Regstappe geëis ná rassistiese Facebook-plasing

Strandgangers op Durban se Noordstrand. (Foto: Bongani Mbatha/ANA)

ʼn Sakeman is in die sop nadat hy glo in ʼn Facebook-plasing swart mense op ʼn Richardsbaai-strand met bobbejane vergelyk het.

Lorenzo Greyling, ʼn sakeman van KwaZulu-Natal, het die uitlatings glo op die Facebook-groep Selling Things in Richards Bay gemaak, nadat iemand gekla het oor die rommel wat op die strand gestrooi is ná die 2019-uMhlathuze-strandfees.

“Wat verwag jy van hierdie barbare? Hulle is nie opgevoed nie, nes diere. Dink jy ʼn bobbejaan of aap tel op wat hy eet? Nee, hulle eet als of los dit net op die vloer,” lui die plasing. Die plasing is op 17 Desember gemaak en sedertdien verwyder.

Slondile Mkhize, die speaker van uMhlathuze, wil nou regstappe teen Greyling doen. Hy het ʼn beroep op die Menseregtekommissie gedoen om daadwerklik teen Greyling op te tree en hom “en ander” te leer om twee keer te dink voor hulle enigiets aanstootlik op sosiale media plaas.

“Ons is besig om ʼn samelewing te bou wat stadig maar seker verenig word en mekaar se kulture, taal en geloof begin verstaan met die doel om in harmonie saam te leef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

54 Kommentare

jongste oudste gewildste
WIT WILLEM

Dit is nie rassisties nie. Hy het n vergelyking getref. MRK sal niks aan hom kan doen nie.

Estie

Ag genade! Leer die wittes dan nooit? Hoekom hulle dan die genot verskaf om wittes te vervolg en uiterste genot daaruit te put en loopbane en toekoms op die spel te plaas? Byt jou tong en kies jou woorde sonder dat dit teen jou kan tel, dis moontlik. Intellek en persoonlike beskerming gaan saam. Moenie mense hulle sin gee en hulle genot veskaf nie.

ES

Voel nie jammer vir jou nie mnr. Te veel mense het opinies wat hulle eerder vir hulself moet hou. Vra maar vir mnr Catzavelos – en hy het lig daarvan afgekom.

Kan maar net my kop skud.

Jean

Mar hoekom maak die mense op die strand nie net agter hulself skoon nie, dan sou niemand iets op facebook sit nie.

Ander Annie

Wanneer gaan mense dan leer dat sosiale media versigtig hanteer moet word. Hy moet maar sy pak slae vat. Hou op om neerhalende opmerkings te maak op sosiale media. Los tog ander mense uit. Daar is baie meer mooi dinger om op te konsentreer. Mooi blomme, bome, diere, ens. Ek was onlangs in die Wildtuin en ai die bobbejane/apies was onnutsig tot ons vermaak.