Regstappe kom dalk teen vrou wat in polisiemotor drink

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het ʼn ondersoek van stapel gestuur na foto’s wat op sosiale media versprei word van ʼn vrou met drank in haar hand in ʼn amptelike EMPD-motor.

Op die foto’s kan ʼn vrou gesien word wat met verskeie soorte drankbottels in haar hand in die bestuurdersitplek van die motor sit. Langs haar sit ʼn onbekende man wat skynbaar nie aan die fotosessie deelneem nie.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het gesê die foto’s is Saterdag onder hulle aandag gebring. “Ons het die saak onmiddellik aan die integriteit-en-standaardeenheid oorhandig om te ondersoek, want hierdie foto’s rig uiteraard groot skade aan die metropolisie se beeld aan.”

Kgasago het Dinsdag aan Maroela Media gesê hulle kon intussen vasstel die vrou en die man is gewone burgers wat die EMPD-voertuig by ʼn motorwassery gesien en ingeglip het om die foto’s te neem. “Ons probeer vasstel wie die beampte was wat die motor motorwassery toe geneem het, want dit is onaanvaarbaar dat hy die motor sonder enige toesig gelaat het sodat iemand ongesiens foto’s by die motor kon neem.”

Volgens Kgasago het hulle nog nie vasgestel wie die beampte is nie, maar daar sal dissiplinêre stappe teen hom of haar geneem word sodra die beampte geëien is.

Intussen win die EMPD regsadvies in om uitsluitsel te kry oor moontlike stappe teen die vrou. “Ons bevraagteken haar sin van moraliteit om in ʼn amptelike polisievoertuig sulke foto’s te neem en indien daar enige regsaksie teen haar ingestel kan word, sal ons dit beslis doen.”

Kgasago het gesê die oorspronklike inskrywing op sosiale media het aangedui dat die foto’s in Tembisa aan die Oos-Rand geneem is, maar die ondersoekeenheid moet nog hierdie inligting bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Eileen ·

Verwag hulle nou regtig ons moet die bogstorie glo dat die vrou sommer maar net in die motor geklim het, en toevallig al daardie drank gehad het, en toe poseer het vir die foto’s?? Dink seker ons is lekker vlak. Dis seker haar kêrel wat die beampte is, en was die motor tog nou regtig by ‘n wassery gewees? Dit lyk of sy aangetrek is vir ‘n partytjie. En kyk ‘n bietjie mooi, die beampte staan voor by die passasier se venster.

Janine ·

Die beampte staan lewensgroot reg by die motor aan die passasierskant! Werklik waar! Dink hierdie lot ons almal se IK is 30? Nee, magtig!

Berhalet Beukes ·

As dit maar ‘n geïsoleerde geval is, dit is nie! Sit bietjie kameras in die polisie voertuie en kyk wat gaan regtig aan!

Pierre Celliers ·

Regstappe kom “dalk” teen haar? Ag nooit! Arme vrou!

Piet Nel ·

Die hele kas appels is VROT. Wat verwag ons ? Maar net n hoë peil van optimisme handhaaf. Het beste geken en sal NIE my tot op daardie vlak laat aftrek nie. Come hell or high waters !

Theresa ·

Dis mos maklik. Hulle kan doen wat hulle wil en van diè gaan ook niks van kom nie. Almal spring nou maar net regop omdat dit op sosiale media verskyn het. Alles gaan nou dadelik “ondersoek” word. {Maar laat hulle jou nou aftrek. Windgat houding en arrogansie in die ergste graad!!}

ladybug ·

Dank die beampte af, buitendien voel hy/sy vere vir hul werk, kry genoeg bribes om aan die lewe te bly en lekker ook daarby!!!!!

Liz ·

Hahahaha!!!!! ja, en die maan is van kaas gemaak. Hoe onderskat hulle ons IK

Sluit almal toe wat betrokke is

Erika ·

Metro polisie is nie Polisie nie. Hou op om almal oor die selfde kam te skeer. Wonder wie word eerste gebel as die moeilikheid begin…

Janine ·

Ek bel die CPF! Die polisie kom URE na ‘n oproep gemaak is.

George ·

Ek vertrou die sekuriteitsmaatskappy wat my huis oppas meer as die polisie of metro polisie.

Erika ·

Metro polisie is nie Polisie nie. Hou op om almal oor die selfde kam te skeer. Wonder wie word eerste gebel as die moeilikheid begin…

Winston ·

Ai Erika. Ek was jare lank n beampte. Ek sou nou nooit die Polisie gebel het nie maar word gedwing. Ek mag nie die reg in eie hande neem nie maar oorweeg dit ook al. Menseregte aan een kant en wetteloosheid aan die ander kant.

Winston ·

Ai Erika. Ek was jare lank n beampte. Ek sou nou nooit die Polisie gebel het nie maar word gedwing. Ek mag nie die reg in eie hande neem nie maar oorweeg dit ook al. Menseregte aan een kant en wetteloosheid aan die ander kant.

Dewald Alberts ·

Ag tog, ek persoonlik dink dis `n klugspel van formaat, volgende sal hulle seker die motorwassery aankla, en dan `n “kom in en drink tee” aanstel wat so 5 miljoen gaan kos, en wanneer diè se bevindinge ter tafel gelê word is die verantwoordelike pesone lankal met pensioen…

Tommy ·

Dis ‘n prossie wat gepose het vir ‘n foto – ou langs haar is seker haar Pimp!

Carna ·

Dit gaan die beeld van die metro polisie beskadig??? PFFFT ek dink al lankal niks van hulle nie

Pierre Celliers ·

Ha ha ha ha ha ha ….beeld van die Metro polisie beskadig?…ha ha ha ha ha ha ha ha ha ha !
Sjoe! hoe lekker lag ek nou, skoon uitasem!!!!

Se Maar Net ·

Kyk mooi na die opskrif!!!! GAAN DALK ONDERSOEK WORD!!!!!
Sommige mense wat altyd kampvegter wil wees. Die hele land is op ‘n glyplank …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.