Regstappe kom ná ‘verkragting’-bewerings by US-betoging

Lede van AfriForum Jeug Donderdag by die JH Marais-standbeeld op die US-kampus. Foto: AfriForum

Tiaan Esterhuizen van AfriForum Jeug maak Donderdag die JH Marais-standbeeld op die US-kampus skoon nadat betogers dit glo met modder besmeer het. Foto: AfriForum

AfriForum Jeug sal moontlik ʼn saak van laster teen lede van Open Stellenbosch aanhangig maak nadat lede van dié organisasie beweer het dat verteenwoordigers van AfriForum Jeug hulle met verkragting gedreig het.

Marcus Pawson, woordvoerder van AfriForum Jeug, het gesê die organisasie het sy regspan opdrag gegee om ʼn saak van laster te ondersoek. “Verkragting is een van die afskuwelikste misdade denkbaar. Met Open Stellenbosch se optrede bewys hulle nie net dat hulle nie tussen feit en fiksie kan onderskei nie, maar dat hulle bitter onsensitief teenoor die slagoffers van hierdie walglike daad staan,” het Pawson gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn groep vrouebetogers Vrydagaand ʼn boekbekendstelling by die US Woordfees ontwrig het deur op die verhoog te hardloop en te sing en te dans. Die betogers het beweer hul betoging was uit protes teen lede van AfriForum wat hulle glo Donderdag tydens ʼn woordewisseling op die kampus met verkragting gedreig het.

Pawson het die bewerings ten sterkste ontken en gesê dat AfriForum op ’n Christelike grondslag funksioneer en ’n streng beleid volg dat sy optrede altyd moreel regverdigbaar moet wees. “Hoewel die voorval waarna Open Stellenbosch verwys deeglik met videomateriaal gedokumenteer is, kon dié groep geen bewyse vir hul lasterlike bewerings bied nie. AfriForum Jeug se regspan sal vandag ’n prokureursbrief op dié organisasie se leierskap beteken,” het Pawson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Marika van Heerden ·

Ek was teenwoordig by die boekbekendstelling toe die half naakte betogers opdaag. My mond het oopgehang. Hetsy die bewerings van verkragting waar is aldan nie, verwonder ek my aan die platform wat hierdie kinders gekies het om teen verkragting te betoog: n baie klein gehoor, meestal vroue by n boekbekendstelling. Natuurlik is verkragting vieslik, maar hoe op die aarde kry jy n punt oorgedra deur mede vroue (Marlise Scheepers en Mariëtta Kruger) se mikrofone af te vat, hulle sitplekke in te neem en dan hulle water uit die houers te neem en aan te gee vir jou maters? Hoe dra jy jou punt oor as jy op ons mede vroue se tafels spring, ons wyn gryp en dit oor ons of sommer net uitgooi? Hoe dra jy jou punt oor as jy jou middelvinger onder jou mede vroue se neuse indruk? En hoe dra jy jou punt oor as die mans wat saam met jou betoog wynglase stukkend slaan op die tafels waar vroue sit? Ek het niks beter begryp van verkragting nav hierdie betoging nie, maar ek verstaan n moewiese klomp meer oor haat, disrespek, barheid en beinvloedbare kinders. Elke mens het die reg om te betoog maar niemand het die reg om n ander se ruimte met so min eerbied te betree en so neerhalend teenoor mense op te tree onder die vaandel van betoging nie. Ek sal nie een van hierdie kinders oordeel nie, maar ek sal wraggies nie staan vir hulle gedrag nie.

Mielie ·

Hulle het geen self respek nie. Nie Julias Malema mentaliteit. Hoe dink hulle mense gaan hulle Ernstig op neem. EFF is desperaat. Afriforum is n bedreiging, hoekom, hulle het integriteit. ….

Michael ·

Dit is nie in die Afrikaner se kultuur om te roof te moor en onskuldige vrouens te oorval en te verkrag nie hulle moet voor hulle deure vee .

wynand ·

Dit is waarom ek se dat de villiers nie bevoeg is vir sy taak nie. Hulle loop oor hom. H y is uit sy diepte uit. Dankie Marike dat jy ons ingelig het. Ek dink nie de villiers verstaan waar n streep getrek moet word nie. Hou so aan Afri forum.

Niel ·

Hy is liberaal en polities korrek, sal seker die gedrag goedkeur

Francois ·

Wynand, ek stem saam. Dit is uiters belangrik dat Afrikaners by AfriForum aansluit, hul inisiatiewe finansieel ondersteun en aktief deelneem aan hul veldtogte. Ons mag nie toelaat dat Afrikaners se waardes, kultuur en hoë standaarde deur radikale en geïndoktrineerde onbeskaafdes ondermyn word nie.

Dup du Plessis ·

…….een van Afrika se grootste probleme – die vertel van liegstories as die waarheid wat inderdaad baie gevaarlik is. Met geen opgetekende geskiedenis feite (nie onlangse tyd nie) deur hulself in SA skep dit ‘n angswekkende senario waar feitlik enige storie vertel kan word vir die waarheid. Veral as daar gepraat word van geskiedenis in vandag se tyd oorskryf, dink net wat kan alles opgedis word. As ons no 1 in vandag se moderne tyd kan verkondig dat Afrika die grootste kontinent is en al die ander daarin kan pas, dink net wat se stories word om die vure vertel deur ons toekomstige geskiedenis skrywers…….skrikwekkend

Veritas ·

Vir ons, as beskaafde mense, is hierdie ongemanierde optrede vreemd en nie aanvaarbaar nie en ons sukkel om dit te verstaan en verwerk. Vir die oproermakers is dit die enigste vorm van protes wat hulle ken en, in hulle beperkte redenasievermoë, is dit vir hulle nie moontlik om te begryp dat dit in werklikheid die openbare houding teenoor hulle negatief beinvloed nie. Dialoog, as middel tot ‘n oplossing vir geskille, is ‘n vreemde konsep vir diesulkes en hulle kan nie insien dat geweldadige optrede nie tot ‘n oplossing vir probleme kan lei nie. Ek neem aan dat meeste van die betogers studente is en dus minstens twaalf jaar lank aan skooldisipline onderworpe was. Dit kan net een van twee dinge beteken. Òf die onderwysstelsel skiet tekort aan leiding in dié verband óf die kinders is inherent onbeskaafd en onregeerbaar.

Danie Kok ·

As iemand al ooit gewonder het hoekom ons voorgeslagte die beleid van afsonderlike ontwikkeling (Apartheid) ingestel het, dan is die huidige barbaarse chaos wat tans in ons land heers jou antwoord. Goeie grense skep goeie bure. Suid-Afrika se geseënste jare was juis vanaf 1948 tot 1966 toe Dr Verwoerd vermoor is. Daarna is die beleid van afsonderlike ontwikkeling steen vir steen afgebreek tot op die tragiese stand van sake wat tans aan die orde van die dag is. Bring bymekaar wat weens innerlike oortuiging, bymekaar hoort…

alida ·

Ai ai hoe tragies !!! Hoe kan mens dan nou nie ‘n rassis wees nie?

Theresa B ·

Hulle brein is so klein. Dis ook al waarby hulle altyd vashak. Hulle moet altyd die laaste sê, sê – ongeag wat dit is!! Walglik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.