Regstappe kom dalk ná ANC webwerf-drama

By die bekendstelling van die nuwe webwerf. Foto: ANA.

Die ANC het Maandag laat hoor dat hy van voorneme is om regstappe te doen teen die kontrakteur Unwembi nadat die party se webwerf opgeskort is omdat dié diensverskaffer glo nie betaal is nie.

Die ANC is wyd gekritiseer op sosiale media nadat sy webwerf byna twee weke lank buite werking was.

Die party se nuwe webwerf, met “1912” bygevoeg in die webadres, is Maandag bekendgestel.

Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, het bevestig die party het ʼn kennisgewing van Unwembi ontvang vir R3,6 miljoen wat die ANC glo skuld vir dienste vir ʼn tydperk van ses maande.

“Ons het sedertdien ons regspan opdrag gegee om die kwessie te ondersoek aangesien ons dit beskou as ʼn poging om ons naam en aansien in die openbare oog in twyfel te trek aangesien ons webwerf geparadeer is met ʼn reusebanier wat sê dat dit [die webwerf] afgeskakel is weens niebetaling,” het Mabe by die bekendstelling van die nuwe webwerf by die party se hoofkantoor in Johannesburg gesê.

“Ons regspan het vir SA domein geskryf en geëis dat ons domein aan ons terugbesorg word – dit is inderdaad die eiendom van die ANC. Niemand moet aanspraak maak op die erfenis van ons mense nie, die domein www.anc.org.za behoort aan die ANC.”

Mabe het gesê die nuwe www.anc1912.org.za-webwerf het ten doel om inligting doeltreffend aan die samelewing deur te gee. ʼn Nuwe webmeester is ook volgens Mabe aangestel om na die webwerf om te sien.

Maroela Media het vroeër berig Unwembi Communications se kliënt, die diensverskaffer, het beweer die ANC skuld hom R32,5 miljoen vir die ontwikkeling en aanbieding van die webwerf en moes binne die volgende twee weke opdok, anders sou regstappe volg, het Business Day berig.

Unwembi Communications se regsverteenwoordigers het aan die sakekoerant gesê hulle het hul kliënt opdrag gegee om hul dienste te weerhou tot die skuld gedelg word.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het egter gesê die webwerf is tydelik onbeskikbaar omdat dit herontwerp word en dat ʼn nuwe diensverskaffer aangestel is. “Ek weet nie watter bog dit is nie; ons skuld niemand R32 miljoen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Snowball ·

Nie gedink ek kan so lekker lag op ‘n Dinsdag nie… die ANC is bang sy “naam en aansien” word in die openbare oog in twyfel getrek? Haai nee! Julle is dan totaal en al bo enige verdenking; ongetwyfeld eerbaar en eties.

Santjie ·

hahaha!! ek lees ook tussen die lyne dat hulle gedink het dis gratis

Potlood ·

Die nuwe 1912 pas mooi in. Dit wys net waar in die verlede hulle en hulle mense leef. Alles is mos ‘n struggle, selfs domein koste.
hahahahaha hulle kan nie eers hulle eie webwerf koste reg bestuur nie.

Johan ·

Wat is die kans dat die ANC lieg? Veral gesien in die lig van alles wat nou na vore kom en wie almal leuens vertel? Skynbaar is leuens vertel ‘n nasionale sport in die ANC.

jakes ·

As ek vir my webwerf moet betaal kan hulle ook. Seker gedink hulle is bo alles verhewe. Alles moet mos verniet vir hulle gegee word. Dagvaar hulle tot hul betaal. Dis lagwekkend.

Herman Goosen ·

Dat ‘n mens jou naam so met ‘n plank kan slaan. Aansien en eer wat gekrenk word? Klink my die ANC glo vas dat as jy aanhou lieg iemand dit uiteindelik weer sal glo. Niemand val meer vir die skynheiligheid nie. Die hele wereld het geen keuse meer gehad as om die blatante waarheid van onbevoegdheid, arrogansie en skaamtelose bedrog as realiteit te aanvaar nie. Nou is daar nog net hul eie mense oor om in te doen.

Ben ·

n Web “Domain” behoort aan die Persoon/Maatskappy wat dit in die eerste plek geregistreer het en daarvoor betaal het. Dit behoort NIE outomaties aan die ANC nie. As die ANC dit wil hê, sal hulle dit moet koop by die huidige eienaar. Hy kan enige prys daarvoor vra – vraag en aanbod besigheid beginsel.

DeVill ·

Die “nuwe” website adverteer ‘n praatjie wat plaasvind in September 2018…

“The African National Congress Deputy Secretary General, Cde Jessie Duarte, will on the 13 of September 2018, deliver a keynote address at Ward 64’s UMRABULO session in Centurion, Pretoria.”

Nee kyk, swakker as dit is daar moeilik om te kry!

Jannie ·

ANC se “naam en aansien”? LOL!!!
Dis mos nie vandag 1 April nie!! ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.