Regstappe kom ná ‘verkragting’-bewerings by US-betoging

Lede van AfriForum Jeug Donderdag by die JH Marais-standbeeld op die US-kampus. Foto: AfriForum

Tiaan Esterhuizen van AfriForum Jeug maak Donderdag die JH Marais-standbeeld op die US-kampus skoon nadat betogers dit glo met modder besmeer het. Foto: AfriForum

AfriForum Jeug sal moontlik ʼn saak van laster teen lede van Open Stellenbosch aanhangig maak nadat lede van dié organisasie beweer het dat verteenwoordigers van AfriForum Jeug hulle met verkragting gedreig het.

Marcus Pawson, woordvoerder van AfriForum Jeug, het gesê die organisasie het sy regspan opdrag gegee om ʼn saak van laster te ondersoek. “Verkragting is een van die afskuwelikste misdade denkbaar. Met Open Stellenbosch se optrede bewys hulle nie net dat hulle nie tussen feit en fiksie kan onderskei nie, maar dat hulle bitter onsensitief teenoor die slagoffers van hierdie walglike daad staan,” het Pawson gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn groep vrouebetogers Vrydagaand ʼn boekbekendstelling by die US Woordfees ontwrig het deur op die verhoog te hardloop en te sing en te dans. Die betogers het beweer hul betoging was uit protes teen lede van AfriForum wat hulle glo Donderdag tydens ʼn woordewisseling op die kampus met verkragting gedreig het.

Pawson het die bewerings ten sterkste ontken en gesê dat AfriForum op ’n Christelike grondslag funksioneer en ’n streng beleid volg dat sy optrede altyd moreel regverdigbaar moet wees. “Hoewel die voorval waarna Open Stellenbosch verwys deeglik met videomateriaal gedokumenteer is, kon dié groep geen bewyse vir hul lasterlike bewerings bied nie. AfriForum Jeug se regspan sal vandag ’n prokureursbrief op dié organisasie se leierskap beteken,” het Pawson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Marika van Heerden

Ek was teenwoordig by die boekbekendstelling toe die half naakte betogers opdaag. My mond het oopgehang. Hetsy die bewerings van verkragting waar is aldan nie, verwonder ek my aan die platform wat hierdie kinders gekies het om teen verkragting te betoog: n baie klein gehoor, meestal vroue by n boekbekendstelling. Natuurlik is verkragting vieslik, maar hoe op die aarde kry jy n punt oorgedra deur mede vroue (Marlise Scheepers en Mariëtta Kruger) se mikrofone af te vat, hulle sitplekke in te neem en dan hulle water uit die houers te neem en aan te gee vir jou maters? Hoe dra… Lees meer »

Michael

Dit is nie in die Afrikaner se kultuur om te roof te moor en onskuldige vrouens te oorval en te verkrag nie hulle moet voor hulle deure vee .

wynand

Dit is waarom ek se dat de villiers nie bevoeg is vir sy taak nie. Hulle loop oor hom. H y is uit sy diepte uit. Dankie Marike dat jy ons ingelig het. Ek dink nie de villiers verstaan waar n streep getrek moet word nie. Hou so aan Afri forum.

Dup du Plessis

…….een van Afrika se grootste probleme – die vertel van liegstories as die waarheid wat inderdaad baie gevaarlik is. Met geen opgetekende geskiedenis feite (nie onlangse tyd nie) deur hulself in SA skep dit ‘n angswekkende senario waar feitlik enige storie vertel kan word vir die waarheid. Veral as daar gepraat word van geskiedenis in vandag se tyd oorskryf, dink net wat kan alles opgedis word. As ons no 1 in vandag se moderne tyd kan verkondig dat Afrika die grootste kontinent is en al die ander daarin kan pas, dink net wat se stories word om die vure vertel… Lees meer »

Frans

Malema se plan net hy en sy makers dink so