Regstappe kom ná dodelike Jhb-brand

ʼn Emosionele gedenkdiens is Woensdag by Ellispark in Johannesburg gehou vir die drie gevalle brandbestryders wat hul lewens verloor het tydens die verwoestende brand verlede week in die Johannesburgse middestad. Foto: ANA.

Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van die South African Federation of Trade Unions (Saftu), het Woensdag tydens die emosionele gedenkdiens vir die drie gevalle brandbestryders wat hul lewens tydens die verwoestende brand verlede week in die Johannesburgse middestad verloor het, gesê Saftu is van voorneme om die regering te dagvaar.

“Hoe stuur jy brandbestryders in ʼn gebou in as jy weet daar is nie brandblussers nie? Ons gaan hulle namens daardie families en werkers dagvaar,” het Vavi gesê.

Vavi het gesê “ons gaan nie na hierdie plekke toe om ons lewens en ons ledemate te verkoop nie”, maar dat dit plaasvind as gevolg van ʼn regering wat nie omgee nie.

Vavi het gesê David Makhura, premier van Gauteng, het geweet die gebou voldoen net aan 21% van die gesondheid- en veiligheidstandaarde teenoor die wenslike 85% of hoër.

Hy het Makhura daarvan beskuldig dat hy die brandbestryders na hul dood gestuur het.

Die Bank of Lisbon-gebou huisves ook die departemente van gesondheid, menslike nedersettings, en samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede.

Simphiwe Moropane (28), Khathutshelo Muedi (37) en Mduduzi Ndlovu (40) is tydens die brand op 5 September dood.

Mzukayise Zwane, ʼn brandbestryder wat oor die drie kollegas gepraat het, het ook die regering vir hul afsterwe blameer.

“Die regering het daardie mense doodgemaak. Ons het nooit verwag om ʼn regeringsgebou wat nie voldoen aan regulasies teë te kom nie. Daar was geen water in daardie gebou nie,” het Zwane gesê.

Die oorledenes sal onderskeidelik Vrydag, Saterdag en Sondag begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

WAT? ·

Zwane,
Jou comrades het die gebou aan die brand gesteek om bedrog te verberg…
Word wakker.
Die gebou brand nie vanself nie

Rupert Ashford ·

Verder kan mens ook vra of hulle weer vir dieselfde klomp gaan stem met die volgende verkiesing soos hulle al vir 25 jaar doen? Hierdie dinge gebeur nie oornag nie – enige regdenkende mens sien hierdie verval en verwaarlosing al kom vir baie jare, maar kom verkiesingtyd dan staan die vakbonde soos een man agter die party van daai Premier.

MOEG VIR POLITIEK ·

Almal weet van die onveilige geboue en baie keer ignoreer die mense dit en bly steeds in die onveilige konstruksies en die shacks waarin mense bly in townsips is baie gevaarliker as wat die gebou was . maar ja . waar daar GELD te make is sal hulle weer geld maak. Die brandweermanne is ‘n groot ongeluk, maar dit is ongelukkig die werk wat hulle doen wat hulle blootstel aan die gevare. Eks jammer vir hulle naasbestaandes, maar hoekom VAVI dit nou weer ‘n politieke issue wil maak weet nugter …

marous ·

As makhura geweet het , waarom word hy nie strafregtelik vervolg en sivielregtelik gedagvaar in sy personnlike hoedanigheid nie ?

Ander Annie ·

“Wat”, wat praat jy? Daar is talle staatsgeboue in Suid Afrika wat onveilig is en nie voldoen aan die vereistes nie. Wetgewing sê brandtoerusting moet elke jaar gediens word. Daar word ‘n sertifikaat uitgereik ter bevestiging. Ons sal maar moet hoor wat het die brand veroorsaak? Die feit is dat daar nie water en werkende brandtoerusting was nie. Die feit is die tragiese lewensverlies van 3 brawe manne. Benewens dit, dink ek nie die versekering gaan uitbetaal vir die skade nie, want daar was nie voldoen aan die veiligheidsvereistes nie. Die belastingbetaler gaan weereens betaal. Hierdie tragiese gebeurtenis fokus nou net meer aandag op alle onveilige staatsgeboue. Geen werkgewer moet toegelaat word om werknemers te laat werk in ‘n onveilige gebou – hetsy privaat of staat.

Almal Weet ·

Almal weet die geboue in JHB se middestad val uitmekaar, dit het verander in ‘n aaklige vervalle nes van misdaad en en en. Nou is die regering weer doodonskuldig en pleit bewusteloos – julle het bloed op julle hande

Karen van Zyl ·

Ons het ook al hierdie vrae? maar antwoorde is daar geen. Soos ‘n dame op die nuus verklaar het, hulle is na hulle dood toe gestuur ja. Dan word Jan van Riebeeck die skuld gegee?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.