Regstappe dreig oor verpleegsters se plasings

Juan-Ri Theunissen en Dané Hertz. Foto: Verskaf

Die departement van gesondheid kan moontlik hof toe gesleep word omdat twee afgestudeerde verpleegsters meer as ses maande ná hul studie steeds nie by hospitale geplaas is nie.

Die vakbond Solidariteit het vandeesweek in ʼn verklaring gesê die verpleegsters, Juan-Ri Theunissen en Dané Hertz, moes reeds aan die begin van die jaar by hospitale geplaas word en ʼn salaris begin verdien het. Dit het egter nog steeds nie gebeur nie.

Volgens Solidariteit is Theunissen en Hertz se aansoeke om gemeenskapsdiensplasings einde verlede jaar by bepaalde hospitale goedgekeur, waarna die plasings met groot omstredenheid teruggetrek en hulle per SMS hieroor ingelig is. Solidariteit het nou in ʼn dringende skrywe die departement en die minister van gesondheid gemaan dat Theunissen en Hertz binne sewe dae by hospitale geplaas moet word. Indien die departement versuim om hieraan te voldoen, sal die vakbond regstappe doen.

Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê Theunissen en Hertz is einde verlede jaar bloot in kennis gestel dat hul plasings onregmatig was. “Nadat die partye navrae daaroor gerig het, is hulle ná byna twee maande, op 12 Januarie 2017, in kennis gestel dat staatsbeurshouers eers geplaas moet word en dat hulle weer in die derde plasingsfase, wat reeds op 1 Januarie 2017 gesluit het, kan aansoek doen,” het Van der Bijl gesê.

Hy meen die departement en die minister van gesondheid het hul plig versuim om die verpleegsters in gemeenskapsdiensposisies te plaas soos deur die wet bepaal word. “Die verpleegsters is gevolglik nou al vir ses maande sonder betrekkings en hulle word daardeur benadeel omdat hulle nie sonder hul gemeenskapsdiensjaar as verpleegsters kan kwalifiseer nie. Boonop is albei aansoekers van ses maande se inkomste ontneem,” het Van der Bijl gesê.

“Solidariteit versoek nou die departement en die minister van gesondheid om dringend die plasings te bekragtig sodat die aansoekers ook hul beroepe kan beoefen en ʼn bydrae tot die ekonomie kan lewer.”

Enige soortgelyke gevalle kan by [email protected] aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Remlut Froggiem ·

As jou vel wit is gaan die lewe ondraaglik vir jou raak in Suid Afrika.

Louis ·

Net nog n bewys dat die swart A N C die wittes in die land nie goedgesind is nie en alles in hul vermoe sal doen om dit onaangenaam te maak vir wittes.

Alida ·

Hulle soek nie wit opgeleide verpleegsters nie maar stel mense van die strate af aan om in die morsige slagpale wat hospitale genoem word te werk. Hoekom is julle verbaas?

Louis ·

Wys jou maar net weer hoe rasisties die A N C en sy trawante is

Julle SAL wen!! Hou aan ·

Gee hulle gas. Baie sterkte. Julle gee om en sal dit regkry deur hul geplaas te kry. Bid dat God hulle sal seen en gebede hoor.

Kyk Maar ·

Gaan werk oorsee, julle verdien nie om in hierdie gemors vasgevang te word nie.

Erick ·

Ek stem. Probleem is hulle moet eers kwalifiseer en hul ‘vakleerlingskap’ doen. Die einste ding wat die Regering nou kniehalter.

humor ·

En nou gaan hulle in die morsigste van alle morsige hospitale geplaas word waar dit onmoontlik is om gesonde opbouende arbeidsverhoudinge te handhaaf en waar dissiplineloosheid al hul vorige opleiding sal ondergrawe.

Lea ·

Nee ASB ons het ons mense in die staats hospitale baie nodig,daar is soveel mense wat nie mediese skemas kan bekostig nie,en mense soos julle is brood nodig! Solidariteit, werk die cANCer se sake!?

marous ·

Word wetlik verplig om gemeenskapdiens te verrig . As ek hulle is , klim ek op die eerste vliegtuig oorsee .

Hanna ·

Selfs privaat instansies se verpleegsters word vanaf 2009 verplig om gemeenskapsjaar te doen. Ek weet, was in dieselfde bootjie. Plaas mens veral in afgelee areas… Ek werk al 3 jr oorsee. Wil nooit weer in RSA werk nie, dankie!

Theresa ·

Ai, dis jammer om mense soos jy te verloor a g v die aaklige omstandighede hier. Maar bravo!! En ek kan net sê: ditto.

Charmaine ·

Skande,seker weer n kleur ding en intussen wil fi dames graag net werk en n diens lewer. Maar dis nuwe SA vir ons.
Hoop hulle kry goeie back pay di regering het mos baie.

foxi ·

Wag n bietjie mense…as hulle geplaas word, sal hulle by die slegste, onbevoegste hospitaal geplaas word, waar hulle deur hel sal gaan.

Ouvrou ·

Die ANC weet ook baie goed sonder hulle jaar hospitaal diens kan hulle nie imigreer en elders ‘n lewe gaan maak nie.

Theresa ·

Genade. Ek sou Marous se raad volg as ek die twee intelligente dames was. Hul dienste sal opgeraap word oorsee. Hoop hul word nie uit nyd na een of ander afgeleë misrabele hospitaal gestuur vir hul verpligte jaar nie. Byt vas! na daardie jaar is jul hande los om privaat te verpleeg. Sou graag wil lees wanneer hierdie opgelos word en hoe dit opgelos is.

Johann ·

Weet nie my kommentaar dit gaan maak nie… maar ek stem ook saam.
Australia en New Zealand soek baie van ons verpleegsters

Johann ·

Deesdae moet ‘n ou super versigtig wees wat jy se of skryf.
So ek waardeer julle ‘toesig”

Rachel Hattingh ·

Nee, hierdie is nie n rasding nie. Almal ly hier onder. Die dept en verpleegstersraad sleep voete. Administrasie pateties. My kind kon darem na vele oproepe en met hulp van Denosa 1 Jun begin werk het. Het Sept laasjaar al n plasing gekry maar agv admin nou eers begin. En ja, die toestand van kliniek waar sy nou werk is om van te huil.

Zanah ·

Gaan werk oorsee!..julle Sal hier al die gemors werk doen en nog ook die skuld kry..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.