens opblaas en Rusland die res. Dis nou ‘n verloor-verloor situasie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Blaas die hawe op en geen skip kan iets verdags op of aflaai nie. Met ‘n hommeltuig of duikboot langs die kus. Easy peacy.

Gaitsigubib ·

Ek dink Putin sal nie n kans waag om enige ander land buiten China te besoek nie. Ekonomies kan brics vir ons voordele inhou, want n geldeenheid wat op ‘n goudstandaard gebaseer is, is tans beter as n wankelrige petro-dollar. Die 1972 oneenkoms wat die VSA met Saudi Aribia gesluit het, het reeds verstryk en dit voorspel moeilikheid vir die dollar en westerse geld in die algemeen. Mens moet egter nie n fout maak nie, die ekonomiese lyne wat nou getrek word, is ook die lyne vir die groter konflik wat om die draai le.

Marthinus W ·

En Saudi-Arabie het die afgelope week toestemming gekry om by BRics aan te sluit. Hulle draai dus hulle rug op Amerika.

LANA is ELANè ·

Die WOKE DA se obsessie met Pres Putin maak net nie sin nie. Hy is tog deel vd BRICS lande, dink hulle rerig hulle kan die statige president uitlewer aan die selfaangestelde internasionale strafhof? Die WEF is hul meester en hulle is beslis deel van ñ groep mense wat die wêreld in ñ NWO wil forseer, waarin ñ handjie superryk mense die wêreld beheer.

Nettie ·

As ek die sake so bekyk, word Suid-Afrika nou gedwing om te kies tussen die Ooste en die Weste. Hulle keuse gaan na enige kant toe, gevolge hê waar mee die regering gaan moet rekening hou.
Interessante tye wat wag op ons!

Republikein in die Wes Kaap ·

Sinkende Weste vs Opkomende Ooste. Die besluit behoort maklik te wees.

CA ·

Die Internasionale Strafhof het geen lasbrief vir die inhegtenisname van Barack Obama en sy amptenaar Victoria Nuland uitgereik na die staatsgreep in Oekraine in 2014 nie. Indien wel sou die geskiedenis anders verloop het, en sou daar moontlik geen oorlog gewees het nie.

CA ·

Ek moet sê die DA weet hoe om stemme te wen onder die massas in SA. Sterkte met die volgende verkiesing…

gpsa ·

Ek staan saam met die DA. ANC is duidelik aan Rusland se kant en dit oor die hulp wat hulle ontvang het tydens apartheid. Nou byt hulle die westerse en europese hand wat hulle voer.
Wat help Brics ons eintlik finansieel? Kom groot moeilikheid as hulle so aangaan.

Willie ·

Dis reg. Arresteer Poetin. Dan kan die Russiese magte sommer voor teetyd klaarspeel met die ANC en sy gewigtige weermag. Siedaar, einde van die mislukte kader staat. Miskien is dit waarop die poppemeesters van die Internasionale Strafhof hoop.

Willie ·

Bangbroek? Vir wie en wat? Ons oorgewig magte? Nie eers NAVO (VSA/ Brittanje) het die durf om dit te probeer nie.

Johan ·

Die VSA se empire is besig om te sterf, ons kan nie net aan die petro dollar vasklou nie, en dit beteken ons moet ons vriende naby hou. Hoekom is Putin so groot krimineel, wat van al die VSA oorloë, gaan die DA daardie presedente ook arresteer! Hipokrate as jy my vra, hoop die DA kry pakslae.

gpsa ·

Vir wie gaan jy ondersteun as ‘n blanke Suid Afrikaner? Die DA probeer maar almal is te wys.

Keelvol ·

Om Putin gearresteerde kry, gaan dit n einde aan beurtkrag bring.? Gaan dit ons paaie oornag teer? Gaan dit die ander sosiale probleme in ons land oornag laat verdwyn?

Nou wonder die DA hoekom wil die wittes nie vir hulle stem nie.

gpsa ·

Al wat daai probleme dalk kan oplos is as wittes vir DA stem, maar hulle wil nie gehelp word nie, wil net sit en kerm.

Chris ·

Ek sit tussen twee vure oor die DA se besluit om Putin te laat arresteer en die Kader Speelgroep se obsessie met Rusland. DA is vir my te arrogant en te groot vir hul skoene, Die Kader Speelgroep dink hulle het ‘n groot “komrate” in Rusland. Die Russe het genoeg gehad met die Afrikane wat hulle voorheen plak plek gegee het. Hulle is soos die Sjinese. Hulle “help” maar met ongeskrewe voorwaardes. Die Amerikaners moet ook hul agterente sien vir ‘n verandering. Iemand is besig om wakker te skrik en die uiters belangrike seeroete om die Kaap te erken. Sluit die Straat van Homus die Seuz en Panama kanale dan sit die westerse moonhede sonder olie. Iemand gaan bloei en dit is interresante tye wat op die horison is. Een van die dae kos ‘n brood dalk 50 Roebels. Afrika moet weer kolonialiseer word om haarself van haarself te red.

Chris ·

Ek lees die kommentare met skok. Soveel verdeeldheid onder wit mense was laas gehoor tussen die Natte en Sappe. Jul wil in ‘n veilige land woon, maar jul kraak elke party af wat vir julle dit moontlik probeer maak. ANC is pateties, maar Boeta hul beskerm die een die ander. Moenie kla ma 2024 verkiesing as ANC weer die regerende party gaan wees nie. Ons geloof is besig om verlore te gaan.

gpsa ·

Stem heeltemal saam, ons is ons eie grootste probleem, te vas on ons eie wee,

Marius ·

DA speel n baie gevaarlike speletjie. Putin is nie n man om mee te mors nie. Omdat die weste iets wil he moet almal saamstem. Regtig..

JohanR ·

Ek kan net se “LEKKER!” Die ANC probeer nou alherande maniere om die ou land in te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.