Regstappe kom nadat Lesufi swyg

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die spertyd vir Panyaza Lesufi, Gautengse LUR van onderwys, om AfriForum om verskoning te vra vir sy uitlatings oor dié organisasie het gekom en gegaan sonder dat Lesufi ʼn sprak gesprook het. Hy het tot Vrydag gehad om dit te doen.

Die burgerregteorganisasie gaan nou, soos beloof, regstappe teen die LUR oorweeg.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aan Maroela Media bevestig dat die organisasie nog geen reaksie van Lesufi of sy regspan gekry het oor die “voortdurende beskuldigings van rassisme” teen die organisasie nie.

Lesufi is verlede week op terme geplaas insover ʼn ooreenkoms wat die twee partye verlede jaar aangegaan het, wat vereis het dat die LUR sy bewerings terugtrek dat AfriForum ʼn sluipmoord op hom wou uitvoer en boonop sy kinders agtervolg het.

“Ek het vanoggend met ons regspan vergader en hulle opdrag gegee om te kyk na verdere regstappe teen die LUR,” sê Kriel.

“Hy het die geleentheid gehad [om die saak af te handel] maar hy het dit nie gebruik nie.”

Lesufi het so ver gegaan as om, enkele dae voordat hy jammer moes sê, op sosiale media na AfriForum te kap en te sê dié organisasie het ʼn “skokkende obsessie” met sy naam.

Kriel meen dit is egter nie AfriForum wat ʼn obsessie met Lesufi het nie, maar eerder hý wat ʼn beheptheid met AfriForum het.

“Ons optrede is bloot in reaksie op die valse beskuldigings wat hy kwytgeraak het.”

Lesufi ‘verdedig onbeskaamd nie-rassigheid’

Die ANC in Gauteng het Dinsdag uitgevaar teen die “rassistiese en regse groepe” se aanvalle teen Lesufi, iemand wat “onbeskaamd nie-rassigheid verdedig”.

“Die provinsiale uitvoerende komitee van die ANC in Gauteng beskou hierdie aanvalle en dreigemente [van regstappe] teen ons voorsitter [Lesufi] as ʼn direkte aanval op die ANC en as ʼn belediging vir die vredeliewende mense van ons land,” lui die komitee se verklaring.

Die komitee voer aan dat organisasies soos AfriForum en partye soos die VF Plus wat slegs ʼn “sekere ras en taal verdedig” uitlopers van die Nasionale Party (NP) is.

“Ons wil dit duidelik maak dat nie-rassigheid ʼn beleid van die ANC is en ons gaan nie toelaat dat wit oppergesag soos aasvoëls op ons voorsitter teer nie.”

Die ANC het onderneem om Lesufi tydens die moontlike regsproses te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

hendrie ·

Moenounetnie hierdie siel enige ruimte gee nie.
Hy en sy ANC party se partytjies en grootmanspeel is laaankal verby.

Cherokee ·

Dit klink nie reg dat regstappe bloot ‘oorweeg’ word nie. Dit moet gedoen word, net soos die groot Chinese filosoof Confucius gesê het, ‘finnish en klaar’.
Lefufi het ‘n obesessie met sy eie naam.

Cherokee ·

Afgesien van die obsessie wat hy met sy eie naam het, is hy so jaloers op die Boere as kan wees.

Editor ·

Ek is bly as die ANC hom ondersteun. Dubbel bloedneus dan.

Heinrich ·

Stem! Sal die ANC sommer kans gee om te verduidelik hoe kaderontplooing, regstellende aksie en BEE nie rasgedrewe is nie vir hulle wat nogal “onbeskaamd nie-rassigheid verdedig”

Anel ·

Afriforum help enige iemand wat van hul hulp wil gebruik maak. Ons mag niks hê wat slegs vir wiies is nie, maar hulle jan black bewing dit en black beweging dat hê. Wat is meer rasisties as dit. Dit het die blankes meer as 300 jaar gevat om die land op te bou tot een van die rykste lande. Dit wat hulle vandag het, het hulle as gevolg van die blankes. Dit het hulle nie eens 30 gevat om alles af te breek en een van die armste lande te maak nie. Waar blankes iets aanpak, maak hulle dit klaar. Hoeveel het lesufi en sy trawante al op gebou??? Vra maar net! Hulle baie bang vir die blankes.

Wielspore ·

Die saak gaan oor Lesufi en AfriForum, dit het niks met onderwys beleid te doen. Lesufi het AfriForum van persoonlike aanvalle omtrent homself en sy kinders beskuldig wat as onsin verklaar is. Dit is hieroor wat hy verskoning moet maak. Hy tree op soos ‘n sot wat heeltyd terug verwys na skole stelsels.

KatjieDeKat ·

Die aantygings wat Lesufi maak aangaande Afriforum se sluipmoord pogings op hom, sy kinders agtervolg ens is vir Baie ernstige regsake en dagvaardigings indien hy dit nie absoluut kan bewys nie. He has to be able to prove those allegations BEYOND THE SHADOW OF A DOUBT. Otherwise, sue him into vagrancy. Nee liewe hel man!

Oosieoos ·

Die idoot, Eff en Anc is die grootste rasiste onder die son skeinheilige goed

Porseleintjie ·

Die enigste een wat n obsessie hier het is Lesufi met Afrikaans. Tweedens die persoon wat meen Lesufi is nie n rassis nie, woon die afgelope paar jaar op n ander planeet. Hy is sinoniem met rassisme. Derdens vredeliewend? Ek lag myself n ertjie. Dis die laaste ding wat aan hierdie land gekoppel kan word.

marisa ·

Die ANC kan nie ‘n “*&$$ up in ‘n brewery” reël nie hoe gaan hulle hom in die hof verdedig?

T-Man ·

“Onbeskaamd nie-rassigheid verdedig” hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha. Die mense lewe duidelik in n wereld van hulle eie. Al wat ek kan doen is lag en sê ai siestog die kinders…

Di ·

“Ons wil dit duidelik maak dat nie-rassigheid ʼn beleid van die ANC is”, GENADE, het nou so lekker gelag! hulle lieg so baie dat hulle dit self begin glo. ANC is die GROOTSTE RASSISTE in hierdie land. Korrupte, skeinheilige skelms.

Harley Davidson ·

As die kop dom is moet die lyf swaarkry sê die gesegde

Magda ·

Hy Ni rassisties Ni, regtig ANC, wys net hoe min julle van di mense in julle party weet.

Hasie ·

Ignoreer die probleem Dan is daar nie ‘n probleem nie ….

Harley Davidson ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat glo die ANC is nie rasisties nie die wette en beleide wat hulle skep is daar om huidige benaadeelde minderhede te onderdruk en teen hulle te diskrimineer.

Danie ·

Julle het dit verkeerd: Dit is nie Lesufi nie, maar Lepufi…

Nico ·

Die ideologie van “rassisme” rus op haat vir Wit manskap, soos die Kommunis dit verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net Blanke “rassiste” kan wees, maar nie ook Swart “rassiste” nie.

Hendrik ·

Julle poep teen donderweer, julle mors net julle eie geld en die van julle lede s’n. Daar gaan in anyway net mooi niks met hom gebeur nie. Hy vee sy gat af aan julle.

Martin ·

Lesufi, soos die on’sport’iewe minister is rolmodelle vir rassisme. Hy is kompetisie vir malema.

George ·

Lesufi haat als wat nie “african” is nie, selfs ons inheemse bruin mense loop deur onder hom.

Boksombende ·

“Vredeliewende mense van ons land”? Se dit vir die boere en hul mense wat julle dag in en dag uit vermoor. Se dit ook vir die kinders wat julle sangomas vermoor vir julle muti. Se dit ook vir die mense wat daagliks beroof en gekaap word.

christo ·

Lesufi gaan na die 2024 verkiesing tien teen een die volgende Gautengse Premier wees. Ek hoop hy word in sy persoonlike hoedanigheid vervolg en nie in sy amptelike hoedanigheid nie, anders betaal die belastingbetaler weer vir sy ‘ wyshede ‘.

Genis ·

Lusifi moet dit as persoon betaal, nie deur die departiment, anders is dit belasting geld…

MARTIE ·

Asseblief, leer hom ‘n les, een wat hy nooit sal vergeet nie. Hy dink hy is onaantasbaar.

Marcello ·

AfriForum wys hom wie julle is, moenie dat hy en sy komitee wegkom met sy beledigings nie.

Mastermind ·

“Die ANC het onderneem om Lesufi tydens die moontlike regsproses te ondersteun”
Met watter geld? Julle het dan nie eers geld om julle eie mense te betaal nie. Wat ‘n grap

Jakes ·

Ek sal my liewer nie uitspreek oor Selufi nie want dan sal daar woorde uitkom wat in geen woordeboek gedruk is nie en sal dit ook nie geskik wees vir self grootmense nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.