Regstappe dreig oor werk vir ‘slegs’ jong swartes

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

Solidariteit het Hyundai en Yes4Youth-program tot Vrydag kans gegee om te reageer op ʼn regsbrief in verband met dié organisasies se indiensnemingsprogram wat slegs vir swart werklose jongmense beskikbaar is.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê dit is aktiewe diskriminasie teen jong, wit werklose mense.

“Afgesien van velkleur is daar geen verskil in die omstandighede van die wit werklose en die swart werklose nie. Om iets wat aan rassevoorkeur gekoppel word ‘regstelling’ te noem, is absurd. Dit kom daarop neer dat hierdie organisasies mense skop wat reeds lê.”

Hy sê die krisis van jeugwerkloosheid is groter as ras. “Om steeds aan te voer dat ʼn spesifieke ras se jong werkloses groter waarde het as dié van ʼn ander ras, is moreel onverdedigbaar.”

Solidariteit het al in die verlede Yes4Youth daarop gewys dat dit absurd is om hulp aan werkloses volgens ras te verleen. Yes4Youth het daarna skriftelike beloftes aan Solidariteit se regspan gemaak dat die program vir alle jongmense oopgestel sou word.

Volgens Mulder het daar egter dadels van gekom en Solidariteit het toe besluit om die hof te nader om Yes4Youth se diskriminerende inisiatiewe in die bek te ruk.

“Hierdie geval is net die jongste verwikkeling in die regering se pogings om hulp vir mense in nood volgens ras uit te deel. Toe die Covid-19-pandemie op sy piek was, moes Solidariteit die regering hof toe neem oor die toerismefonds wat slegs vir swart mense bedoel was. Yes4Youth dwing ons nou weer om te moet opstaan vir die grondbeginsel dat hulp aan behoeftige hande verleen moet word en nie aan swart of wit hande nie.

“Om behoeftige mense wat vir hulp toustaan weens hul velkleur uit die tou te verjaag, is gewoon boos.”

Die VF Plus beaam Solidariteit se mening oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) en sê dit bemagtig niemand in Suid-Afrika nie.

Fanie du Toit, woordvoerder van die VF Plus in Noordwes, sê dit het die onbedoelde gevolg om verál jong mense uit minderheidsgroepe teen wie dié wette diskrimineer, te motiveer om te presteer ondanks regeringsbeleid.

“Die VF Plus wys reeds sedert 1994 daarop dat sulke uitsluitende wetgewing bloot nuwe vorme van diskriminasie skep en geen bydrae tot ekonomiese groei sal lewer nie. Slegs ʼn klein groepie polities verbinde mense het tot dusver hierby baat gevind en groot rykdom versamel terwyl die groter bevolking in armoede verval het,” sê Du Toit.

“Dit het gelei tot ʼn kultuur van selfverryking en korrupsie met aanstellings in die staatsomgewing wat die algemene verval van die staatsdiens bespoedig het. Die besef dat hierdie wetgewing en ANC-beleid ʼn werklike bedreiging vir die land se toekoms inhou, het reeds wyd posgevat.”

Ekonome en akademici soos Moeletsi Mbeki en William Gumede het dit reeds talle kere gestel dat die beleid geskrap behoort te word en dat vrye ekonomiese groei en entrepeneurskap bevorder moet word.

Die Internasionale Monitêre Fonds (IMF) het Suid Afrika ook in ʼn onlangse verslag gemaan dat beperkende arbeidswetgewing en ʼn oorgereguleerde ekonomiese omgewing ekonomiese groei ondermyn.

Die IMF het ook daarop gewys dat dit bydra tot die groot gaping in rykdom in die land.

“Terwyl die regering ʼn omgewing van verval in staatsafhanklikheid en agteruitgang bewerkstellig het, het ʼn groot aantal jongmense die dwaasheid van regeringsbeleid ingesien en self op innoverende wyses aan hul toekoms begin bou,” sê Du Toit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Corne123 ·

selfde as kfc en wat gaan gebeur stel oop vir almla maar as jy wit is word cv uitgegooi so maklik soos dit

Vonkprop ·

Yes4Youth se belofte om dit vir alle jeug oop te maak beteken niks. Hulle lees almal se CV’s om almal goed te laat voel, maar hulle finale besluit sal 100% swart jeug wees. Totdat hulle nie wit kies nie beteken dit niks.

Papsak ·

Ons moet dit vinnig stop regtig wat van ons jong wit mense wat nie werk kry nie worrie hulle nie daaroor nie

Anel ·

Vat hulle die stelling weg is dit net oë verblindery. Hulle neem in elke geval net swart in diens en sê die blankes kwalifiseer nie op grond van enige absurde rede. Soos met alles. Gaan kyk maar hoeveel jong blankes word werklik in diens geneem? En hoir dan die redes hoekom nie. So of daar nou gesê word slegs swart of enige iemand, hulle maak soos hulle wil.

Driesman ·

Verkoop hulle dan net motors aan jong swart mense? Ek sien baie wit eienaars,

annie ·

Hier is nou so baie mense in SA dat ‘n sensus nie eers meer iets sal wil oplewer nie… Dalk doelbewus omdat die getal werkloses sou skok. Cyril wil nou, om ander Afrika-leiers te pamperlang, ook glo nie onwettige migrante die deur wys nie. Ons sorg dus graag vir al Afrika se kinders… volgens ras. In ons woonbuurt woon baie jong wit werkloses. Baie van hulle is gegradueerd. Tragies. Sjina speel sy hand op dieselfde wyse regoor Afrika en Afrika hou daarvan.

Realis Thailand ·

Waarom nie n aanlegtoets oop vir almal van alle rasse e ndie beste kandidate kry die pos
As daar 20 poste is die top 20
nee want dan sal dit net bruin Indier en wit kandidate wees wie inkom
Ek het die ondervinding gehad by n groot mpy waarek gewerk het.
Dan kom van die kandidate wie dit nie gemaak het en vra of hulle nie weer kan skryf nie . Dit is na dit aan hulle verduidelik is die top hoeveelheid gaan di epos kry
Die aanlegtoetse is in hulle teenwordigheid gemerk sodat die persoon kan sien hy is nie verneuk nie.
Moet aub nie my kommentaar verwyder nie

Andre ·

Aanleg toets word gesien as diskriminasie. Ek moes self na matriek vele aanleg toetse gaan skryf, en nooit enige werk gekry nie as gvolg van BEE. Selfs na weermag kon ek nie by die polisie inkom nie, 1992 – 1994 was nie goeie jare om werk te soek nie.

Bushy ·

Ek weet van heelwat Klein ondernemings onder Swart eienaarskap wat wittes aanstel maar sal my nie uitlaat oor die redes daaroor nie. En die tendens is aan die toeneem.

Okay ·

Dit is Nie net die jeug wat onder sulke wetgewing benadeel word nie. Ek hoor gereeld hoe mense terugkom van ‘n onderhoud met die woorde “ my vel kleur was verkeerd”. As ek reg verstaan moet BBBEE tog ‘n diversiteit verteenwoordag ( Nie net een vel kleur Nie) so ook moet besighede wat adverteer as “100 black owned” of net een vel kleur werknemers het ook vasgevat word.

Bertie ·

Die meeste werkgewers stel net swartes aan. Dit word so aanvaar as die regte ding om te doen. As almal hof toe gesleep word, sal daar nie genoeg howe wees vir die volgende 10 jaar nie. Een groot probleem is dat wittes dit maar so stilswyend aanvaar en niks daaraan doen nie.

Nie Verbaas ·

Die probleem is dat BEE arbeid nie goedkoop is nie en doeltreffenheid kry n knou.

Yvonne ·

Tenspyte van alles wat die ANC regering probeer het gaan dit net al hoe slegter…is hulle dan blind????

Andre ·

Dit is de rede hoekom ek my kinders opset om te gaan leer sodat hulle in die buiteland kan gaan werk, of begin vir hulle n besigheid sodat hulle self kan oorleef. Ons kan al lankal nie staatmaak op enige iets in die land nie. Ons is die vyand en moet besef dat ons sal moet veg vir oorlewing duer saam te staan.

pieter ·

Praat gaan niks help nie , ons sal moet saamstaan en planne maak teen die anc linkse klomp.

Marthina79 ·

‘n Vriendin van my het n paar jaar terug sonder werk gesit. Met hande in haar hare het sy toe van een restaurant na die ander gaan aanklop vir kelner werk maar elke keer dieselfde antwoord gekry…”ons stel slegs swart mense aan.” Selfs plekke wat kelner poste geadverteer het het dieselfde liedjie gesing. Hierdie blatante rassisme moet stop gesit word!

Piet parys ·

Julle kan maar al die Checkers takke ook aanvat en sien hoe min of amper niks blankes daar werk . Maar hulle soek ons blankes se geld . Parys tak . Pikswart in werkersgetalle .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.